Gedagtes

Waag en Daag

Die Merrie *SUG* het besluit ons is nie eerlik genoeg nie🙄 Toe daag sy ons uit om te waag

Dit werk glo so:

Vir die volgende 24 uur kan julle my enige iets “truth or dare”. Julle kan my enigiets vra en ek MOET die waarheid vertel. Julle kan my ook uitdaag om oor enige iets te skryf. Ook om te doen, maar dan gaan julle my woord moet aanvaar dat ek wel het. Of dalk kan iemand my afneem – afhangende…😉

Daar is net een belangrike reël. Geen “truths” oor identiteit, werk, adresse of wat net dom is om op ‘n openbare forum uit te blaker. Verder… GO for it!

Ek tag dan ook weer vir

Slakkelak

Dirkie

Donkie (hy blog glads te min deesdae)

Heuningby

VlamVy

Die waarheid, net die waarheid en niks minder as die waarheid nie😆

28 thoughts on “Waag en Daag

  1. Wee jy, ek kan nogal die HerrieMerrie hierdie een sien uitdink! Sy’t mos ‘n onblusbare belangstelling (nuuskierigheid?) in ander mense. 🙄

    Ek gaan ook lekker lame wees. Ek stel nie belang om te weet wat mense nie wil deel op ‘n blog nie. Ek lees wat jy en ander bloggers skryf, en eerlik, ek sit nie en wonder oor ulterior motives of moontlike geraamtes nie. So, ek’s tevrede as jou geheime jou geheime bly.

    In die laaste jaar of wat, het ek doelbewus ‘n (lae) muurtjie om myself gebou, en ek wil dit graag so hou. In elk geval, ons is net ‘n epos of Facebook message uitmekaar as daar regtig goed is wat ons WIL bespreek – soos ons al gedoen het. :mrgreen:

    Ek hoop daar’s vergifnis in jou hart vir my. 😉

    1. Ag VlamVy, vir jou vergewe ek enigiets. Ek blog so min deesdae dat ek maar saamgespeel het. Dit het my iets gegee om te skryf😆

      Jy wil nie dalk volgende week Johannesburg toe ry nie, en vir my kom hello sê nie?😉 Serious..

      1. Eeeuuwww…Johies toe ry?? Nee, mens, dis Sodom en Gomorra daai! Maar ek het hierdie ding in my kop dat ons eendag in Graaff Reinet moet ontmoet, don’t ask me why! 😆

  2. Dankie Son🙂 Ken nie Pure Poison nie… ek hou nogal van Chanel se goed en dit kan ek een maal elke tien of vyftien jaar bekostig🙂

    1. Ag, ek steur my nie aan tydsbeperkinge nie😉 my heel favouritste is Pure Poison van Dior omdat dit hemels ruik aan my. Meeste parfume ruik soos katpie aan my. Tweede favouritste is Charlie (die blou een) van Revlon. Die een kan ek een maal ‘n jaar bekostig. Die ander een darem meer kere🙂

  3. MnrNel – gaan vir goud. Ek lief ‘n lekker debat – ek mag dalk net jou brein terug pick🙂 Oor die fliek: – Ek het al so baie flieks in my lewe gesien – daardie is nogal ‘n moeilike vraag. Ek gaan moet meer as een gee – een is waar Klara Viljee met haar donkie die duin probeer skuif in Die Storie van Klara Viljee. Ander een is waar Jodie Foster in The Brave One wegstap en sy en die speurder weet albei sy is die een wat wraak geneem het vir haar verloofde se dood. Daai fliek het my tussen die ribbes geslaan. Dan is daar Tears of the Sun waar Bruce Willis moet besluit of hy al die vlugtelinge ook gaan probeer red en nie net die dokter nie – daai oomblik wat hy die besluit neem. En dan is daar woorde wat my na jare nog bybly – dié van Michael J Fox in Casualties of War – “This ain’t no war, Sir. This ain’t no goddamn war!” toe die soldate die Vietnamese meisie verkrag het. Selfs in oorlog bly moord moord. En verkragting ‘n misdaad.

