Sommer net

Waar my wasgoed son vang

Op 14 Februarie “tag” Maankind my om my wasgoedlyn/draad te wys, maar toe gebeur so baie dinge dat ek amper vergeet. Wel, eerder laat as nooit.

Ek het baie laat in my lewe eers ‘n wasmasjien gekoop. Toe my kinders klein was, het ek doeke in ‘n Steri-Nappy emmer gegooi en daarna met die hand gewas. Dit was voor weggooidoeke. Wel, daar was weggooidoeke, maar dit was regtig net vir spesiale tye, soos vakansies en ver ry.

Om wasgoed te was, was (is) altyd vir my half terapeuties. Jy hoef nie vreeslik te dink nie en kan eintlik jou kop op allerhande ver paaie laat loop. Deesdae het ek ‘n fensie toploader en ek hoef maar net kleure te skei en in te gooi, waspoeier en versagmiddel in die gaatjies en ‘n paar knoppies te druk en die res is nie my probleem nie.

Maar vir my is wasgoed ophang nogal ‘n ritueel. Hou in gedagte dat ek nie stryk nie en sover moontlik ook nie klere koop wat nodig is om gestryk te word nie. Ek loop dus met my mandjie gewaste klere wasgoeddraad toe en daar begin my OCD😉

Die agterste draad is vir beddegoed en kussingslope. Die middelste draad is vir onderklere en sokkies en die voorste draad is vir hemde, rompe en langbroeke. As daar nie beddegoed is nie, dan is die agterste draad vir die onderklere en sokkies.

20130215_180200

Goed wat pare is, word altyd reg langs mekaar opgehang. Soos dieselfde kussingslope of ‘n paar sokkies. Elke sokkie word by die hak gevat en behoorlik uitgeskud en dan aan die bokant van die enkel deel opgehang.

Elke hemp word onder die arms vasgesteek, sodat daar nie pennetjie merke aan die onderkant is nie. Elke broek of romp word aan die bokant (die middel gedeelte) vasgesteek met drie pennetjies. Een op elke naat en een in die middel.

Elke kledingstuk word ordentlik uitgeskud en baie presies opgehang, sodat dit so min as moontlik plooie of kreukels in het agterna. Elke stukkie wasgoed word ook so van die draad af netjies opgevou en in die emmer gesit. Van daar gaan dit dan rak, kas of hopie toe.

En terwyl ek nou so heen en weer tussen my drie drade loop, is dit my uitsig:

20130215_180143

Of dit:

20130215_180225

 

En soms speel Kattie so bietjie tussen die wasgoed deur

20130215_180308

 

En in die winter gebruik ek wel my tuimeldroër – ek maak elke aand my handdoek warm daarin voor ek gaan bad, want ek doen nie goed met koud kry nie. Verder sal ek net as dit reën die tuimeldroër gebruik, en elke bietjie winterson gebruik om my wasgoed droog te kry. Baie keer sal ek dit wel van die draad af vir so ‘n paar minute in die tuimeldroër gooi, net vir daardie ekstra bietjie droog en warmte.

Fluit fluit, my wasgoed storie is uit. O ja, NET ek hang my wasgoed op. Nog al my lewe lank.

27 thoughts on “Waar my wasgoed son vang

  1. Ek is ‘n absolute blog-nuweling,maar ‘n ou wasgoedwas-verslaafde. Daardie son op die kaal voorarms en die dink, dink, droom…
    Ek verstaan daardie ritueel en het dit lief. Deel van my Maandag-malheid.

  2. Son, ek het ‘n vriend wat sy wasgoed sommer net so oor die lyn gooi – geen uitgeskud nie, geen pennetjies nie. En elke keer as ek dit sien dan ontstel dit my soos ‘n toneel by ‘n slagpale!! Wasgoed moet NETJIES gehang word😉 En ja, kom bly maar in die Karoo. Ek kan dit aanbeveel.

  3. Ek sal vir my ‘n heerlike kamp-stukkie opslaan met stoel en koeldrank bankie, die mandjie eenkant los, en net die lafenis wat die natuur bring, opdrink . . . die foto’s is asemrowend mooi!

  4. Ag, ek is so bly om te sien waar jy bly, en nee, dit sou nie maak dat ek twee keer ‘n dag wasgoed was nie🙂 ….dog ek’s die enigste een met ‘n mooi uitsig….maar kyk nou net ons mooie land van die bloggers!!!!

  5. Ek het nou kliphard gelag !! Vir regtig het ek gedink dit is net ek wat effens CDO (is meer logies so) eienskappe openbaar met my wasgoed. Ek lees myself hierso hard en duidelik.

    Niemand sien kans om saam met my wasgoed op te hang nie. Skoonsus het eenkeer probeer en later agteroor gesit soos sy haar vergaap aan my. Nou as ons skouerskuur in die Weskus doen sy die was gedeelte en sê : wag, wag, ek wil kom kyk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s