Die Lewe · Gedagtes

Melankolies

Dis maande laas wat ek Sunday-blues gehad, maar soos ek hier sit en skryf is my gemoed so blou, is eintlik middernagblou. For no real reason and for so many reasons. Ja, ek weet dis reëlreg in stryd met mekaar. Maak dit nie minder waar nie. Ek wil in ‘n hoekie gaan sit en huil en huil. Ek wil huil oor mense wat ek nie ken nie, ek wil huil oor plekke wat ek nog nooit gesien het nie en dalk nooit gaan sien nie. Ek wil huil oor my ma. Ek wil huil oor jare wat ek gemors het op mense wat dit nie werd was nie. Oor kanse wat ek verspeel het, oor drome wat ek laat vervaag het in die elke dag se lewe. Ek wil my siel skoon was met my trane.

Ek dink ek het nou seriously nuwejaarsblues. En tog en tog…

Ek weet dat hierdie my kruispad jaar gaan wees. Ek voel dit binne in my hart, ek voel dit buite aan my broek se gat. 2013 gaan MY jaar wees. Hoe, waar, hoekom, wanneer… dit weet ek nie. Ek WEET net. Ek gaan nie die lotto wen nie, ek gaan nie die Nobelprys wen nie, ek gaan niks aardskuddends vermag nie. Ek weet net ek gaan meer Son in my lewe in laat, meer lag, meer die lewe LEWE, meer mooi vind in elke dag, meer moeite met en vir myself doen, meer mooi skoene dra, al is die hakke hoog. Minder kla as dit reën, minder die winter haat, al sal dit ‘n moeilike een wees daai. Minder die weke om wens na naweek toe. Meer lees, meer skryf, minder uitstel, minder prokrastineer.

Mense en dinge wat my energie tap en my lag steel, vermy sover ek kan. Nie energie mors op mense wat my kwaad maak nie, hulle net oorlaat aan die karma van die “universe”. In kort… ek wil gelukkig leef, met ‘n vrye gees.

En hierdie is nie nuwejaars voornemens nie. Dis lewensvoornemens. Ek gaan elke dag van 2013 aangryp, en op 31 Desember 2013 wil ek terugkyk en sê; “Bliksem, wat ‘n jaar was 2013! Bring it on 2014!”

Carpé Diem! Heel jaar lank!

27 thoughts on “Melankolies

    1. Ek gaan vir jou woorde gee wat ek gisteraand iewers gelees het – het nou vergeet wie die wyse was wat dit gesê het – “It takes just as much effort to be unhappy as it takes to be happy. So rather be happy.” Ek gaan happy wees. By the way – ek het gedroom oor Philadelphia – ‘n goeie droom😉

  1. Dit voel nie vir my asof ons in ‘n nuwe jaar is nie . . . so al asof die ou een nie behoorlik geeindig het nie . . . miskien omdat ek nie af was nie. Sterkte en go get them!!

  2. Straal, ek het ‘n heerlike vakansie in die Kaap gehad en het ook die hele pad terug hol-kol gery. Maar Gauteng is so groen en mooi, ek gaan maar weer so tussen die lower deur die uitdagings aanpak. Het ‘n interessante voorneme op die sondek gehoor: ” ek gaan minder nice wees” – ek skat dit beteken meer selfgeldend🙂 Mooiste wense vir 2013!

  3. Goed gestel, Sonkind—— miskien is dit wat fout is? Miskien moet jy die kouevuur laat uitbrand en weer ner Sonkind word? Ek weet nie? Ek weet net een ding —– jy’s op die regte spoor! Vat hom, Flaffie, high heels en de lot!

  4. Ek wil ook al daai dinge doen. dis net die Jimmy Choos wat nie by my khaki broek gaan pas nie. Ek voeg maar in vir my “meer kaalvoet loop”.

    Jou skrywes gee aan my energie. Amper soos die weduwee se kruik. Hoe meer jy skryf, hoe meer enrgie en insig deel jy uit. Neem nou byvoorbeeld jou stukkie edelsteenskrywe oor onbekend is onbemind. Ek is ‘n gebore bobbejaansberger. Die helfte van my as moet eendag op die vier sirkels van die Gilooly’s interseksie gestrooi word. Die ander by die laagwaterbruggie in die visriviercanyon. Ek raak woedend as mense my tipeer. Na die les van die betrokke stuk kon ek nou die dag objektief Dana Snyman se relaas oor Gautengers lees sonder dat my sistoliese druk laat diaboliese afmetings aanneem.

    Niks aardskuddends nie!!!!!! Don’t sell yourself short lady!!!!!!!!!! Just keep ’em coming.

  5. Ek sien met my hele hart uit na die meer skrywes wat jy beplan , dit gaan die lekkerste lekker vir my wees, en ek hou van die cherrie so op die koek ” Bliksem wat ‘n jaar was 2013 !” Steek tong uit vir die droefnis, glo daar is soms minusse maar jy het dit beslis in plusse verander.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s