Die Lewe · Gedagtes

Om te GLO. Of NIE.

Ek is al so moeg vir die onverdraagsaamheid van mense teenoor mekaar dat ek op my arms wil gaan lê en huil en nooit weer ophou nie. Ek het lank gewik en weeg oor hierdie skryfsel, maar ek gaan nog een keer my siening hiervan (probeer) weergee. Nog een keer my nek op die skavot plaas. En ek doen dit juis ter wille van ‘n vriendin vir wie ek groot agting en respek gekry het in die ‘n kort tydjie wat ek haar ken. Oor die naweek is sy op Twitter amper uitgehaal oor iets wat sy gesê het en dis heeltemal uit konteks aangehaal. Oor geloof.

Wat vir my hartseer is, is dat sy een van die minste “judgemental” mense is wat ek al ooit ontmoet het. Dus is hierdie vir haar en vir almal wat glo of nie glo nie, maar wat weet wat dit is om “to live and let live”.

Ek GLO. Presies hoe en wat ek glo en hoeveel keer ek kerk toe gaan of nie, het NIKS met enigiemand uit te waai nie. Dat ek glo het ook niks met enigiemand uit te waai nie. Hoe ek egter elke dag myself handhaaf teenoor ander mense wat saam met my op hierdie aarde neergesit is, DIT het wel iets met ander uit te waai en daarvoor sal ek staan. Maar ek gaan NIE staan om geslaan te word omdat ek in iets of iemand glo waarin jy en jy en jy NIE glo nie. En moenie my probeer uitmaak vir ‘n idioot omdat ek glo nie, want my IK is darem hier in die drie syfers rond en my Emosionele Intelligensie is na skade en skande ook vandag heel goed ontwikkeld.

Wat my rasend van frustrasie maak, is dat die mense wat NIE glo nie, so gou is om God verantwoordelik te maak vir alles wat sleg is en verkeerd gaan hier op aarde. Hoekom laat God toe dat mense vermoor, verkrag, gemartel word? Hoekom laat God toe dat kinders verniel word? Hoekom dit en hoekom dat. Hoekom, as Hy bestaan, lewe ons nie in ‘n paradys op aarde nie? Ek weet nie, ek het nie die totale antwoord daarop nie, en ek dink nie enigiemand op aarde weet nie. Wat ek wel weet, is dat ons nie op aarde gesit is vir ‘N God as ‘n poppespel nie. Ons het ons eie, vrye wil gekry. En ek sien dit so:

Ouers het kinders. Goeie, ordentlike ouers. En dan neuk een, of soms meer, van daardie kinders skeef. Hy of sy, word ‘n krimineel, ‘n verkragter, ‘n moordenaar. Ons kyk vir die ouers en ons wil hulle kwalik neem. Hoe de hel kon julle so ‘n kind in die wêreld ingebring het?! En die ouers huil en huil, want hulle het die kind net die regte dinge geleer en hulle weet self nie waar het die kind die pad byster geraak nie. Hoekom het hulle kind hierdie verskriklike goed aangevang? Wat het hulle dan verkeerd gedoen? Die wêreld veroordeel die kind, en sommer die ouers saam met die kind. Intussen is die ouers werklik onskuldig. Hulle kan nie staan vir al hul kind se dade nie. Meeste gewone ouers probeer net hulle bes vir hul kinders. Niemand maak tog willens en wetens ‘n krimineel, ‘n moordenaar, ‘n verkragter, groot nie?

So, die ongelowiges wat so gou is om te sê “Kyk wat laat julle God toe om te gebeur. Kyk hoe word mense vermoor in die naam van julle God”, julle doen presies aan God wat mense aan daardie ouers doen. God, as daar een is, het nooit gesê die wêreld is ‘n poppekas en ons is sy poppe nie. Mense gebruik geloof om oorloë te regverdig, om fanatisme te regverdig. My God, die een waarin ek glo, die “Spiritual Being”, waar en hoe Hy ook al is, het my nog NOOIT vertel om sulke kak te gaan aanjaag nie, in plein Afrikaans. Net soos jy nie altyd ‘n ouer kan veroordeel vir sy kind se dade nie, net so kan jy geen Opperwese / Spiritual Being veroordeel vir die mal mense op aarde nie. Ons het die aarde gekry. Wat ons daarvan maak en hoe ons dit en mekaar opdonder, is soms iets om oor te huil. Om te dink as daar ‘n God is, moet hy alles tjop-tjop fix, is om presies te dink soos die kind wat elke keer aanjaag en verwag sy ouers moet dit fix, en dus nooit self verantwoordelikheidsin aanleer nie.

