Die Lewe · Gedagtes

Allegaartjie

Allegaartjie… lê so lekker op die tong. Ek wonder hoeveel mense weet dis die Afrikaanse woord vir ‘n “mixed grill”. Wel, hierdie inskrywing is so ‘n allegaartjie.

Kan ek eers mislik wees en dan positief?

Hoe kry mens dit in mense se koppe om op te hou om alles te glo wat vir hulle opgedis word? Die nuutste (of dalk het ek net nie die 1 777 vorige waarskuwings raakgesien nie) is dat die swartmense nou besluit het daar is te min wit mense in die tronke. Dus moet ons (wit) vrouens ons handsakke toehou, waar ons ook al beweeg, want die swartes gooi goed in ons handsakke terwyl ons nie kyk nie en dan word ons vir winkeldiefstal aangekla en slaap naweke in die tronk en kry ‘n kriminele rekord. For crying in a bucket, already full of tears! Good luck vir ENIGE mens wat in ‘n winkel iets in my handsak gaan probeer ingooi. Want tussen my e-leser, my twee selfone, my beursie wat reeds te klein is vir alles wat ek daarin prop, my sonbril, my leesbril, my pak tissues, my tandestokkies, my kar sleutels EN my spaarsleutels, ingeval ek my karsleutels binne-in toesluit (wat ek darem nog nooit gedoen het nie, touch wood), my huis sleutels – wel, dis wat ek kan onthou, so ‘from the top of my head’ – dan gaan iemand wat nog iets daar ingedruk kry sonder (f&^*n baie) sukkel en sonder dat ek dit agterkom, MOER lucky wees of iets.

Gelukkig hoef mans nie te worry nie, hulle dra nie handsakke nie. Maar hulle sal seker hul broeksakke moet watch. Hoe gaan daai ou liedjie nou weer…. ‘hou jou handsak, broeksak, gatsak, sysak, hou die hele lot toe’. Nou ja, dis amper naweek, moenie dat julle sakke oophang en julle oor die naweek in die tronk moet slaap nie. Dit gaan reën, so dit gaan ‘n koue slaap wees. And you will never be the same again😉

Ag nou ja, met al die waarskuwings gaan ek dan nou een van die dae met my handsak onder my arm vasgeknyp, my sleutel soos ‘n geweer voor my uitgehou, al stormende op my kar af en ek duik soos ‘n wafferse Brian Habana binne in my wagtende kar in, terwyl ek oopsluit, my handsak oorskiet na die vloer, my deur toeklap en sluit, aanskakel en wegjaag, alles in een beweging. Formule 1 sal jaloers toekyk vir daai moves! Want moenie luier rondom jou motor nie, anders vang iemand jou dalk. Friggin hel! Ag, on second thoughts, ek dink nie ek gaan meer my huis verlaat nie – bestel sommer alles online. So as julle my sien en my klere pas nou nie meer so lekker nie, dis online gekoop, maar ek kon dit nie voor die tyd aanpas nie. Die tegnologie is nog nie so gevorder dat mens virtueel kan aanpas nie. Tsk tsk.

Op ‘n meer positiewe noot… toe ek vanoggend gaan swem – ek was al ‘n rukkie alleen daar – kom ‘n jong seun met sy gidshond daar aan. Ja, hy is blind. Daar is bordjies by die swembad wat sê geen rook, kos, drank, diere of fietse nie. Wel, ek verstaan van rook, kos en drank (en diere ook), maar die fietse een slaan my dronk. Die swembad is onder dak. Mens moet omtrent ‘n hindernis loop om eventually daar uit te kom. So die ou wat dit regkry om sy fiets daar in te kry – good for him. Elk geval – die outjie het natuurlik toestemming vir sy hond gekry en die hele tyd wat hy geswem het, het sy gidshond doodstil op een plek gelê. Vir my was dit net so amazing dat hy kom swem. En natuurlik was ek nuuskierig om te sien hoe bly hy in sy afgebakende baan, so ek hou hom toe so effentjies dop en sien hoe hy die hele tyd teenaan die rand swem – die onderwyser wat soggens die swemklub afrig het dan natuurlik seker ook daardie baan vir hom gegee. En die outjie SWEM, hoor! Hoe wonderlik moet dit wees, en ook hoe vreesaanjaend moet dit wees, met al daardie geluide om jou, om in die water te kan wees en te swem, terwyl jy nie kan sien nie. Ek het dit probeer doen vanoggend, my oë net so rukkie probeer toe hou. Ek het heel skeef geneuk. Ek haal my hoed af vir daardie kind. Wat nie toelaat dat sy blindheid hom keer om te doen wat hy wil nie.

DIT is die tipe dinge waarmee ek my gedagtes wil besig hou. Nie met allerhande op hol jagery nie. Mag die blinde seun nog vorentoe AL sy drome verwesenlik. Hy weet dit nie, maar dis my wens vir hom. Vandag was hy my inspirasie.

19 thoughts on “Allegaartjie

  1. Sien, dis wat ons nodig het… om seker te maak dat ons nie siende blind en horende doof deur die lewe neuk nie. As ons wel daardie sintuie elke dag gebruik, is ek amper seker dat ons elke liewe dag iewers die een of ander inspirasie in mensvorm kan raakloop/sien/hoor. En as ons doen, dit regmatige erkenning gee. Jy is hoeka nog altyd ingestel daarop. Dankie tog vir mense soos jy. Jammer net daar is soveel meer mense wat so besig is om hulle spreekwoordelike handsakke dop te hou dat hulle vergeet om wyer te kyk. O, die ware verlies wat hulle uiteindelik ly, is onherstelbaar!

  2. Hoed af vir die blinde seun wat swem en sommer sewe duime af vir almal wat sulke str. . . strooi versprei oor goed in handsakke gooi. Ek dare ook enigeen om (nog) iets in my handsak te kry, want dan sal ek by hom wil gaan lesloop.

  3. Jy sal waarskynlik verras wees om te hoor dat hier by ons, kan jy nou virtueel klere aanpas voor jy dit koop. Al wat nodig is, is ‘n vollengte foto en dan shop jy tot jy drop. Die tegnologie wys jou presies hoe jy gaan lyk in die moontlike kopie. Hoe hulle die size-ding doen, weet ek nog nie, want ek het dit nog nie self probeer nie; maar, as jy my kan oortuig, kan ek altyd my liggaam daaraan waag…

  4. Evolusie is konstant besig om beter idiote te produseer, en om sulkes te probeer reghelp besorg jou net maagsere en hoofpyn. My dokter sê hoeka ek moet meer lag, en dis eintlik nogal maklik met so baie narre in die omtrek.

    En as jy klaar gelag het, elke mens (of redelike faksimilee) wat ons pad kruis het ‘n storie net so boeiend soos ons eie om te deel. Sommige se storie is net makliker om raak te sien, soos die swemmer en sy hond.

  5. Jy dink lekkerder dinge as die ander Kapenaars wat so tyd mors met handsakke… Dis darem lekker om te lees hoe jy na die blinde seun kyk- mag sy drome regtig waar word…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s