Raak gelees · Sommer net

Daily Prompt: No, Thank You

WordPress se Daily Prompt was:

“If you could permanently ban a word from general usage, which one would it be? Why?”

Ek neem nie gewoonlik deel aan hierdie daaglike skrywes nie, maar soms is daar een wat my “prompt” om tog iets te skryf.

Watter woord sal ek wil verban uit almal wat Afrikaans praat se woordeskat? Ta-ta-ra-ra…

HUIDIGLIK

Die vet weet – dis die walglikste woord wat Afrikaanse mense ooit kon uitdink. Dis soos daardie eeeeuuuuwww geluid wat die juffrou se bordkryt soms op die swartbord gemaak het. Dis soos daardie stink-eier reuk wat mens kry as jy verby die Caltex-raffinadery ry, of in Secunda woon. Dis soos om in hondepoef te trap en dit in jou huis in te trap sonder dat jy dit onmiddellik besef. Dis soos die baba se suurmelk hier op jou kerkklere, en jy moet die hele kerk deur sit met daardie kotsreuk in jou neus. Dis soos die reuk van aangebrande melk of kos. Dis soos die reuk van ‘n verstopte drein. Dis soos die reuk van ‘n dooie, verrotte muis-karkas agter jou yskas.

Dit maak my tande stomp as ek huidiglik hoor.

Julle kry die prentjie?

Die regte woord is TANS.

Tans. TANS. TANS. TANS.

T-A-N-S

:mrgreen:

28 thoughts on “Daily Prompt: No, Thank You

  1. Tans sit ek wakker nadat ek baie vroeg in die bed geklim het omdat ek môre-oggend baie vroeg my dogter by die N2 moet gaan haal, maar nadat ek 2 keer ingesluimer het, het 2 blikskottels my wakker gebel, eers my kind met wie ek baie lekker gesels het, en toe ….. verkeerde nommer!
    My taboe-woord: AUSTRALIANERS. Ek GRIL as ek dit hoor!

  2. Ek probeer nou dink watter woord my hare laat gril, maar dit is leeg soos ‘n paaseier waar gedagtes moet wees.

    Wat ek wel erg oor is en my stomme kind eindloos irriteer is dat ek spelfoute regmaak soos haar skoolgoed lees. Ek mag nie meer nie = )

  3. Huidiglik, aan die einde van hierdie dag, is dit f**n koud hier by ons. Ek gaan sommer sit en chill voor die heater. Staan my ou paar haartjies pen orent as gepraat word van “launch” hierdie boek of CD of wat ook al. Dit launch my sommer in `n wentelbaan om Mars!!

  4. Hehehe…goed om te weet. Ek weet nie regtig of dit ‘n woord is wat ek gebruik nie. Ek gaan gewoonlik sommer met NOU, maar as ek jou ooit raakloop sal ek seker maak ek se^ dit nie!

  5. HAT:
    huidiglik bw. Nieuvorming waarvan die gebruik deur die meeste kundiges afgekeur word; tans, nou, op hierdie oomblik, teenswoordig, in hierdie tyd.

    Moet sê, ek kan nie onthou of ek al die woord gebruik het nie. Praat i.e.g. min Afrikaans deesdae, so daar mag dalk rare goed in my taalgebruik inkruip… Mmmm, nou wonder ek, waar het die vreeslike woord vandaan gekom?

  6. Hier by ons is ‘n persoon wat nie te ver gevorder het op skool nie. Hy moes iewers hierdie woord gehoor het, maar nie mooi die betekenis daarvan verstaan het nie. Hy praat van “heiliglik” (bedoelende ‘tans’).
    Wat my mal maak, is as mense weer eens as een woord skryf. Weer eens: TWEE woorde. Of as mense ‘inteendeel’ verkeerd gebruik, bv. om iets te benadruk.

  7. Ek dink ek het dalk al gesondig met huidiglik. Baie jammer, ek sallie weer nie! Vir my is dit: “Aan die einde van die dag.” Aan die einde van watter dag? Hoekom maak iets belangriks eers aan die einde van die dag saak?😉 Hoe flippen ontneem van alle oorspronklikheid…Hoekom wil almal soos Naas praat? En wat ‘n simpel uitdrukking… Grrr!

  8. Ha ha ha!!!! Ek voel presies dieselfde oor daai woord…bly ek is nie die enigste een nie! Die ander een wat my by die mond laat skuim is die (te veel) gebruikte “uit die aard van die saak”

  9. Luister nou na die 1 uur nuus en soos gewoonlik moet ek sê danksy verkeerde woorde is ons Afrikaanse nuus taalkundig in die derde plek. Ons gaan hoor Madiba is dood, nie in beskaafde taal oorlede nie of heen gegaan nie, die ambulans het gebreek (MAGGIES ek wonder in hoeveel stukke) ipv onklaar geraak en die lys maak boekdele vol.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s