Die Lewe · Sommer net

Saterdag se dinge

Saterdag gaan ek saam met my een sus en haar twee seuntjies – eers gaan doen ons die Cool Runnings ding. Ons koop 20 ‘rides’ en koukus onder ons grootmens-self dat dit heelwaarskynlik heeltemal te veel is. Die meisie by die toonbank sê ewe ons hoef nie alles op een dag op te ry nie. So trek ons daar weg, maar teen elfuur wonder ons of ons nie dalk nog 20 moet koop nie😆 Die seuntjies is 5 en 7 jaar oud nie, dus moet hulle elke keer saam met een van ons ry. Maar ons kom gou agter die een van 7 is ‘n gebore renjaer! Ek en sy ma sit agteroor in die karretjie as hy saam met een van ons ry en hy hanteer daai stuurstok soos ‘n pro. Ons vra mooi en die ou by die beheerpunt gee toestemming dat hy een keer op sy eie mag ry, op voorwaarde een van ons bly kort agter hom, net om bevele te skree indien hy oorboord gaan. Wat toe glad nie nodig was nie. Ek wil ‘n video neem, en volunteer om agter hom te ry as oppasser en filmmaker. Wat ‘n “thrill”! Maar ek moes laat waai om by te hou!

Hier gaan ons:

Hierna durf ek saam met haar ‘n kinderpartytjie aan, van ‘n 3-jarige. Ek staan verstom oor die skaal waarop daar deesdae kinderpartytjies gehou word. Nie sommer net in die agterplaas met ‘n tafel vol soetgoed, soutgoed en drinkgoed nie. Nie sommer net jou kind aflaai en later vanmiddag weer kom oplaai nie. Nie aan-aan speel of sulke ordinêre kinderspeletjies nie. Nee, o genade!

Die partytjie is op ‘n wynplaas, wat lyk my spesialiseer in hierdie ding, want daar was terselfdertyd nog twee kinderpartytjies aan die gang, elkeen in sy eie afgebakende spasie. Daar is egter een groot springkasteel en ‘n “slip-‘n-slide” waar al die kinders van al die partytjies deurmekaar speel. Ek sit en verkyk my aan alles. Dis hier waar ek sien hoe kinders werklik kleurblind is. Hulle speel met mekaar en val en spring en loop hand om die skouer – ongeag wit, bruin, geel of pers. En ek wens so dat dit kon verder uitkring as net by ons kinders. Maar op die stoep sit die ouers maar nog in klompies-klompies – elke kleur so min of meer bymekaar. Al is jou kind genooi na die partytjie, dit sukkel nog maar om te voel ons is almal dieselfde.

Die kinders kry elkeen ‘n gedekte plek, met koek, ‘n emmertjie vol soet- en soutgoed (wat hulle mag huis toe vat). Die partytjie begin twee namiddag. Drie-uur word daar hamburgers en skyfies vir die kinders bedien. Met twee soorte sap. So halfuur daarna word daar ‘n paar groot borde met verskillende eetgoed uitgebring, vir die grootmense. Ja, want die pa’s en die ma’s is ook genooi. Hulle sit elkeen met ‘n drankie in die hand en eet saam. Party gesels met dié wat hulle beter ken. Te lekker. Kort na vieruur word daar begin om op te ruim deur die kelners en almal begin huis toe staan. Partytjie is oor en verby en die ma van die verjaarsdag dogtertjie kan teruggaan na ‘n skoon huis – en vermoedelik ‘n heelwat ligter bankrekening. En ek wonder so in die stilligheid by myself ‘as die derde verjaarsdag nou al so gevier word, hoe lyk dit by sestien, om dan nou nie eers te praat van mondig word nie’😉

Ek het opgeëindig as die aangewysde fotograaf en ek het dit baie geniet. Kinders is seker van die oulikste en interessantste modelle, ongekunsteld en min gepla oor hulle regte, beste profiel. Hier is ‘n paar foto’s:

Roomys lyk SO op mens se mond!
Roomys lyk SO op mens se mond!
Twee van als ;-)
Twee van als😉
Kinders moenie in die water mors nie
Kinders moenie in die water mors nie
Of dalk filosoof eendag?
Dalk filosoof eendag?
Die denker
Die diep denker
Moet ek dié koek eet?
Moet ek dié koek eet?
Die verjaarsdag dogtertjie
Die verjaarsdag dogtertjie

 

24 thoughts on “Saterdag se dinge

  1. Daai cool runnings lyk darem maar lekker. Ek sal heeldag daar spandeer. Ja, die partytjies ruk hand uit deesdae. Gelukkig was Rooikop se laaste partytjie (geborg deur Ma) laas maand want na 21 betaal jy maar vir jouself😉

  2. Ek kan my verluister aan ma’s wat hierdie partytjies beplan. Meeste kere is my eerste gedagte – wat de dinges gaan jy doen die dag sy matriekafskeid toe gaan of hemele behoede my – trou!!! Kinders se skaamtelose voluit leef irrelevant van jou herkoms wat hand aan hand loop met hulle (by tye te) eerlikheid is hoekom ek meer van kinders as ‘grootmense’ hou

    1. Ek is regtig so bly my kinders is groot, alhoewel dit nie altyd lekker is dat hulle nou iewers elders lewe nie. Ek sou in elk geval nie in hierdie tye kon byhou by die Jones’e nie😉 Soms wens ek ek was self nog kind en soms laat weet my lyf my ek moenie my verbeel ek is nie!

  3. oulike post …

    ons het ook al die kids hiernatoe gevat, en omdat ek meer adventurous hierdie jaar wil wees, het ek gese dat ek ook cool runnings wil doen .. hoekom dan nou nie?

      1. ek wag vir my vriendin wat in londen bly om suid-afrika toe te kom – sy kom gewoonlik in feb/maart vir ‘n maand, so dan gaan ons organise. dit gaan definitief gebeur. sal jy ‘n daggie kan afvat as dit dalk in die week gaan wees?

      2. sal hoor wat hulle se. sal cool wees as jy saamgaan. ek gaan die video ook laat neem … definitief. there has to be proof ..!!

  4. Dis ‘n “lekker” blog hierdie -lekker menslik, lekker prakties en laat ‘n lekker nasmaak (as jou beursie dik genoeg gaan wees)

  5. Ja nee kyk! die party kan nogal deesdae ‘groot ding wees! My dogter word Sondag 13 en ek moes ma my voet neersit en die maatjies beperk – sy wil ‘n pamper party doen, hare, naels, facials, the works – Oh my Word!

    1. Ek het nogal gesê hy is gemaak vir iets met wiele😆 Ek is bly ek het nie meer klein kindertjies nie, my begroting sou dit nooit gehou het nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s