Gedagtes

‘n Lewe van eerstes

‘n Mens se lewe bestaan uit soveel eerstes.

Eerste woord sê, eerste tree gee, eerste dag skool toe, eerste fiets kry.

Eerste dag werk toe, eerste eie motor.

Eerste keer trou, eerste baba gebore, eerste eie huis.

Maar die seerste eerstes is die eerstes na iemand weg is. Daarna word dit beter. Nie baie nie, maar darem.

Ons is verby ons eerste verjaarsdae sonder haar, eerste Kersfees, eerste Nuwe Jaar, haar eerste verjaarsdag en nou staan ons voor die eerste Moedersdag – sonder ‘n Ma.

Ek was nog nooit sterk op hierdie tipe dae nie – Vadersdag, Moedersdag, Valentynsdag – eer jou Vader en jou Moeder en jou Valentyn eerder elke dag. En tog is elke advertensie, elke TV-klingel, elke kaartjie in die winkels, boksies sjokolade, lekkerruikgoed wat al die kinders roep om hul Ma’s te bederf, soos ‘n skop in my ribbes elke keer as ek dit sien, by dit verbyloop, die tydskrifte oopmaak. Want al was ek nie gepla met Moedersdag nie, herinner dit my hierdie jaar op die felste manier dat ek nie meer een het nie. Punt. Klaar. Het nie meer een nie. Sal nooit weer een hê nie. Full stop.

Dink aan jou Sus.

Gelukkig sal dit ook verbygaan. Soos al die ander. Dan is dit nog net 13 Augustus wat moet kom en gaan. Dan is hierdie eerstes ook klaar.

i-miss-you-mom

16 thoughts on “‘n Lewe van eerstes

  1. Daar’s ‘n dowwe pyn van verlange wat ek hier bokant my linkerbors kry wanneer ek aan my eie Ma dink – soos nou wanneer ek ook jou pyn lees.

  2. Ek weet hoe jy voel. Soms wens ek kon haar nog een keer hoor se: My liefste kindjie. Al is ek lankal nie meer lief nie en ‘n KIND. Sterkwees.

    1. Ek wonder soms of dit ooit regtig egtig beter word. Of DINK mens net nie daaraan nie, sodat mens nie te veel onthou nie?

      1. Dit word tog beter. Alles versag en verdof mettertyd, maar dan tref dit mens skielik weer uit die bloute. My ma sou gister 100 gewees het.

      2. Tyd vat die ergste edge af, bloot ek dink omdat die verlies namate soortvan opgeslurp word in die agtergrond geraas van jou daaglikse bestaan. Die verlang gaan nooit regtig weg nie, en dit vat net een woord, smaak of aksie om dit weer pynlik skerp in fokus te bring. Selfs dit is goed ek dink, dit beteken die monument wat die persoon in jou hart gebou het staan op ‘n stewige voetstuk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s