Die Lewe · Gedagtes

Dis ‘n fokop as mens se ma dood is.

Daar word gesê mense gebruik vloekwoorde om hulself uit te druk as hul woordeskat beperk is. Glo my, my woordeskat is so groot soos die Here se genade, maar soms kan net ‘n vloekwoord iets verwoord. Nie al die woorde in die dikste woordeboek kan presies vertel wat se fokop dit is as mens se ma dood is nie. Weg. Vir altyd. Soos in absoluut weg vir die res van my lewe.

Dis die laaste keer wat ek sal skryf hieroor, want ek weet niemand weet regtig wat om te sê vir iemand wat ‘n geliefde verloor het nie. ‘Ek is jammer oor jou verlies. Sterkte. Dink aan jou.’ Ja, ek weet en ek waardeer. Ek het self al daai woorde al vir ander gesê en dit uit my hart bedoel. Dis net, dis net woorde. Dit troos vir die oomblik. Dus skryf ek hier, want dis al waar ek bloed eerlik kan sê hoe ek voel. Hoe dit met my gaan. Sonder dat ek ‘n gesig hoef op te sit. Sonder dat ek die binnekante van my kieste stukkend hoef te byt om nie my hart uit te huil nie.

My ma was oud, ja. Sy het ‘n goeie lewe gehad, ja. Teen die einde was sy baie siek en ons het gedink dit sal genadiger wees as sy gaan, ja. We knew nothing! NIKS! Want as mens se ma dood is, is NIKS ooit weer dieselfde nie. Ek het gedink ek is sterk. Ek het al woeste battles geveg in my lewe, dinge oorleef waarvan net die heel naastes aan my weet. Ek is ‘n tough cookie. So much for tough.

I am a mess. Ek val op die mees onverwagte, mees ongeleë tye uitmekaar. Ek sal vandag heel okay wees, net om more uit die bloute iets heel onverwant op ‘n onmoontlike plek te onthou en in ‘n splitsekonde my ma glashelder voor my te sien staan. Dis soos ‘n vuishou uit die bloute. Soms huil ek nie, die trane loop en loop net uit my oë en niks wat ek doen kry dit gestop nie.

Ek haat dit om so ‘n pissie te wees, om nie beheer te hê nie. Ek sien ander ou mense, ouer as 72, en hulle is okay. En my ma is dood. Ek wil iemand met die vuis bliksem. Ek wil iets slaan, enige iets. Soms kry ek nie asem nie, elke asemteug moet ek iewers diep diep gaan uithaal net om genoeg suurstof in te neem. Ek wil myself neergooi en skree dat ek my ma wil hê, soos toe ek klein was.

Ek sit soms vir lang tye net en doen niks. Iets wat vir my vreemd is, maar ek voel te moeg om my arms op te lig. En ek word de bliksem in vir myself daaroor. Want dis nie ek nie. Maar ek weet ook nie hoe om daaroor te kom nie. Ek kan vir rukke normaal funksioneer, en dan strike dit my sy is weg. Nie in ‘n ander dorp nie. Weg. Heeltemal net weg. Vir die res van my lewe.

Ek weet ek moet iemand gaan sien. Ek het genoeg savvy om dit te weet. Maar ek is nie lus nie. Nie lus vir derms ryg in iemand se spreekkamer nie. Nie lus vir ‘happy pills’ drink nie, want niks gaan my ma minder dood maak nie. Nou skryf ek maar hier. Daar is ‘n gat in my hart, in my lewe. Ek weet nie lekker wat om met daai gat te maak nie. Eendag sal ek hopelik leer saamleef met daai gat, want daar is niks anders wat mens KAN doen nie. Ek het nie meer ‘n ma nie. Sy is regtig dood. Dis ‘n fokop.

347 thoughts on “Dis ‘n fokop as mens se ma dood is.

