Gedagtes

Liewe Kaap

Ek kon seker begin het met ‘Liefste Kaap’, maar op die oomblik is my liefde vir jou so dun gesmeer soos wanneer mens die laaste skraapsels Marmite uitkrap vir jou broodjie. Bitter bitter dun. Want ek is gatvol vir jou nat kant. Jou storm kant. Jou balhorigheid om nie te weet dis veronderstel om LENTE te wees nie. En ek is gatvol om jou by ander mense te verdedig. Want jy gee my net mooi boggerol om hulle te oortuig dat jy eintlik nie so shitty plek is om in te bly nie. Jy los my met my bek vol tande, want jy laat my in die steek.

Jy het die hele bleddie Augustus lank gestorm en gewaai en gereën. Asof die hemel bokant jou gebreek het. Kyk, laat ons twee mekaar mooi verstaan. Jy behoort darem nou al teen die tyd te weet dat ek die winter verpes. Maar elke jaar hou ek maar uit, byt vas, kry koud, dra baie klere (wat ek HAAT, net so by the way). Ek vertel myself dis net so ongeveer 4 maande en ek sien met alles in my uit na September. Na ten minste die begin van die lente. En wat doen jy?!

Jy maak soos ‘n verdomde stout, selfsugtige kind. Jy hou al die reën vir jouself. Al die koue en sommer die sneeu ook. Jy gee die ander provinsies niks. Nada. Nie dat hulle veel gespin is nie, want hulle het mos nou lekker weer en lag al die pad elke oggend as die son skyn. Jy is actually erger as daai skeidsregter teen die Bokke Saterdag. En jy is seriously besig om my af te p.

Nou kyk, mens gooi nie jou kind weg as hy ongehoorsaam is, of jou kwaad maak nie, of nie eers as hy die wet oortree nie. Maar soms moet mens tough love toepas. Jouself distansieer. So luister nou baie mooi, liewe Kaap. Kry jou datums in orde. Dis nou LENTE. NIE die middel van die bleddie winter NIE! Kom by.

Ek sal jou altyd liefhê. En dit sal maar donner om jou te verlaat. Maar as jy nie binnekort jou sonkant vir my wys nie, mag ek jou dalk net onder jou gat skop. Ek gaan een van die dae Karoo toe. As ek terugkom, beter jy my met son verwelkom. Of ek mag dalk net daar bly.

Ek hoop ons verstaan mekaar.

17 thoughts on “Liewe Kaap

  1. As ek dit reg verstaan is baie reën goed vir wynmaak? Dan voel ek vere vir julle lot wat koud en nat is. Laat hulle daai bottels volmaak. Hier in Gauteng kan ons nie meer daarsonder nie!

  2. Hehe
    Liewe Kaap. Ek like dit om hier te bly. Met jou reen en storms en al. Ek ry dan selfs met my motorfiets werk toe en terug al reen dit.

    Maar ek moet bysê : Ek sal darem nou baie graag n slag wil wasgoed was. In fact , ek moet baie binnekort wasgoed was of ek gaan moet begin onderbroeke agterstevoor dra.

    Hoe lyk dit , net een lekker sonskyn dag binne die volgende 3 dae? asb?

  3. Son se Liewe Kaap

    Elke druppel reën en wind en storm en sneeu en wat ook al in jou sit – deel dit hierheen.

    Die son wat so smalend skyn en die ligblou hemel met die vlieswolkies wat vou om die berg begin my nou salig af p

    Ek is nie ‘n Lente of Somer mens nie, tog klou ek aan die 4maande van wind en reën en stroms en koue as troos. Wat my hierdie jaar ontneem is.

    So asseblief Son se Liewe Kaap – dit is tyd om te deel nou

    Groete

    Somtyds Vlooi

  4. En Kaap, jou rugbyspelers…🙂
    Ok, behalwe dat ons rugbyspelers pateties is deesdae, het dit Maart laas gereën in die Bosveld. Ons het hierdie winter met kort moue rondgeloop. Die lug is blou (ligblou was tot onlangs toe so mooi kleur vir my!) Maar die bokke in die veld is mooi, en die in die aand om die sekelbos vuur sit, en die roep van die jakkals, en die silhouette van ‘n doringboom teen die asemrowende sonsondergange… Ek wil so graag in die Kaap gaan bly… maar vandat die Kaap so aanhou nee vir my sê begin ek met nuwe oë kyk na wat ons wel in die Bosveld het, en dis baie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s