Raak gelees

die skoene moet jy dra

al die paaie wat jy loop
al die draaie wat jy stap
al die strikke wat jy aftrap
al die grond wat jy koop
gaan sit in jou knieë
en die klere aan jou lyf
en klou aan jou treë
en trek jou rieme styf

al is jou spore vergete
al is jou sole verslete
al is die pad lank en swaar
die skoene moet jy dra

al die spoke wat jou jaag
al die spore wat jy trap
elke keer wat jy ontsnap
elke hek wat jou vertraag
skiet wortel in jou bloed
en rank tot in jou vuis
en klou aan elke voet
wat jou dra tot by die huis

al is jou spore vergete
al is jou sole verslete
al is die pad lank en swaar
die skoene moet jy dra

jou verlede
klou verbete
aan die veters
van jou gewete

(Valiant Swart)

3 thoughts on “die skoene moet jy dra

  1. Dis dan so mooi Herriemerrie. Ek soek bietjie inspirasie – hier’s vele. Ek’s in ‘n bloggersgroef al vir te lank. Dalk moet jy my onthou wanneer jy weer eendag ‘n wilde ‘dare’ uitdink om my bloggersbrein bietjie vlerke te gee. Lekker dag!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s