Glo ek aan evolusie? Ja, ek doen. Glo ek in die Bybel? Tot ‘n mate dink ek die Bybel is ‘n riglyn, maar dat mense dit ook heeltemal te letterlik opneem. “A day is like a thousand years, and a thousand years are like a day” staan in die Bybel. Dis dalk die naaste wat ons aan die waarheid sal kom oor die aarde se ontstaan en die tydperk waaroor alles ontstaan het.

Vir dié wat geen toleransie met gelowiges of ongelowiges het nie, vir dié wat so gou is om op die “bandwagon” te spring oor alles wat God dan sodanig toelaat, vir dié wat alles en almal haat wat anders as hulle lyk, dink of glo: hier is vir julle een Bybelversie. Vergun my net hierdie een🙂

Galasiërs 5:14 Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Kom ons veronderstel God is ‘n mite en die Bybel is ‘n feëverhaal, dan dink ek ons kan almal baat vind by daardie een versie uit die feëverhaal. Ek lees in hierdie een versie dat ek ander mense moet liefhê soos myself. Vir my beteken dit doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê. Respekteer ander soos wat jy gerespekteer wil word. Die fairytale boek het nie voorwaardes gestel in daardie een sin nie. Dit sê nie ek moet NET my naaste wat soos ek dink, glo, lyk, leef, liefhê nie. Daar is nog ‘n storietjie in my fairytale boek – die een van die barmhartige Samaritaan. Daar leer my fairytale boek my dat dit JUIS soms dié mense is wat nes ek lyk, dink en glo wat my in ‘n tyd van nood sal laat lê dat die wolwe my opvreet. Dat dit JUIS dié is wat nie soos ek lyk, dink en glo nie wat sal stop en ‘n hand van hulp sal uitsteek.

Jy en jy en jy hoef nie te glo wat in my fairytale boek staan nie, maar dit sal jou geen kwaad doen om jou naaste lief te hê soos ek hierbo beskryf het nie. En daardie naaste is almal wat asemhaal en op twee bene rondbeweeg, ongeag! Dit sal jou geen kwaad doen om nie te oordeel nie, sodat jy nie geoordeel word nie. Nie deur my God wat jou mite is nie, maar deur ander mense wat jou oordeel, sonder dat hulle weet wie jy is, binnekant in jou hart en siel is.

Mense is gou om goed aan God vas te plak. Om te sê ek glo nie in God nie, want kyk wat laat hy mense doen. Die “deep down basic stuff” wat my God vir my beteken, is hierdie hier bo. En met respek en in mooi Afrikaans… FOK die res!

40 thoughts on “Om te GLO. Of NIE.

  1. Dankie Son. Ek voel ook so. Dis net vir my interessant, soos jy ook sê dat dit juis hulle is wat nie glo dat God bestaan nie, Hom so gou aanhaal as dit hulle pas. Ek voel, dat as iemand die Bybel wil aanhaal (en nou bedoel ek nie jou aanhaling hierbo nie), moet jy gewillig wees om die HELE Bybel aan te haal en nie net die stukkie wat jou pas nie.
    Dit was ‘n baie nodige skrywe.

  2. Ek stem so saam met jou. Waarom almal veroordeel en afkraak wat nie glo soos ek glo nie? Baie min mense verander in elk geval ooit hulle sienswyse. Dit is ook hulle goeie reg.

  3. hi sam. as i said on my facebook page, i don’t think it’s a matter of believing or not believing, or a d debate of whether God exists or not. it’s about respecting each other’s opinions and/or beliefs/non-beliefs. i have long ago stopped getting into arguments and debates, as it usually goes nowhere – it just goes round and round and round …😉

  4. To Believe or Not Believe,,, that is the question. So far no one has found proof of the existence of God so we settle for telling ourselves that things that are man-made are the product of God because God made man. Or we look at the beauty of nature and say “only God could make something so beautiful”. Beauty is what you want it to be,,, the Bible and other Holy text are man-made. So, are we alone, are we just the result of random amino acids that collected in a primordial pool millions of years ago ? Is there a Heaven or a Hell ? It makes us feel good to think that when we die we will go to a better place just beyond the clouds and live in a house with marble halls with a kindly old man who has a long white beard. Ask those questions of yourselves and think carefully about your answers. Sam

    1. Hi Sam🙂 I am so glad you visited and commented. Feel free to do so in English, we can all understand English. To everyone else that commented here, Sam is my friend from Texas. I am honored that he reads my blog!

