Klink soos dissipels of iets profeties… Eintlik praat ek hier van maande van die jaar. 2013. Ander mense is bygelowig oor die syfer 13. Ek embrace dit. My gunsteling getalle is 7 en 13. Moenie vra nie, ek weet nie hoekom nie. Is net so. Alhoewel my numerologiese nommer 8 is.
Ek het bietjie gaan google hieroor en op BAIE interessante goed afgekom. Gaan kyk gerus by hierdie link as jy bietjie meer wil weet oor jou nommers in die lewe.
Dit het byvoorbeeld vir my vertel – onder andere:
“You have a wisdom beyond your years. Even as a child, your understanding of life was considerable, though it likely went unrecognized by others. You love travel, change, and new challenges. You are highly adaptable and versatile. You have a talent for languages, and are generally good with words. Writing, promotion, and public relations work suit you perfectly.
You are sensual and a bit impulsive. You love to satisfy your senses, which can get you into trouble. Overindulgence in food, drink, sex, and drugs are common among people with too many 5s – six or more. (ek het ses 5’s, net so by the way – ek drink nie en gebruik nie dwelms nie – so… go figure)
You are resourceful and original. You have a good sense of humor and a quick tongue. Your desire for freedom is extremely strong and it will take effort and discipline to stick with whatever it is you started. There is a tendency to give up a project or situation prematurely.
You may be interested in too many things, which can make it hard for you to apply yourself to one area successfully. You are very unconventional. You need plenty of freedom. You are physical and passionate and it is possible you will be married more than once. (NO Shit Sherlock!)
You like to be social and entertain. You are highly perceptive and not easily fooled. You are original and versatile. You are capable of looking at a situation from different perspectives.”
Interessante leesstof.
Maar eintlik wil ek oor my gunsteling tyd van die jaar praat. Nou tot Desember. Ek is uit hibernasie. Uit-flippin-eindelik! Die son skyn, die duiwe koer, die bome bot, die blomme blom. As ek so aangaan, skryf ek nou-nou ‘n gedig.
Dis die mooiste tyd van die jaar – vir my. Ek hoef nie meer baie klere aan te trek nie. Ek kan kaalvoet loop sonder dat my tone afvries. Ek hoef nie meer soggens onder lae komberse en duvets uit te kruip, al bibberend nie. Ek hoef nie te sukkel en te sleep en te trek aan sware beddegoed as ek my bed opmaak nie, onthou jy nou weer Kameel? 😆
Ek kan buite loop of sit en die son in elke vesel van my lyf voel insink. Ek is soos ‘n spons as dit by sonskyn kom, kan nie genoeg kry nie. In die Karoo het ek raas gekry omdat ek nie ‘n hoed op my kop gesit het nie en my kopvel ge”tan” het. Ek worry my nie daaroor nie. Ek weet van kanker van te veel son op jou lyf, maar dit soek nie vir my nie. Ek gaan nie in die son leef met dit in my agterkop nie. Ek is reeds halfpad geleef. Die ander helfte gaan ek ook oorleef, met ‘n gedawer en ‘n dans. As jy iemand dans-dans sien leef, weet dis ek.
Volgende maand verjaar ek. Dis nog altyd vir my lekker. Soos ‘n kind. Ek worry nie van ouer word nie. Iewers tussen 40 en 50 het ek daaroor ook ophou worry. Ek wil ‘n partytjie hou met ‘n tjoklitkoek en kersies op, soos in cherries. Rooies. Sulke groot rooies wat drup van die soetigheid. Daar kan kersies wat brand ook op wees, maar nie te veel nie. Ek soek nie ‘n koek vol kerswas nie 😉 En daar moet Tequila en Jack Daniels wees!
Dan kom Desember. Vakansie en Kersfees. Ek weet dis ‘n hartseer tyd vir baie mense. Dis die tweede Kersfees sonder my ma. Dit word nie beter nie, dit word net sagter, soos ‘n foto wat in die son gelê het. Haar beeld is altyd daar, die seer word net dowwer, soos ‘n ou besering wat ‘n permanente litteken gelaat het. Dis altyd daar, maar mens lewe saam met dit.
Steeds bly Kerstyd vir my iets spesiaals. Vrede op aarde en in die mens ‘n welbehae. Ja, ek weet, ek het ook maar min dae ‘n welbehae in die mensdom, maar as mens regtig oplet, sien jy elke liewe dag random acts of kindness. Dis daardie klein ietsies wat die groter geheel draagbaar maak. Een mens wat vir ‘n ander honger mens ‘n brood koop om te eet. Een mens wat ‘n ander se pap wiel omruil langs die pad. ‘n Vreemde man wat vir my paashasie betaal in die ry by die kassiere, want elke vrou behoort iemand te hê wat vir haar ‘n tjoklit paashasie koop. Die taxibestuurder wat vir iemand ‘n beurt voor hom gee, al ry hulle meesal so ongeskik. My meisiekind wat vir die boemelaar oom en sy hond elkeen ‘n McDonalds burger en chips gekoop het en toe nog vyftig rand gegee het. Sulke tye weet mens jou opvoeding het nie gefaal nie. Oral om ons is daar goedheid en guns – ons moet dit net raaksien.
Een van die dae is als weer verby. Is dit 2 Januarie 2014 en begin dit weer van voor af. Maar laat ons nie die tyd uithardloop nie. Ek gaan die volgende drie maande van somer, son en saffier inasem. En hopelik kom die winter laat en vertrek vroeg in 2014. Mens kan seker nog wens vir wonderwerke?
Soos die Iere sou sê: “síocháin agus áthas”
Stem met jou saam, hierdie maande is die mooiste mooiste maande, en Kersfees die kersie op die koek!
Van gister af reën dit hier by ons te pragtig, en sonder die gewone Hoëveldse gedonder en blits. Nou is die somer amptelik met ons.
Kry vir julle – hier skyn di eson, al is die wind heel speels 😉
Ek hou van jou “beskrywing” van jou…. en dat jy dans-dans deur die lewe wil gaan. Dis die spirit, man! Geniet elke danspassie! Voluit. 🙂
Bly vir jou dat die lente hier is.
ahhh, bly jy is uit jou grot uit … 😉 xx
Geweet jy gaan beter voel as die son weer skyn in die Kaap…
Volgende maand verjaar ek ook = )
Vandag het ‘n wonderwerk in die kleine homself aan my voorgedoen Son. Ons moet in des te lewens nie blind word vir random unexpected kindness nie, want dan is alles vir niks.
Ek tel die dae vir 2014. Hierdie jaar was nie mak nie en ek sal hom groet sonder om ‘n traan weg te vee. Hierdie is die volgende seisoen en ek stap boldly al is my skouers nie altyd so square nie.
Verskriklike ware woorde wat jy hier se. Laat mens weer dink om elke nuwe dag te volle te leef en net jouself te wees. Inspirasie 🙂