Die Lewe · Gedagtes · Musiek

Ons sal dit oorleef

Ek het lanklaas in die oggend half vyf opgestaan om te gaan gym. Ja, ja ek weet dis ook al ‘n vervelige storie, but hear me out. Gister na werk strip ek my moer vir al die lywe en bedrywe en vir die een vroumens wat met flippers aan in die swembad swem, oor altwee bane. Bid jou aan – FLIPPERS! Is dit nie vir die see of vir duik of so iets nie? Anyway, never mind. Ek besluit toe die luigatgeit van my moet stop, ek moet half vyf myself uit die bed sleep en kom gym as dit stil en ordentlik is en mense nie daai tyd van die oggend met flippers swem nie.

Vanoggend druk ek die wekker dood en staan met moeite op en sit ligte aan. Tot die arme kat trek haar ogies klein vir die skerp lig so vroeg. Na ek my gesig met koue water gewas en my tande geborsel het, voel ek al half mens. Met een oog oop trek ek aan, pak my pakkerasie in die kar en so in die verbygaan gryp ek die flashdrive wat langs die TV lê. Die fancy gym het mos allerhande gaatjies en gleufies op die oefenmasjiene waar mens goeters kan inplug om na hulle / die TV / jou eie musiek te luister. Nou, ek het nou al CNN vrot gekyk en die TV musiek kanaal geluister – nie te sleg nie. Maar dis nou nie juis exciting genoeg om my te laat vergeet ek is besig met oefening nie. Ek weet op my flashdrive is allerhande musiek, wat ek op ‘n dag sommer net opgelaai het. En ja, ek hou van ‘n verskeidenheid so ver verwyder soos die Ooste van die Weste, so brace yourselves. Luister net nie Opera nie, of Jazz nie, in elk geval nie vrywillig nie.

My eerste stop is die “elliptical trainer”, daai masjien wat jy so loop en trap en jou arms ook so heen-en-weer maak. Kou nogal mens se boude. Ek druk daai stokkie in en sit die oorfone in en begin trap. Binne sekondes trap ek op “Gangnam Style”. Dit maak my genoegsaam wakker om ‘n lekker spoed op te werk. Ek is nog op ‘n Gangnam high toe Steve wegtrek en weergalm in my ore met “Ons sal dit oorleef”. En so waar as wragtig, daar kry ek trane in my oë daar in die gym. Gelukkig was daar niemand naby genoeg aan my om dit op te merk nie. Maar ek kyk om my rond en ek dink by myself – nee Steve, jy was nie heeltemal reg nie. Ons sal dit oorleef ja, maar nie net ons wat wit is nie. Ook ons wat so entjie weg van my af trap, met haar donker vel en haar dreadlocks, en ons wat daar aan die oorkant gewigte stoot met sy koffie kleur vel, en ons wat nou net daar by die deur in loop met hulle Maties-klere aan en hulle nagdonker vel, en ons wat met pragtige swart hare en Indiese vel oppad is boontoe om te gaan swem. Al hierdie onse is die ons wat dit sal oorleef, want ons is nog almal hier, omdat ons wil, of nie anders kan nie, of vir watter rede ook al. Ons is HIER. In hierdie land. Ons leer hier, ons leef hier, ons werk hier, ons gym hier.

Dis hoe dit is, dis hoe dit sal wees. Ons sal dit oorleef. Or we will die trying. Want ons kan nie anders nie, ons wil nie anders nie.

Wel, daarna het Kurt se Heidi my darem gou weer opgelig na ‘n ligter noot en toe het ek afgesluit met ‘n besadigde The Story van Brandi Carlisle. Ek het dit ook oorleef – die oggend se vroeg opstaan en gaan oefen. En daar was regtig niemand met flippers aan in die swembad nie. Net ekke alleen, met kaalvoete. En darem ‘n swembroek.

More maak ek weer so. Ons sal dit oorleef.

28 thoughts on “Ons sal dit oorleef

  1. Ons sal dit oorleef ja – hoe weet ons wragtag nie aldag nie, maar wonder bo wonder doen ons want ons wil.

    By ons is daar ook flipper-swemmers maar hulle doen iets ewe belaglik soos onderwater-hokkie of iets. Ek het amper van die cross-trainer geval toe ek dit vir die eerste beleef – die flipperswemmers – en opslag gevra hoekom hulle kan kroek met flippers en ek moet myself belaglik skop om ‘n lengte te swem. Aldus oorlewering was onderwater-hokkie die antwoord.