  1. Jy is so reg! Daar is nie ander woorde om dit te beskryf nie…. vir altyd weg Wanneer ek hartseer is, hou ek haar gunsteling sagte pienk komberse styf vas en raak so aan die slaap🥺

  2. Wie is jy en Hoekom het Ek nou eers oor jou woorde gestruikel?
    Jy is flippen amazing.
    Ek weet presies wat jy voel.
    En jy is so reg.
    Ek sit een aand laat en doen naaldwerk en n vrou sing op die radio.( My Ma was so 6 maande oorlede.).
    Haar ma is dood en sy sing vir haar
    My sisters and I fought over your pearls. Dont worry. I won. I will never forget you , cry every time I wear your pearls.
    Nou ja. Daar het jy dit.
    My sister het meeste van my Ma se goed gevat.
    Maar Ek het al die herinneringe gekry want Ek was gereeld by my fabulous Ma.
    Ons het uitgeeet. Sy het my kinders op haar heup gedra. Ons het klere saam gemaak.
    Sy het n stoute sin vir humour gehad.
    Ek het haar mooi bene gekry. Ek is so dankbaar Ek het haar geken.
    We lang elke dag.

    1. Ek is Anne-Marie en ek verlang na 12 jaar nog baie dae na my ma. Haar nommer is NOU NOG op my foon, al behoort dit seker nie eers meer aan haar nie. Want as ek na die nommer kyk, is daar n foto van haar daar. Sterkte Iris – dit word beter, maar dit gaan nooit weg nie xxx

  3. Beter kon ek dit nie self gesê het .ja dis n totale fokop..as jou ma en pa dood is en eintlik wil jy hulle net nog vir n rukkie by jou gehad het…glo my dit word nie beter nie…jy leer net om met dit saam te leef. My hart breek vir die wat nog hierdeur moet gaan…

  4. Sjoe, hier sit ek nou hier voor my Ma se bed, en lees die hardop vir my Ma, die trane loop, ek sukkel om te lees want my stem is nog hees van verkoue en ek kan skaars sien soos die trane loop.
    Hoe mooi jy dit stel, want ek bid elke dag vir Moeder dat GOD haar nog jare vir ons moet spaar. Ek huil soms net as ek aan die wete dink dat Moeder kan enige tyd nie meer saam ons wees nie. Ma is nou 78 en ja Ma het so baie pyne en probeer so hard om ook net hier te wees vir ons almal. Ma hoe kan mens ooit genoeg dankie sê vir als en al die jare wat Ma so op geoffer het vir Ma se man, kinders en Klein kinders. Ek weet dat Moeder ook met soveel liefde van almal praat en hoe Ma die kinders en Klein kinders mis. Ek is VADER GOD so so dankbaar dat GOD Ma nog vir ons spaar en dat ek elke oomblik nog saam Ma kan deel. So dankbaar Ma bly hier by ons. Ewig dankbaar vir die tyd wat GOD Ma nog vir ons leun. So lief vir Ma vir altyd en ewig, eerste gesê, amen( ‘n gesegde van ons)
    My hart gaan uit vir jou en ek voel sommer jou seer, jou woorde kon dit nie beter beskryf het nie. Jys kosbaar en eks seker jou Moeder het ook geweet dat jy haar onsettend lief gehad het. Bid vir jou, sterkte🙏❤️🌹❤️

  5. Ja Dis so…. een groot f@kop..en nou is my pa ook weg. Vir altyd… Alleen sonder ouers. Sonder my mensse

    1. My hart is elke dag seer, stukend..n lewe sonder ouers is rerag n groot fokop… niks maak meer saak nie.. my hart seer elke dag…ek het nie meer n ma nie, nie n pa nie…my ma was my vriendin my suster my moeder…😭. I

  6. Hi kouevuur ja ek het my ma verloor 4Oktober 2021 5 masnde treug sy het vir 12 jaar by my gebly en sy is dood in my huis so ja ek Kom ook nie oor haar dood nie ja my gedagtes sê ook vir my ja syt gaan kuier maar Dan Kom jou gadgets treug en se nee miena mamma is weg for ewer so ja ek huil elke dag oor haar so ek voel jou seer en haar kamer is leeg waar sy elke dag op haar bed gesit het en Hekel Bry so als is so leeg sonder haar so ja ek het en my sussters het maar n gat in ons Harte

  7. I lost my mom just over a year ago and I have searched the internet for someone that feels even remotely like I do. Your post is on point. Every word you be written, I feel, into my core.

