Musiek

Lappieskombers

Kom luister saam VlamVy – want ek weet jy like hom ook😉

Lappieskombers

Jy verlam my met jou kyke

jou woorde en jou reuke

wat ruik soos lentebloeisels

wat weer na die Boland kom.

En ek plant jou in die Namib,

ek lei jou nat met soetwit

dan kyk ek dat jy opkom

in die glim van die môreson.

En ek bid jou vas in spierwit

wolke wat hier laag sit

om jou vir altyd veilig

in ‘n donskombers te hou.

 

Want jy’s die sout wat keer dat

ek sleg raak

Ja, jy’s die sif wat keer dat ek

wegraak

Ja, jy’s die hande wat bid,

jy’s die gom waaraan ek vassit.

Jy’s my lappieskombers in ‘n

koue wintersnag.

Ja, jy’s my lappieskombers in ‘n

koue wintersnag.

Jy’s my eerste potjie koffie,

my laaste sigaret

Jy’s die droom waaraan ek vasklou

as ek niks meer hier oor het.

Jy’s my storm in Augustus,

my kwaad doen se vergifnis,

die engel wat my oppas

as niemand by my wil staan.

Jy’s die laatmiddag son

wat nes skrop in my skoot

jy’s die laaste mens wat ek wil sien

op die dag van my dood.

En nog een van hom – baie hartseer song:

6 thoughts on “Lappieskombers

  1. Kan nou nie by die werk like nie.
    Kan ook nie luister nie.
    Maar gaan vanaand beslis ‘n poging aanwend.
    Nou die dag gesit en dink aan Afrikaanse woorde in liedjies. Moeilik om die betekenis aan iemand anders te beskryf, maar dit werk net alles so mooi saam.
    Dit is eintlik ‘n heel bruikbare taal😉

      1. Ek soen oor die algemeen nie regtig Afrikaanse musiek nie. Kurt Darren laat my kramp waar ek nie eens plekke het nie! Om nie van Liani may? te praat nie.
        Maar hierdie jong man se klank werk vir my.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s