  5. ai son, het ek en mr m nou gister hierdie post van jou geniet. en dankie vir die kompliment in jou skrywe. 😉

    ja, dit was maar ‘n slegte storie gewees, maar dit het maar net weer bevestig dat my besluit om nooit ‘n sosiale media geveg betrokke te raak nie, so moet bly. dit was my eerste en laaste keer op twitter.

    dit was net vir my een te veel dat op sondagoggend – paasoggend – die sekere joernalis iets sarkasties moes se op twitter. ek was nice met hom – het gese dat hy ‘n excellent joernalis is, dat ek baie open-minded is en omtrent nooit sal comment op so nie, maar dat dit disrespectful is wat hy gese het. dit maak nie eers saak waaroor die onderwerp was nie – dit is soos ‘melouisef’ hierbo se en ek is seker baie van ons ook en jy natuurlik ook son – dat dit beide kante toe word.

    wat vir my sleg was, is dat hy net ‘n klein stukkie uit my tweet ge-retweet het, wat my soos ‘n religious nut laat lyk het. ek het soveel abuse gekry – en dit is wat vir my ‘sad’ was, want jy ken my. 😉

    ek het hom gevra waarom hy net ‘n stukkie van my tweet re-tweet en sy verskoning was dat hy beperk is tot 140 karakters – mmm ja, very convenient. hy het my nogal ‘n paar keer geantwoord en ek is nie iemand wat in ‘n bakleiery betrokke raak nie – veral nie op sosiale media nie, so ek het simply vir hom gese dat dat hy nie moet maak dat mense hulle respek vir hom verloor nie – en toe het hy niks verder gese nie.

    ‘n ander ou het vir hom gese en my ingecopy – “decide whether you want to be an advocate for tolerance or a skeptic of religion – you can’t be both”. ek het gedink dit was briljant gese. ek dink hy het sy posisie misbruik – want sy koppie het al groter en groter geraak omdat hy deur die oscar storie so baie followers gekry het. ek gee nie om wat iemand glo of nie – for pete’s sake – he net respek na alle kante toe. gaan niks reconciliation in ons land bring as ons mekaar heeltyd kap oor geloof, seksuele orientering en ras nie.

    ja – as ‘n mens jou vir ‘n toffie uitgee, dan moet jy seker gekou word – so ek het seker daarvoor gesoek. scary oor die trolls & haters wat uit hulle gate uitkruip hoor. selfs die christene het soos mal mense opgetree en ek het net simply ge’state’ dat ek ook nie saamstem met hulle uitlatings nie – die holier than thou kom ons bid vir hulle en bybelversies ens – dit wou my ook laat kots.

    en ja – ek het ook seker maar pms gehad en partykeer raak ‘n mens mos effens moeg om net altyd stil te bly en agteroor vir almal te buig, en almal se opinies te luister en te respekteer en en en. het maar net my moer gestrip vir sy comment want dit was onnodig. dit het nou al vir ‘n paar weke gekom dat ek die ondertoon in sy tweets gelees het, en dit het my effe begin irriteer, want ek gee nie regtig om wat hy glo of nie glo nie, ek gebruik twitter vir nuus – so hy moet maar hou by sy investigative journalism, wat hy baie goed doen.

    1. colourmecrazee, ek weet nie wat als gebeur het nie, but I’m rooting for you, agv wat ek al oor jou geleer het uit jou blog. En almal het die reg om hul moer van tyd tot tyd te strip – PMS of te not. Ek het in November verlede jaar my moer oor iets gestrip en ek kom nou eers uit my woedebui oor die betrokke onderwerp🙂 Vyf maande later. But, not too many regrets.
      Chin up, en onthou: jy kry ‘dwisse’ (Son se woord) oral. Ook in die ondersoekende joernalistiek😉

