Ongeklassifiseerd

Feite bly vreemder as fiksie

Message+in+a+bottle

Op 27 November 2010, in die middel van die Atlantiese Oseaan, gooi kommodoor Darren White, die kaptein van die SAS Charlotte Maxeke, ‘n bottel met ‘n boodskap in, in die see. Die duikboot was net klaar met oefeninge saam met Suid-Amerikaanse vlote en oppad huis toe vanaf Argentinië.

Op daardie oomblik het Darren nie gedink hy sal die bottel ooit weer sien nie en het hy hom probeer voorstel dat die bottel sal opeindig op een of ander eksotiese plek.

Darren vertel: ”Argentinië is bekend vir sy wyn en beesvleis en ons het baie daarvan geëet en gedrink. Ek het ʼn wynbottel van ʼn funksie oorgehou terwyl ons verby Argentinië gevaar het. Ek het die boodskap getik en ʼn foto van die bemanning saam met die boodskap in ʼn plastieksakkie in die bottel geplaas. Die bemanning het gelag toe ek die bottel in die see gooi.”

Die getikte boodskap was:

“Hello to whoever finds this. I have never done this before so am not sure of the result. Hopefully this bottle remains intact and travels several thousand miles to distant shores. My name is Darren White. I am the captain of the South African Submarine SAS CHARLOTTE MAXEKE. We are in transit back to South Africa from exercises in Argentina and Uruguay. This bottle was ditched in position 40’00’S 008’55.7W.”

Nie in sy wildste drome het Darren gedink die bottel sal sy duikboot amper tot terug by die huis volg nie, al het dit twee jaar en twee maande gevat en ongeveer 1600 seemyl.

Die bottel het by Pringlebaai uitgespoel, 20 seemyl weg en oorkant Valsbaai. Heinz Modricky van Somerset-Wes en sy seun het verlede Saterdag gestap vanaf Pringlebaai na Hangklip. Daar was die gewone opdrifsels op die strand, maar toe sien Heinz die wynbottel met die kurk steeds in en iets binnekant. Hy het vir sy seun gesê: “Kyk! Hier is ‘n boodskap in die bottel.” Hy het foto’s geneem en toe die bottel oopgemaak. Eers was hy teleurgesteld, want hy het gedink die bottel het daar uitgespoel vanaf Simonstad. Toe lees hy die boodskap weer en besef waarvandaan die bottel eintlik kom.

Darren het ‘n e-pos adres in die nota geplaas, maar die ink was reeds te dof om dit uit te maak. Heinz besluit toe om ‘n boodskap op ‘n webwerf te laat. Iemand het dit raakgesien en die Vloot gekontak en teen Saterdagaand het Heinz ‘n selfoonnommer gehad waar hy Darren kon kontak.

Darren is verheug dat Heinz die bottel aan hom terugbesorg het en die foto’s wat geneem is met die oorboord gooi van die bottel, tesame met dié wat Heinz geneem het toe hulle die bottel gevind het, gaan nou in die duikboot se dagboek verewig word.

“Enigiets kon met daardie bottel gebeur het, dit kon gesink het of gebreek het, maar dit het al die pad terug huis toe gekom. As ek hier by my werk in Simonstad staan, kan ek oor die baai kyk en die plek sien waar die bottel uitgespoel het,” het ‘n steeds verbaasde Darren opgemerk.

So… WIE DINK NOG STEEDS NIE DAT FEITE SOMS BAIE VREEMDER AS FIKSIE IS NIE?

Bron: http://www.timeslive.co.za/local/2013/01/16/sa-captain-s-message-in-a-bottle-floats-to-cape-town-two-years-later

7 thoughts on “Feite bly vreemder as fiksie

  1. Nice, so terloops , ek het ook al ‘n ‘message in a bottle’ gekry op die strand. Die gebeurtenis bly iets baie magies, al het daar nou nie juis iets daarvan gekom nie? (in my geval wou die boodskapper maar net ontslae raak van emosies, en nie gekontak word nie)

  2. Die gevoel wat dit wek is amper een van gerusstelling – dat die aarde eintlik tog nie so groot is nie, dat daar nog goeie mense is vir wie ‘n werk en kollegas nie net ‘n werk en kollegas is nie en dat daar mense is wat omgee en sal moeite doen vir ander. Lekker!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s