Die Lewe

I did it my way

Trust Maankind om vir my so ‘n lekker tameletjie vraag te gee. “Skryf bietjie hoe ‘n ‘jonger’ mens soos jy voel oor ouer word.”

Ek wonder oor die ‘jonger’ gedeelte. Want vir alle praktiese doeleindes kan ek nie meer as ‘jonger geslag’ getel word nie. Ek gooi nie my ouderdom rond nie, nie omdat dit my enigsins (nou meer) pla nie, bloot net omdat ek werklik dink ouderdom sit in mens se kop. Voordat ek dus besluit het om my regte ouderdom bekend te maak, het ek die prentjie van myselwers hier regs gaan update. Dis hoe ek op Saterdag, 4 Mei 2013, gelyk het. En nog steeds lyk, al het ek intussen darem my hare gekam. So, nou weet julle. En op 17 November hierdie jaar sal ek 53 jaar oud wees. Nou weet julle dit ook.

Hoe voel ek oor ouer word? Vir een vlietende oomblik dalk… spyt. Spyt omdat mens op ‘n dag besef dat jy nog so baie het wat jy wil doen met so min tyd wat daar dalk nog oor is. Spyt omdat jy die wysheid wat jy uiteindelik gekry het, nie al op 20 gehad het nie. Spyt omdat jy in jou werklike jonger jare gewroeg het oor dinge wat eintlik niks beteken in die groter prentjie van jou lewe nie. Spyt omdat ek nie meer selfsugtig was met my eie belange, my eie tyd, my eie wil in die lewe nie.

Maar dis werklik net vir ‘n sekonde. Want ek sit vandag gemaklik in my eie vel. Ja, ek karring nog soms oor dinge en mense en plekke en doen en late, maar eintlik “like” ek myself. Ek hou van wie ek soggens in die spieël sien, al raak ek ook nog soms dik de hel in vir die dinge wat ek soms dink en doen, en nie doen nie. Maar ek het nie meer ander mense se goedkeuring nodig om gelukkig te voel nie. Ek hoef nie meer te maak of ek van mense, dinge, plekke, goeters hou nie. As oud word mens een ding leer, dan is dit om nie tyd te mors op dinge wat nie jou lewe verryk nie. Dalk leer nie almal dit nie, dalk is ek net een van die gelukkiges wat dit wel geleer het.

Ek is nie bang om oud te word nie. Daar is wel dae dat ek bang is ek sal nie, as ek oud is, na myself kan kyk nie, of ek sal vergeet, soos my ma. Dit wil ek nie. Maar ek is oor die algemeen, van jongs af al, ‘n fatalistiese mens. Que Sera Sera – whatever will be will be. So ‘n jaar gelede het ek besluit om te begin oefen en bo verwagting geniet ek my gate uit. Ek het deur die jare darem altyd iets probeer doen om min of meer fiks te bly, maar deesdae doen ek EN geniet ek dit. Ek het nog nooit gerook nie en ek drink amper niks, so dis ‘n bonus wat gesond wees betref, maar ek weet ook, die gesondste mens is al onverwags dood. Daar waar mens se strepie getrek is, daar sal jy hom kruis. Ek is nie bang vir daai strepie nie, ek bekommer my ook nie oor daai strepie nie.

Ek tob nie oor ouer word nie. Ek maak planne, ek spaar geld, ek wil nog baie dinge doen, plekke gaan sien, ‘n boek skryf. Ek lewe elke dag asof doodgaan nie bestaan nie. Eintlik beplan ek om ten minste 100 te word, so ek is nou eers halfpad. Serious. Ek is geseënd met goeie gene en ek voel nie oud nie. Ek dink nie in my kop sal ek ooit oud voel nie.

Julle gaan my nooit in ‘n ouetehuis met ‘n kombersie oor my bene sien sit en hekel of brei of kla nie. Julle sal my dalk in die ouetehuis met ‘n kombersie oor my bene (want ek kry al van jongs af gou koud – ek haat mos die winter, onthou julle nou weer?) sien sit en games speel op my Galaxy Tab, of met die nuutste elektroniese gadget wat dan beskikbaar is, of sit en lees op my e-reader, of vir die ander oumense sit en flieks aflaai van een of ander onwettige site af. Of die een of ander ou oom sit en opchat en sy hormone op hol jaag – as hy nog sulke goed het.

Maar voor ek daar kom, wil ek nog gaan valskermspring, gaan bunji jump by Tsitsikama, gaan whiteriver rafting doen, die Camino gaan stap, Mexico toe gaan, Tafelberg nog ‘n paar keer weer uitklim, die Midmar myl gaan swem, weer ‘n fiets koop en rondry met dit, en wat ook al ek nog iewers langs die pad bykry vir my bucket lysie.

Gaan ek dood voor dan, dan hoop ek in my volgende lewe tik ek van daai lysie se goed af. Of dalk ander interessanter goed.

Ek lewe nie met my ouderdom in my kop nie, ek lewe met my oë op die horison, want dalk het more ‘n verrassing. Ek is en was nie perfek in my lewe nie, ek het dinge gedoen waaroor ek skaam is en ek het dinge gedoen en bereik waarop ek trots is. Ek het geleef, ek leef nog steeds. Kliphard.

Hoe voel ek as ‘jonger’ mens oor ouer word? That I shouldn’t sweat the small stuff anymore, maar dat ek ook beslis nie op die dood gaan sit en wag nie. Ek sal die dood ‘n run for his money gee. En die dag as my assies oor die groot water gestrooi word, dan hoop ek dat hierdie woorde sal waar wees:

And now, the end is near; and so I face the final curtain.
My friend, I’ll say it clear, I’ll state my case, of which I’m certain.

I’ve lived a life that’s full. I’ve traveled each and every highway;
But more, much more than this, I did it my way.

Regrets, I’ve had a few; but then again, too few to mention.
I did what I had to do; and saw it through without exemption.

I planned each charted course; each careful step along the byway,
But more, much more than this, I did it my way.

Yes, there were times, I’m sure you knew, when I bit off more than I could chew.
But through it all, when there was doubt, I ate it up and spit it out.
I faced it all and I stood tall; and did it my way.

I’ve loved, I’ve laughed and cried. I’ve had my fill; my share of losing.
And now, as tears subside, I find it all so amusing.

To think I did all that; and may I say – not in a shy way,
“No, oh no not me, I did it my way”.

For what is a woman, what has she got?
If not herself, then she has naught.
To say the things she truly feels;
And not the words of one who kneels.
The record shows I took the blows –
And did it my way!

15 thoughts on “I did it my way

  1. Iemand het gesê dit is die dood wat aan die lewe sy waarde gee. Jy is reg, mens gaan volstoom deur tot die einde. Mens sit nie bedruk en wag op die onafwendbare nie. Ek gaan dalk voor jou op die ouetehuis se stoep sit met my tablet, aan’t skryf aan nog `n storie😀
    Moet sê, jy lyk baie jonger as jou 53.

  2. Ja nee, ek stem saam Maankind. Inspirerende woorde! So baie mense sit al as hulle jonk is met ‘n kombersie oor die knieë en wag dat die lewe hulle iets skuld. Ek dink nie daar gaan ‘n liedjie vir hulle gespeel kan word nie …
    Ek sien in my geestesoog Son uit volle bors sing “I did it my way!” terwyl sy met wapperende hare op haar nuwe fiets rondry🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s