      1. he he – thanks – ek blog mos nou nie eintlik nie, maar ja – jy som my goed op. ek en die son is darem lekker vrinne mos ook … en sy som my ook goed op …😉

        ek is maar ‘n sensitive soul, so dit het my nogal gepla, maar ek is nou weer oor dit. ek het maar ‘n aktivis hart en spirit nog altyd – van ek kan onthou – so ‘n mens is ook mos nie altyd baie populer as ‘n mens ‘n aktivis en ‘n non-conformist en ‘n opstaan vir die underdog-kind-of-person is nie – so ek moet dit maar seker vat ne. 😉

        die mense wat so gereageer het weet mos niks van my af of van enige iemand anders af nie, for that matter – so dis hoekom dit so ‘sad’ is vir my dat mense so vieslik kan raak. ek het lankal opgehou om die comments op nuusberigte ook te lees – ‘n mens sal net totally jou faith in mense verloor. kies maar eerder om op positiewe goed te konsentreer.

      2. J, Son, 5 maande. Maar die betrokke persoon het dit, volgens my, verdien – dit was 5 jaar se opgekropte “geduldig, gedienstig en gedwee” van my kant af. Wat natuurlik fout no. 1 was. Maar tydens die 5 maande se moer-strip is somme baie dinge kaalgestroop en platgevee sodat die wereld nou weer oop en skoon voor ‘n mens le🙂

      3. sjoe – weet presies waarvan jy praat !! het ook so iets vir 3 jaar gedoen en toe ook vir voet neergesit. ek kan ongelukkig nie wegkom van die persoon nie en werk nog deur die anger wat die 3 jaar veroorsaak het, en nog steeds effens doen … so ja, nie maklik nie …

  6. Die beeld van die spieel en die raaisel is ook van toepassing.

    Ek probeer my medemens wat oor my pad kom help, maar ek aanvaar dat ek nie alle mense altyd kan liefhê nie.

    Ek wroeg ook nie oor die dieper en weggesteekte waarheid in die Bybel nie want ek is een van daardie eenvoudige skepsels soos die vissers en die timmermanne en die tollenaars wat so ongekompliseerd as moontlik probeer glo.

    1. Ek dink nie een van ons kan altyd net almal liefhê nie, maar ons kan verdra. En dalk probeer verstaan. En as ons nie kan verstaan nie, dan net te laat leef. Ek hou van wat jy sê. Ek wroeg ook lankal nie meer nie. Dis net, mens word nie altyd gegun om net ongekompliseerd te glo nie. Want dan word jy uitgemaak vir ‘n idioot. wel, dan is ek seker maar ‘n idioot🙂

      1. Miskien draai die grootste geloofstryd deesdae om eenvoud te handhaaf ondanks wat “geleerdes” te vertelle het.

  7. “Dis dalk die naaste wat ons aan die waarheid sal kom oor die aarde se ontstaan en die tydperk waaroor alles ontstaan het.”

    Wat? Hoe kan jy dit se? Die god van die Bybel het volgens mitologie die son op die verkeerde dag geskape … nadat lewe op die planet ontstaan het. Dit is ‘n fout wat so omvangryk is, die res van die boek kan as onbetroubaar geag word as ‘n historiese rekord van gebeure.

    Ons weet vandag vir ‘n feit, ‘n feit so goed soos enige ander, dat die Bybelse god mens gemaak is. As daar ‘n god bestaan, is dit nie die een uit die Bybel nie.

    Wat die versie betref, as die Bybelse god net vir ons so lief was soos wat hy vir homself lief is (onthou hy wil aanbid wees) dan sou hy ons nie so genadeloos uitgemoor en gemartel het nie. Daai mite van “God is liefde”, is die grootste klomp twak denkbaar, en net mense wat nog nie die Bybel volledig gelees het nie, sal oortuig kan word om so iets glo.

    Wat verdraagsaamheid betref is jy reg. Die dag wanneer gelowiges dit vir die eerste keer beoefen, sal hierdie skeiding tussen gelowiges en ongelowig verdwyn. Maar dit sal nog ‘n rukkie neem. Tot dan, fok die religie.

  8. Ek het ‘n oom geken wat altyd gesê het dat mense soms vergeet dat sowaar as wat daar ‘n God is, daat ‘n satan ook is. Die mens is geseën met die denkvermoë om besluite te kan maak, en een van hierdie is ons dade elke dag. Net jammer dat die nuwe gier is dat jy nie daarvoor verantwoordelikheid hoef te neem nie…..want die res van die heelal is stupid en gaan alles wat jy kwytraak vir soetkoek opvreet. Daar is bitter min wat meer meer irriteer as leuens en die feit dat my IK so gereeld onderskat word.