    Every one keeps saying, remember the good and I’m sorry for your loss but nothing ever brings her back.

    Like you, I have been through some shit in my life, but I have never felt as alone as when my mom passed. But we’re a part of a club that we never wanted to be a part of and people that haven’t been through it… they don’t know. How can they?

    The pain is immense and over time, it is further apart but it always hits you just as hard.

    Thank you for sharing this.

    And I’m so sorry for your loss.

  8. Hello jy en almal.. ek het seker so 3 jaar terug kommentaar geskryf en nou net die nuutstes gelees. Wat vir my die ergste nog steeds is is die gewoontegoedjies.. my ex is einde Januarie oorlede aan Covid en die eerste gedagte in my lop is ek moet my ma bel en haar vertel.. en dan die realiteit..maar kort kort weer in my gedagtes- ****** ek het nog nie my ma gebel en haar vertel nie. Maar om op te som hoe my lewe op die oomblik is ek voel ontwortel, “ i have a need to belong”. .. lank terug se kommentaar het iemand geskryf n ma bid anders vir haar kinders as wat ander mense dit doen.. dit is waar… dink nie eers daar is enigiemand wat my in hulle gebedgedagtes het meer nie. Mooi bly

    1. Sterkte, gelukkig met tyd dra die mooi herrinneringe, ons deur die absolute laagte punte. Ons het ons huis vir 4 jaar uit verhuur, my ma het saam met ons hier uitgetrek, nou is ons terug by ons huis sonder haar, elke dag is n nuwe uitdaging, om nie van voor af te verkrummel nie.

    2. Miskien vir duidelikheid- my ma is n paar jaar terug oorlede en dis toe dat ek my eerste kommentaar geskryf het en dis na haar wat ek verwys in my nuutste kommentaar. Jammer as onduidelik.

  9. My ma is oorlede die dag na my en my sussie se 17de verjaarsdag. Jy is reg om te skryf dat mens nooit weer dieselfde is nie. Jy gaan haar nooit weer kan vashou nie. Nooit weer haar stem hoor en raad kan vra nie. Nooit weer iemand hê wat jou so lief gehad het nie. Ek het na haar dood myself vergryp aan alles wat beskikbaar was, cigarette, drank, weed, drugs soos cat en crystal meth. Ek het nie meer omgegee oor myself nie. As ek nou terugdink, 20 jaar later, wens ek ek het dit anders benader. Ek weet nou ek het haar teleurgestel om myself so erg te verniel. Ek was twee keer in die hospitaal met nier infeksie en baie kere self naby aan dood gekom. Ek het huil plooie waar ander lag plooie het. Ek mis haar elke dag. Kyk ou “home videos” en huil, skreeu, huil. Ek moes matrikuleer, date, trou, my dogtertjie verwag, skei, alles sonder haar. Ek moes toekyk hoe al my vriendinne se ma’s daar is (en vandag nog is) terwyl van hulle durf sê dat dit eintelik beter is wat met my Ma gebeur het aangesien hulle Ma’s hulle irriteer ens. Ek wens sy was hier om my te kon irriteer. Ek gaan nog ń leeftyd soder haar moet deurgaan. Ek is nou 37 maar voel ouer. Sy was 17 amazing jare deel van my lewe en ek moes 20 jaar sonder haar klaarkom. Dws die tyd wat ek haar geken het is baie korter as die tyd wat ek sonder haar lewe. Ek het opgehou met al die slegte dinge en finaal ophou rook 4 dae terug. Om my Mamma Maryna uiteindelik trots te maak. Eendag hoop ek om haar weer te sien. Die leemte is altyd daar. Moenie jouself verwyt nie. Pas jouself op en maak haar trots! Ek het besef dat ek bevoreg was om ń Ma soos sy te hê. Bitter min mense kan dit sê. Nou sê ek dankie en glimlag as ek aan haar dink! Die mis sal nooit weggaan nie en dit moet nie! Sy verdien dit om onthou te word en gemis te word. Sterkte, jou Ma was obviously net so spesiaal soos myne, anders het jy nie nou so gevoel nie. Jy gaan nie alleen hierdeur nie, dink aan alles wat sy jou gelëer het, elke drukkie en soentjie en koester die “memories” Dis OK om in mekaar te sak maar moet nie opgee nie, want sy het jou anders groot gemaak met al haar liefde! Sy sou wou hê dat jy gelukkig moet wees en nie om so down te voel nie. Ek glo hulle is op ń beter plek en ons is hopelik ook daarheen oppad as dit ons beurt is om die lewe verlaat! Liefde aan almal wat voel soos ons voel