    Ek geniet myself gate uit die gym. Vir niks en niemand behalwe myself start ek daardie treadmill op en vir niks en niemand behalwe myself ‘straf’ ek myself elke dag nie. Want dit is hoe ek oorleef. Met endorfiene en daardie damn-girl-you-did-it gevoel wat ek kry by die gym = )

    1. Was weer vanoggend 5 uur daar. As ek net eers opgestaan het, is ek elke keer bly🙂 Die swem bly my hoogtepunt en vanoggend was die water louwarm

  2. sjoe ek lig my hoed en buig my buig, om vroeg op te staan is vir my een van die ergste strawwe wat daar is, onthou toe ek nog ‘n kinners was het ek soms sommer op die vloer geslaap net om nie vir sus te skop met my klaar aangetrekte skoolsokkies en skoene nie, want het ek geglo as dit reeds aan is het ek so minuut ekstra om te lê tot mammie haar lelik vererg en my uiti kooi kom boender!!!!

    ek was nog nooit in my lewe in ‘n gym nie (SKANDE EK WEET) maar dit is tog soveel moeite, en die ding is, ek wil nie vir iets betaal wat ek net nie sal gebruik nie, ek en mannas dreig al ons hele lewe lank om te gaan gym, maar ai, het net nog nooit so ver gekom nie…. so weereens blogmaatjie ek lig my hoed

  3. Gym sal ons omdat ons pense en boude dit nodig het. Jy het seker my eie “Gym kaskenades” daar op ons werf gelees?
    Oorleef sal ons ook tot, soos jy sê, ons strepie getrek is. Hoe ons oorleef is ook ons eie keuse, en natuurlik met of sonder Jaz. Ek hou van Jaz, en van opera😀

  4. Nou laat jy my sommer skuldig voel. Ek was nou maande laas in die gym. Die wil ontbreek op die oomblik en die oggend koue help ook nie veel nie. Son, ons ALMAL sal en moet en wil dit oorleef.

  5. Anne-Marie: I load up my I-Pod with “Happy” music then go about my day. While listening I can escape the reality of my life,, if only for a few minutes. Exercise is the same, while you are doing it you can put yourself far away, to that wonderful place of peace that is yours alone.

  6. Ek haal my hoed vir jou af om so vroeg in die oggend op te staan vir gym. Ek staan ook vroeg op, maar om ander redes. Miskien kan jy my so ‘n bietjie leer hoe mens gym waardeer. Ek het een jaar, vir my verjaardag, ‘n hele jaar se pakket gekry om te gaan gym na hartelus, en toe ek nou mooi weet hoe elkeen van die masjiene werk, toe verloor ek belangstelling en gym nie meer nie. En om die front op te hou, het ek steeds gereeld gym toe gegaan, maar nie om op die masjiene te oefen nie, maar wel om op die bank te sit en myself te vergaap aan al die mooi lywe en hoe daardie mense (soos jy) positief oor oefening kan wees.

    Ek glo ook aan die oorlewing, maar die vraag bly oop: hoe lank nog?

    1. Anton – vir die meeste jare van my lewe het ek gym gepes. Maar ek is mos mal oor swem. Dis eintlik hoe ek in die gym beland het en toe begin ek die ander masjiene ook gebruik en to eraak dit lekker. Ek weet nie hoekom was dit vroeëer nie vir my lekker nie. Dalk kom die regte ding op die regte tyd na mens toe. Oor oorleef – hoe sal ons weet waar elkeen van ons se strepie getrek lê. So, let’s have fun while we’re here😉

  7. Ek weet.. die flipper is omdat die eienaar/es swamme aan die voete opgedoen het !! Vreeeslik maar by publieke swembaddens gymstorte.. is teelaarde van swamme aan voete …

      1. Ja . regtig, sonder grappietjies. Bedoel nou nie die flippers persoon het swamme maar dat swamme vinnig in openbare swembad / gyms versprei is ongelukkig ‘n feit.

  8. ‘n Geval van oefening imitates life?
    Vanmore het my program dikteer dat ek moes bultjies pleeg, en met elke keer wat ek bo uitstoom gekom het, het ek gedink o jel ek gaan dood hier vanmore, ek gaan dit nie maak nie. Diep binne het ek egter geweet dat ek dit sal maak, en ek het!. Hier is ek. Hier is ons.

    Perdalks moet ons onself begin back in life as we do in exercise.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s