Gedagtes

Week se onthou en lesse (1)

Ek gaan probeer om so elke Vrydag iets hier neer te pen wat my week spesiaal gemaak het, of wat my ‘n les geleer het, of wat ek gesien het wat mooi is. Ek sê ‘probeer’, want ek raak gou verveeld, veral as ek iets MOET doen.

So, hierdie week het ek…

geleer dat dit nie SO sleg is om 5 uur in die oggend op te staan nie, dat die dag op sy mooiste is wanneer die son oor die berge begin loer. En dat ek definitief op een van die mooiste plekke in ons land bly – ek vergeet nooit dat ek op ‘n tyd ver weg van hier af was nie – en ek is elke dag dankbaar vir die prentjie rondom my as ek werk of huis toe ry.

besef dat my reaksies nog vinnig genoeg is (veral in die lig van dat ek NIE ‘n oggendmens is nie en dit net na 5 in die oggend was) toe ‘n baba eekhorinkie “out of nowhere” oor die pad hol, halfpad verbouereerd vassteek en weer terughol. Ek wens ek kon betyds ‘n foto neem.

gesien hoe mooi is ons jongmense eintlik. Die dorp is weer vol, al die eerstejaars het aangekom. Vroegdag loop hulle in groepies deur die strate. Ek hoop hulle besef hoe bevoorreg hulle is om te kan studeer.

geleer dat as mens vir party mense sê “see you tomorrow” dan neem hulle jou op jou woord en wag hulle more vir jou, soos die ou Engelse oom wat nou elke oggend saam met my ‘n baan in die swembad deel (en vir my plek hou).

besef dat my bestuursvermoë dalk wakker is teen 5vm, maar dat daar dele van my brein is wat beslis nog slaap, toe ek amper met my sokkies aan in die swembad gespring het. Gelukkig het ek onthou om my klere uit te trek en my swembroek aan te trek😈

geleer dat ek ‘n mislike mens is as ek nie een of ander oefening in my dag inpas nie.

vrede gemaak daarmee dat ek regtig hoogstens EEN keer ‘n week hoë hakskoene sal kan dra😦

17 thoughts on “Week se onthou en lesse (1)

  1. Vroeg oggend is die beste tyd….as die voëls begin wakker word, en dit word so bietjies-bietjies lig – en jy weet die sonnetjie is oppad…….aai, daai eerste koffie oppie stoep!

  2. 5 uur die oggend is pragtig, en nou weer 7 uur die aande ook. Rustig stil. Miskien moet ek ook my swembad vroegoggend aanvat soos jy.
    Hou aan met die inskrywings (werfjoernaal) van goed en mooi. Dit is salwend vir die siel.

  3. respect ..!! ek ook nie ‘n oggendmens nie – ons gaan gym ook nou weer, maar definitief nie 5 uur nie …😉

    ons het gister op die bike daar in jou valley gery …😉

  4. Vyf uur is ook nie vir my ‘n goeie tyd nie….
    Dankie vir jou insiggewende inskrywing. (Wonder steeds of daar nie ‘n ander woord is wat ‘n mens vir ‘n blogpost kan gebruik nie…)

  5. Mal ekke ry vandag 50 km tussen 10hoo en 12h15 in anderkant 34 grade hitte- ek wens ek kon soos jy en daardie mal ou in Pretoria0-Noord 05h00 opkom! Maar dan is dit nog pikdonker op die pad. Ek is regtig trots op jou, en Kahuna, se deursettingsvermoë!

    1. Kry vir jou een van daai koplampies, soos die myners😉 (Het ek al vertel dat ek Duin 7 in Namibië om 12 uur in die middag in November gaan klim het? TOT BO! DIT is mal!)

  6. Ek love 5 uur in die oggend, vir my is dit as good as the day is going to get. Daai tyd van die oggend behoort die wêreld aan my, so ek was skoon oorstuur toe daar skielik aan die begin van die maand ‘n klomp mense in MY strate gedurende MY tyd rondloop. Gelukkig het 90% van hulle intussen weer opgegee.
    Het ek genoem dat vyfuur in die oggend my gunsteling tyd is?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s