    1. Liewe Natalie!Ek het ook my ma verloor toe ek 17 was,nou 42 jaar gelede!En ja,jou lewe is nooit weer dieselfde nie!So many “firsts” wat jy nie alleen moes doen nie,maar nie ‘n keuse gehad het nie!!My enigste kind is sy laaste jaar op universiteit en gaan uit die aard van die saak ‘n grade plegtigheid hê,en wens ek na al hierdie jare dat sy daar kon wees om my vreugde te deel!Staan sterk vriendin!Jy is nie alleen!🤗❤

  10. Baie dankie vir n wonderlike Kouevuur. Ja ek kan my self vergewis met wat geskryf is. Gedink ek het pankreatites oorleef en sal my ma se dood ook oorleef, maar nee om my kinders te sien groot word sonder ‘n ouma is erg. Om na musiek te luister n boek te lees, n artikel in n tydskrif en self verby iemand te stap wat soos jou ma reik bring trane en verlang by hou op.
    En een ding wat ek die laaste maar maande opmerk is as ek iets vir my kinders se dan klink ek soos my ma of ek dink hoe sou my ma dit gesê het.
    My ma was nie oud toe die Hemelse Vader sy gunstelinge roos kom pluk het nie, sy was 59 en nie eers sieklik nie.
    Maar rose word gepluk wanneer hulle op hul mooiste blom.
    Maar een ding is verseker die liefde tussen n ma en haar seun vir ewige, en die liefde tussen n seun en sy ma kan nie in woorde beskryf word nie want daardie band is ontbreek baar.
    Daar om se ek waardeer jou ma terwyl sy lewe want sy weg is, is daar n leemte wat nooit weer gevul kan word nie. Gee haar nou die blom wat sy verwag en se elke dag hoe lief jy haar het want as sy weg is, is sy weg.

  11. Môre aan almal..
    Weereens is dit net trane !!!!
    Sondag 16 Junie 2013 “Vadersdag” berei my oorlede Paps my voor met die braai by hul huiis dat dit sy tyd is om te gaan… Ek sê vir hom Neva dit is nie .. Wel die 18de Junie 2013 is hy saggies van ons weg geneem.. Wat n totale fokop …Mams is daar maar haar lewens maat is weg … n mulse fokop…my Boetie sit derduisende km van my af en kan niie kom help nie….tot vandag toe is ek diep in my mul toe…maar wegsteeek moet ek …
    Ek en my vrou neem ou kennisse aan as ons pleeg ouers (24jaar wat ek hul ken) …
    Ma Lizzy en Pa Doppies… wen met dit 2 broers by wat naby is.. die lewe gaan aan met die diepe gemis… En wragtag …Vadersdag 16 Junie 2019.. kry ek die oproep Ma lizzy het hande opgegooi teen die lewe en self besluit om die Vader van naby beter te gaan leerken…
    Al die seer van fkn van vooraf oopgekrap die rowe wat nog rooi omgehad het van vooraf bloei… Hoe troos ek weer van vooraf die wat agter bly..sy was die kinders en kleinkinders en haar man se beste este maat….Ek kanie …Ek wil nie… dit skeur my.. weereens is dit n Fokop…wat ek moet deur.. Tyd leer nie… Tyd genees nie.. Tyd maak dit ook nie meer annvaaarbaar nie…. Tyd, Tyd, Tyd ….

    Ek kanie nie meer skryf nie…my keybord swem al..

  12. Ek Google nou, hoe gaan mens aan sonder jou ma, en ek sien jou post, dis n fokop .
    En ek lees verder, en ek lees van iemand wat net soos ek voel, presies net so.
    Ek sien jy het 6 jaar terug gepost, nou het ek nodig dat jy vir my sê, dat hierdie pyn iewers minder raak.
    My ma is nou eers 3 weke terug oorlede, en vir nou is alles net n groot “fokop”. Maar dankie vir jou post, dit was werklik vir my nodig om te sien daar is nog mense op die aarde wat net so seer het soos ek.

