Daar is niemand wat weet
Nie gewone mens of profeet
Wat gebeur as die einde kom
Ons kan wik en ons kan skik
Op die einde bly ons net
Twee datums op ‘n klip
‘n Begin en einde
In iemand se kop
Ons kan wonder, ons kan dink
Maar steeds weet ons te min
Op die end is al wat tel
Daardie strepie tussen-in
absolute waarheid,Son
Dit laat ‘n mens diep dink Son…..
Kom kyk asb by my kommentare, by Wreed, wreder, wreedste…
Wow wow wow! Ek het gaan kyk!
Baie mooi geskryf Son. Ek stem met mnrnel, jy het daai streep heel “dik” geleef, en daar lê nog jare se invul en opvul voor. Sal die smile op ou Petrus se bakkies wil sien as jy die dag daar by sy hek instap 😀
Arme Petrus LOL! En die res van daai inwoners 😉
Sjoe, hierdie het my so diep geraak, ek kon nie die keer net lees sonder om kommentaar te lewer nie.
Ja, ek kom draai nog gereeld hier by jou. Sal altyd. Amper soos hierdie bekende versie van iemand onbekend, was ek ook hier toe jy, die een vrou wat jou die liefste op aarde gehad het, moes groet…
“Miskien het jy vir my gebid
Miskien het jy net stil gesit
Miskien het jy terwyl jy werk
Gehoop ek word binne sterk
Maar altyd is jy iewers daar
Waar jy vir my ‘n tydjie spaar
Met groot verstaan en woorde min…”
Ek is jammer ek het toe niks gesê nie, maar nou weet jy – altyd is ek iewers daar.
Jou gedig het my weer teruggeneem na waar ek ook moes groet. Haar huldeblyk was maklik, maar ek het maande lank gestoei met haar grafskrif. Hoe sluit jy iemand, wat vir jou so spesiaal was, se aardse lewe af met ’n paar woorde op ’n graf? Miskien het ek meer met my eie grafskrif gestoei. Al is dit my wens om eendag veras te word, het ek gewonder wat my mense op my graf sou skryf. Hoe sou hulle my strepie verwoord?
Miskien is dit die Here se manier om vir ons ’n tweede kans te gee om ons eie grafskrif te verander, want:
“Daar is niemand wat weet
Nie gewone mens of profeet
Wat gebeur as die einde kom
Ons kan wik en ons kan skik
Op die einde bly ons net
Twee datums op ‘n klip
‘n Begin en einde
In iemand se kop
Ons kan wonder, ons kan dink
Maar steeds weet ons te min
Op die end is al wat tel
Daardie strepie tussen-in”
Jou gedig verwoord wat ek so intens beleef het, en steeds doen. Baie dankie.
En net om dit te bevestig. Hier is wat ek toe op die voetstuk van haar graf aangebring het:
“ WAT MAAK JY MET JOU STREPIE?
Wat staan alles geskryf in daardie enkele ou strepie tussen die twee datums op jou grafsteen?
Moenie aanhou uitstel nie. Leef met dringendheid. Leef asof jy ook gaan sterf – WANT JY GAAN!”
Sonkind, my gebed is dat die Here jou sal seën met als wat mooi is op jou pad vorentoe.
Mag jy nooit ophou skryf nie.
Liefde uit Gauteng!
Ek is SO SO bly om jou hier te sien. Jy het ongelukkig bietjie in di espam boksie geval en ek het jou nou eers raakgesien. Ek dank die hemele ek het jou kommentaar gesien. Mooi loop wag-‘n-bietjie. Mooi loop ((((()))))
Jou strepie is gelukkig vol. Dis nie net n wit strepie nie. As ek jou blog lees en fyner kyk sien ek die strepie breek soos n prisma in baie kleure. Geluk met jou verjaarsdag en mag jy hierdie jaar gebaai wees in die kleure van die lewe.
Dankie! 🙂
So waar…
Hehe, ek ken dit. Maar jou gedig het my herinner om dit nie te doen nie. Het lekker herfskos gemaak vir aandete, en gaan vroeg in die bed klim met ‘n boek. Dis mos was mens doen, né? Tot die somer kom. Geniet dit!
Mooi gedig! Dit het my laat glimlag, oor die gewisheid van gebore en doodgaan, maar ook vir die hoop van daai strepie tussenin. Ek stem, mens moet voluit lewe! (sê ek nou vir myself terwyl ek die week so sulk oor die koue en donkerte wat ons gaan begelei tot volgende jaar …)
Elke winter belowe ek myself om nie my lewe om te wens nie. En elke keer wens ek weer die wintermaande verby en doen dae lank niks behalwe moan. Ai!
Somtyds is daar niks geskryf op daardie strepie nie
Ek hou baie van hierdie woorde Son
Dis sad as daar niks geskryf is nie. Ek dink ons moet daai strepie VOL leef