    1. Dankie vir ‘n baie volledige antwoord. Ek vra maar want dis daardie scenes wat ons oor en oor as stepping stones loop. Ek weet van hulle en sal moeite maak om al drie te soek en te sien.

      Die probleem as mense my brein pick dan steek my meer verligte onderrok uit. Herrinner my oor 3 maande dan sal ek bietjie vis in jou sinmaak van pynlike dinge. Ek moet se ek is bly om die waaghalsige son weer te sien kop uitsteek.

  4. Ek kan aan ‘n paar baie persoonlike temas dink waaroor ek jou brein sal wil pick omdat ek weet jy kan met insig daaroor skryf maar ek sal eerder nie nou daar krap nie. Ek wil net weet wat is jou mees favouritste scene van enige fliek en hoekom.

  5. Oe!! Goody!!! Is daar ‘n limiet?

    Truths: Was jy al ooit spyt dat jy die mens agter die blogger aan ander getoon het?

    As jy iemand sommer net vir die lekker ‘n snotklap kan gee, wie sal dit wees en hoekom?

    Hou jy van hoe jou kinders uitgedraai het?

    Wat is die grootste leuen wat jy ooit vertel het? Is jy spyt daaroor?

    Daag: Ek daag jou uit om jou wildste en stoutste fantasie op blogland te deel.

    Ek gaan gou aan nog dink. Daar is nog baie ure voordat die 24 uur op is.

    1. Of ek al spyt was ek het die mens agter die blogger aan ander getoon? Ja en nee. In ‘n mate is ek spyt dat meeste mense wat my ken, veral familie, deesdae hier lees. Dit beperk my soms om te skryf oor hoe ek REGTIG voel. Elke mens het ‘n afpak plek nodig. My blog was in groot mate daardie plek, veral toe ek nog op sonkind geblog het. Ek het al ‘n ander blog probeer begin waar ek anoniem is, maar dit werk toe nie so lekke rnie. Ek is ek en ek dink ek is nou al okay daarmee dat mense my ken hier en weet wie ek is op papier en weg van papier of die skerm af.

      Snotklap – enigiemand wat soos ‘n boks bestuur. Enigiemand wat gesuip raak en hom dan soos ‘n groter boks gedra. Spesifieke iemand? Ek ken nie op die oomblik mense wat ek wil klap nie, ek vermy gewoonlik diesulkes.

      Elke ma wil die beste vir haar kinders hê. My kinders is grootgemaak om vir hulself te dink en te kies. Daar was tye wat ek nie met hul keuses saamgestem het nie, maar ek het dit altyd respekteer. Waar hulle albei vandag in die lewe is, is ek doodgelukkig mee. Solank HULLE gelukkig is. Ek vra niks meer of minder nie. Albei van hulle laat my soms in verwondering staan om te dink ek het so iemand wonderlik in die wêreld gebring en grootgemaak.

      Die grootste leuen: Ek is okay. Nee, ek is nie spyt nie. Soms is dit nodig dat net ek weet hoe okay ek NIE is nie.

      Ek sal gaan dink oor daai fantasie, maar dit kan dalk net amper grens aan 50 skakerings!😈

  6. Nee o dinges… erg genoeg om met man van die gereg getroud te wees , en dan was hy nog in ‘n afdeling wat erg ongewild was, voel kompleet soos ondervrae…. daar is wraggies niks aardskuddend wat nie alreeds uitgeblaker is so via my blogs nie . Dankie …

    1. Ek glo met my hele hart daaraan. Die lewe gee aan jou terug wat jy uitdeel. Dit gebeur net nie altyd op die tyd wat ander mense dalk sou wil hê nie, maar so seker soos more gebeur dit wel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s