    1. Dit kan jy weer sê. Veral die IK onderskat gedeelte. maar soms los ek mense juis dat hulle myne onderskat. Want dan lag ek stilletjies in my mou🙂

  9. CG Jung het eenkeer gese: No-one can know the mind of God or such a person would have to be a god himself. (of so iets) Ek weet nie hoekom mense hulle moeg maak met die “why’s” nie. Ons kan nie alles weet nie want ons is nie God nie – dit sluit die wonderbaarlike dinge EN die slegte dinge in. Byvoorbeeld: hoekom bitch niemand ooit daaroor dat daar miskien 500 verskillende kleure rose is nie. Dis ook onverstaanbaar – waarom nie net al die rose in die wereld een kleur maak nie? Maar niemand bitch daaroor en oor die feit dat dit onverstaanbaar is nie. Ai tog. Jammer om te hoor van colourmecrazee se slegte ervaring op Twitter.

    1. Ek wonder soms oor mense wat net nie ander mense kan aanvaar soos hulle is nie. Hoekom is dit so moeilik? As iets of iemadn jou nie aanstaan nie, hou net verby. Die wêreld is tog wyd en groot. Jy hoef nie nasty te raak nie. Sug!

  10. Miskien is dit iets wat beide kante toe sny? Ek dink wat my omkrap is as mense voorskriftelik optree en vir my vertel wat my te doen staan of preek want glo of nie glo is nie ‘n onderwerp waaraan ek ooit meedoen nie. To each his own.

    1. Dis juis my punt. Respekteer elkeen vir wie hulle is, hoe hulle ander mense hanteer en hoe hulle optree. Wat hulle glo, is nie altyd ‘n waarborg dat hulle nie ‘n verskoning vir ‘n mens is nie.

  11. Ag mens ontspan, die samelewing is oorvol van wierdos. God laat alles toe want hy is nie – dis my opinie, aanvaar dit asseblief soos ek aanvaar dit is jou onvervraambare reg om in ‘n God te glo. Jou geloofsoortuigings en my spirituale benadering mag geen belemmernis tot vriendskap en aanvaarding wees nie. As dit is dan is of ek of jy ‘n gevaalde spesies, of beide van ons. Niks irriteer my meer as wanneer die Christen religieuses en die ateïste mekaar aanvat nie – dit is bespotlik en belaglik. Kan ons mekaar nie net uit menslikheid aanvaar nie? En op hierdie noot laat ek byvoeg al die kerkgangers met hulle vroom gesigte wat rugby toe gaan dit nou so onplesierig gemaak het dat ek luister op radio dis veiliger. Ons volk het disfunksioneel geraak.

    1. Newsie, jy is een van daardie mense wie se goeie menswees deurskyn in wat jy sê en skryf. Mens kan nie jouself 24/7 wegsteek nie, die regte jy kom soms uit. En ek weet for sure dat ek hou van die regte jy, maak nie saak wat jy glo of nie glo nie🙂

    2. Newsferret en Son julle maak my dag! Ek is bitter gatvol om die “judgemental” opinies van mense aante luister oor wat en wie is reg. OM nie te praat van so called Christene wat elke ander geloofsmens uithaal omdat hul anders glo! DIt maak my siek.. Dankie vir jul goeie opregte en in my oe korrekte kommentaar!

  12. Saam met die ander dinge wat ek glo, glo ek ook die vers wat praat van ‘n “spieel en ‘n raaisel” en glo ek ook dat ek nie àlle mense altyd kan liefhê nie. Net soos wat ek ook vas glo dat geloof ‘n eienskap van eenvoudige mense is wat nie anders kan om te glo nie omdat hulle net soos vissermanne en tollenaars maar bra eenvoudige skepsels sonder die wereld se boekkennis is.

  13. Jy skryf presies oor wat my nog altyd pla: dié wat te kaksleg is om verantwoordelikheid te wil dra vir hulle eie foute, en dan iemand anders daarvoor te blameer; en ongelukkig is dit vir die ongelowige maklik om hulle kronkelende lewenspaaie op God se skouers te plaas. Ek – soos jy – glo ook, maar tot watter mate en hoeveel is my eie saak. Dankie dat jy mense toelaat om te leef en te laat leef.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s