Die Lewe · Gedagtes

Sonder titel van woede

Die post het nie ‘n titel nie. Ek is te kwaad. Ek moenie meer nuus kyk nie. Nee, ek moet tog weet wat gaan in die wêreld aan. Maar soms moet ek eerder nie weet nie!

“Die Welsyn kan maar ons kinders vat. Ons maak net ander.” Ek wil ten hemele uitroep “Here, hoekom?! Hoekom gee jy vir hierdie drek kinders?! Hoekom Here hoekom?!” Kinders wat hulle by weeshuise gaan aflaai. Drie boeties wat niemand weet wie hul ouers is nie, hulle is voor ‘n kinderhuis se deur afgelaai.

Fiela het gesê die Here vergewe jou baie dinge, maar Hy vergewe jou nie die skade wat jy ‘n kind aan doen nie. En tog moet ons vergewe en nie haat nie en nie dat ons vergiftig word deur ons kwaad nie. Maar hoe ver strek vergifnis? Hoe vergewe jy ‘n ma of ‘n pa wat jou en jou boeties of sussies soos ‘n werpsel katjies iewers gaan aflaai het? Nee, diere doen dit nie. Mense doen dit. Aan ander mense en aan diere!

Die nuus vertel van ‘n projek om geld in te samel vir hierdie kinders. Kinders wat weggeneem is omdat hul mishandel word, verwaarloos word. Die nuus wys die mooiste blou-oog dogtertjie. En seuntjies met kieriebeentjies en vuil voetjies. My hart splinter in duisend stukke. As my hart maar shatterproof was.

Hoe maak mens jou kind so seer? Hoe slaan jy jou kind aaneen, tot iets iewers breek? Hoe brand jy jou kind met ‘n sigaret? Hoe gooi jy jou kind teen ‘n muur? En hoekom hoekom hoekom word sulke mense toegelaat om nog kinders te hê. Ons het nie meer doodstraf nie, maar die Here hoor my, dis al wat sulke mense verdien. Die dood. Want hulle is nie mense nie. ‘n Mens het ‘n hart. Jy kan nie DIT aan ‘n kind doen as jy ‘n hart het nie.

Soms het ek nie die guts vir hierdie lewe nie. Of eintlik nie die guts vir mense nie.

23 thoughts on “Sonder titel van woede

  1. Son hierdie skrywe is sooo ‘close to home’. Ek sit hier in woede. Ek voel ek kan moord pleeg. Die afskryf is klaar gedoen en nee, daar is nie vergewe en vergeet in my hart nie. Nooit nie.

  2. Ek self is ‘n pa van 5 seuns en kan my nie ‘n dag indink sonder hulle nie – al wil mens hulle partykeer wurg, vir die honde voer, self opvreet…

    Maar aan die ANDER kant hou hulle liefde my aan die gang, dit gee my menslikheid, dit maak dit die moeite werd. Waarom is daar nie natuurlike verwerping van daardie “pond scum” elemente wat soos ons lyk, loop en asem haal nie? Ons deel nie waardes, morele, lewens liefde denkwyses of enige van die ander konstruksie materiaal wat van ons mens maak nie. Is dit dan regtig selfsugtig of verkeerd om sulke wesens (die wat so maak teenoor onskuldiges en ander wat hulself nie kan beskerm nie) weg te probeer wens? WEG, soos in daar waai die wind die reukie weg…

    1. Ek wens hulle nie weg nie – ek wens vir hulle die doodstraf. Jammer, maar ek kan my pad op geen manier oop sien na vergifnis toe nie. En ek sal dan maar staan vir daardie “flaw” in my wese.

  3. Son, ek het eenkeer ‘n borgaansoek gedoen met 2 mense wat hul kind so mishandel het dat hy (deur die Godsgenade) op 9 maande dood is aan sy beserings. Die mediese verslag het bevind dat die enigste sensasie wat hierdie baba geken het of op gereageer het, was pyn. Nege maande, jou hele lewe, en al wat jy ken is pyn.
    Die dag van die borgaansoek was die dag wat ek besef het ek moet my werk as aanklaer los want ek wou die 2 mense met my eie hande doodmaak. Binne in die hof. Ek kon myself slegs met die heel grootste moeite beheer. En die ergste van alles was toe ek besef: Nou is ek HULLE. Ek het soos hulle GEWORD, want ek sou sonder moeite, met my kaal hande en met oop oe, albei kon vermoor. Dit was horrifying.

    1. Ek sou. Ek sou waaragtig. Hulle vrek gemaak het. En dis wat my ook bang maak. Want dan is ek hulle, met een verskil – hulle kan hulself nog verdedig het. Die baba kon nie.

  4. Ek verstaan ook nie die ding nie Son. Hoe party mense so sukkel om ouers te word, en selfs derduisende rande spandeer om swanger te raak…en dan moet mens daagliks lees en sien hoe daar sulke drek op hierdie aardbol is. Mismaaksels wat kinders en oumense mishandel, of sommer net weggooi. Ek weet ookie hoe vêr vergifnis kan strek nie, en ek hoop nie dat ek ook in die posisie geplaas word waar ek iemand persoonlik moet probeer vergewe vir so iets nie. Kwaad is ‘n understatement wat hierdie tipe nuus aan my doen.

  5. Ek WENS hulle kan sulke ouers onder dwang steriliseer. Nee, eerder ‘n histerektomie vir die ma want sy kan nog ‘n sterilisasie laat omkeer. En die pa steriliseer….. as sy weet wie hy is! Dan kan hulle voortgaan met hulle bedrywighede sonder die “las” van swanger raak…😦 Net so kwaad!!

  6. Ek het al emmers vol trane gehuil oor hierdie kinders. Ons het met minderbevoorregte kinders, en kinders in tehuise gewerk, en my hart is keer op keer aan flarde geruk wanneer jy uit die mond van ‘n kind self hoor hoe hy deur sy pa met kookwater gegooi is,….. en die vele ander seer stories wat jou so hulpeloos laat voel.

  7. Ek dink die meeste van ons stem saam met jou oor hierdie saak. Ek die meeste van ons is magteloos om rerig iets te doen,behalwe om op te voed, te praat, op te let,

  8. Nou lees ek jou juis vanaand nadat ek terugkom van ‘n lang onderhoud met ‘n maatskaplike werkster omdat my jongste nie swanger kan raak nie en met groot moeite die proses begin om ‘n tweede kindjie aan te neem.

    1. Flenters, die lewe is gat oor kop. As jy nie kan kinders hê nie, moet jy ellelange voorskrifte nakom voor jy een kan aanneem. Intussen is daar geen voorskrifte waaraan jy moet voldoen as jy sommer net self ‘n kind kan verwek nie. Jong, ek moet eerder nou net gaan slaap. My bloeddruk is al in die gevaarsone.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s