Gedagtes

Verlange (herhaal)

 

Verlange lê in ‘n reuk.

Verlange na ‘n geliefde wat dood of sommer net weg is, as die reuk van daardie persoon se parfuum of naskeermiddel skielik tussen ander mense verby jou warrel.

Jy ruk tot stilstand en die onthou hardloop bo-oor jou. Jy vergeet waarheen jy oppad was of waarvandaan jy gekom het. Jy staan in jou spore versteen en jy lewe ‘n halwe leeftyd in sekondes.

Mense loop in jou vas en jy beweeg soos ‘n slaapwandelaar vorentoe, maar die wond bloei rooi, die roof is weg, al het jy gedink dis lankal gesond.

En soos jy loop, bloei jou hart uit agter jou. As mense kon sien, sou hulle jou bloedspoor kon volg. Maar mense sien nie.

Dis hoe ek vandag na jou verlang, Ma.

16 thoughts on “Verlange (herhaal)

  1. jy was groot geseën met so `n goeie verhouding met jou ma Son. Dit is selde dat `n ma en dogter so `n hegte band smee. Jy mag dit maar onthou … en mis. Dis goed vir jou en jou menswees.

    1. My ma was meer as net ‘n ma. Sy was ‘n-alles-in-een. En ja, ten minste het ek die mooi herinneringe. En haar voorbeeld, om vir my dogter dieselfde te probeer wees.

  2. Ek het gisteraand so ñ mini breakdown gehad nadat ek n artikel gelees het van ñ rubriekskrywer, Neda Semnani wat ook haar ma verloor het. Onder is die gesprek tussen hulle wat plaasgevind het in haar ma se laaste dae. Alhoewel ek en my ma nie so iets vir mekaar gesê het voor haar dood nie, weet ek dit was vir ons ook waar. My ma is en sal altyd die liefde van my lewe bly, so alhoewel my verlies soos joune permanent is, sou ek (as ek die keuse gegun was) weer haar dogter wou wees selfs al is die uitkoms presies dieselfde.

    “Mu, how much do you love me?” I asked.

    “Nedu,” she said. “I love you as big as the universe, as wide as the ocean and back, forever and always.”

    “Mu,” I said. “I love you as big as the universe, as wide as the ocean, and back, forever and always.”

  3. Losing someone isn’t an occasion or an event. It doesn’t just happen once. It happens over and over again.

    Mense wat nie weet wat dit is om ‘n deel van jou menswees te verloor nie, sal nie sien nie en ook nie verstaan nie.

    I get this. Meer as wat ek wil – verstaan hoor en sien ek hierdie woorde binne myself.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s