Gedagtes

Los en vas Vrydag gedagtes

“Never leave your key to happiness in someone else’s pocket and don’t wait on someone else to build your dream life for you. Be the architect and keeper of your own happiness. The more you take responsibility for your past and present, the more you are able to create the future you seek.”

Iemand het dit vanoggend op Facebook gelos. Ek het lanklaas woorde gehoor wat so waar is.

As ek een wens kon kry vandag, net een, dan sou ek wens dat elke dag moet lyk soos dit vandag hier buite lyk. Ek skat die temperatuur is so ‘n gematigde 25/26 grade. Die lug is skoon witblou en daar roer nie ‘n blaartjie nie. ‘n Dag soos heuning, soet, maar nie te soet nie. (Ja ja, ek weet ons het reën ook nodig – dit kan maar in die nag reën, terwyl ek slaap.)

Dis ‘n dag soos hierdie wat my gelukkig en melankolies maak terselfdertyd. Dis die skoonheid van so ‘n dag – dit kom vat hier diep binne aan mens. Dis oor dae soos hierdie wat mense gedigte sal kan skryf. Waaroor N.P. van Wyk Louw geskryf het:

‘Die jaar word ryp in goue akkerblare,

in wingerd wat verbruin, en witter lug

wat daglank van die nuwe wind en klare

son deurspoel word; elke blom word vrug…’

Toe ek klein was, wou ek net groot word. Noudat ek groot is, wens ek die lewe het ‘n terugspeel knoppie gehad. Stukkende speelgoed is beter as ‘n stukkende hart. Verlore speelgoed is beter as verlore lovers. Mens neem die lewe soms nie ernstig genoeg op nie en soms neem mens die lewe heeltemal te ernstig op.

Die lewe is ‘n speeltoneel, maar soms is dit onseker of dit ‘n komedie of ‘n tragedie is. Ek weet ook nie altyd wat my rol is nie. Soms is ek skreeusnaaks, soms is ek die Juliet van Romeo en soms het ek geheel en al my woorde vergeet. Selfs vergeet in watter toneel ek speel. Dan kyk ek van bo af en sien myself, ‘n lewe geleef, halfpad verby, en ek wonder hoe ander daarna kyk. Maak dit saak? Uiteindelik nie meer nie.

“Non, je ne regrette rien.” Of dalk tog een. Dat dit my so lank geneem het om te weet dat die sleutel van my geluk in my eie sak lê.

“I am wiser than I think. I just need to slow my thoughts down and when the inner noise ceases, wisdom will have a chance to speak.”

15 thoughts on “Los en vas Vrydag gedagtes

  1. Take responsibility. Jip. Kyk ook vooruit en herkou besluite wat jy weet kak gaan veroorsaak. Dis nie al die drama werd nie. For sure nie. En as jy laaaaag is, staan jy dem moeilik weer daarop. Dan kan versies en gediggies maar voor jou oe kom staan en mooi lyk. Jou kop luister nie eers na die klanke nie.

  2. Ek sal eerder die hele tyd in een helse Komedie wil wees. Lag is tog lekkerder as huil. Maar ja, mens kom op ‘n punt waar jy besef jy is die somtotaal van die verlede se lag en huil…..en dat die toekoms nog baie daarvan gaan inhou.

  3. Wou so graag dramaklasse loop, toe sê my ma nee. Toe verander my lewe in ‘n drama…. en lus of te nie, ek moet my rol speel. Trane en lag, lag en trane….. en ja, ‘n mens vergeet partykeer jou woorde, en wens die gordyn wil sak.
    Lekker gelees dankie!!😉

      1. O my liewe siel Son NEE….. ek het nie my eie lewe so dramaties voorgestel, of daarvoor gevra nie. Inteendeel, het net iemand gesoek wat my sou liefhê, Wou nie eers ‘n groot huis hê nie.

  4. Partykeer maak ons ook maar n tragedie van n doodgewone neutrale toneel, is dit nie? Net om so lekker sleg te kan voel.🙂 Goed gestel, Son.

      1. Ja, dis waar. Niks kom by ‘n lekker uithuil nie. Gelukkig was dit baie lank laas vir my nodig om so te huil.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s