    1. Hallo Belinda.
      Die woorde kan pok presies myne wees. My ma is 6 May 2015 oorlede. Die hart skeurende pyn word minder en die funksionering beter. Ek kan weer sing en dans maar ek is nou n ander mens as voor die kanker en haar dood. Maar dit word beter…baie beter. Net die vreeslike gemis en die trane bly.

  13. Ek Google nou, hoe gaan mens aan sonder jou ma, en ek sien jou post, dis n fokop .
    En ek lees verder, en ek lees van iemand wat net soos ek voel, presies net so.
    Ek sien jy het 6 jaar terug gepost, nou het ek nodig dat jy vir my sê, dat hierdie pyn iewers minder raak.
    My ma is nou eers 3 weke terug oorlede, en vir nou is alles net n groot “fokop”. Maar dankie vir jou post, dit was werklik vir my nodig om te sien daar is nog mense op die aarde wat net so seer het soos ek.

    1. Hello Belinda. Jammer ek antwoord nou eers – ek was bietjie buite sein. Ek belowe jou dat dit beter word, maar dit gaan nooit heeltemal weg nie. Daar is steeds dae wat ek my ma met ‘n seer, seer hart mis. Mens leer net saamleef met dit. En hierdie jaar September is my pa ook sommer net skielik weg. So nou is ek geheel ‘n weeskind. So ek het weer ‘n dip gevat. Maar mens staan maar weer op en stof jou af en gaan aan. Want daar is ‘n lieflike kleinkind wat weer alles die lewe werd gemaak het. Sterkte vir jou.

  14. My ma is dood toe ek 20 was en my pa op 24. Toe verloor ek my man. ( Hy was my eerste en enigste kêrel,,,, en gekys toe ons albei 15 was in 14-dae Katkisaieklas ) Na 31 jaar se getroude lewe hy is sommer lewendig weg……
    Maar die grootste fok-op het gekom die dag toe ek my hond moes laat “slaap”. Dis nou al nege jaar gelede,,, maar ek mis hom steeds..

  15. Vandag sit ek en soek woorde want myne voel ek is nie goed genoeg nie dalk dink ek nie mooi nie, dalk konsentreer ek nie hard genoeg nie. My ma sou more 60 jaar oud geword het. Sy is op 58 van my weggeskeur in die middel van die nag sonder dat ek kon groet, sonder dat ek haar hand kon vashou na `n 2 jare lange ongeneeslike breinsiekte. Ek het na haar gekyk, ek het haar opgepas, ek het haar seer liggaam gesmeer, ek het haar aangetrek, haar versorg, ek het haar sielsgenoot geword, die een met wie sy haar vrese kon bespreek, ons het oor diep dinge gepraat as my pa of niemand anders by is nie. Ek was die sterk een vir ons 2 se part. Ek het selfs toe my pa my kom wakker maak en sê daar is fout, hele nag by haar lewelose liggaam gelê, haar hare gevryf, haar voorkop gevryf, haar hand vasgehou en net gelê en gesels. Ek mis my ma soos wat ek nog nooit iemand in my lewe gemis het nie. Dis die aakligste fuckt up gevoel. Ek is `n sterk mens maar ek sit en pis vir niks, by die werk, by die huis, in die kar maak nie saak waar nie. Hel ek moet een van die dae begin verskyn as `n prokureur wat is die dem kanse dat ek in die hof gaan uitbars in trane, een van die dae is my gradeplegtigheid en sy wou so bitter graag daar wees, ek wil nie geloof ken nie, daar is nie so iets nie hoe kan Iemand wat verkondig jy is sy kind, dit doen aan sy kind, hoe die donner is dit liefde, hoe kry een van sy kinders so aaklige siekte, `n vrou wat op `n dak geklim het om gate toe te maak as dit lek, `n vrou wat haar man help teels lê het, `n vrou wat gehelp huis verf het, gras gesny het en skielik is sy plat, kan nie self staan nie, moet ander kry om haar te help om op te staan `n vrou wie se hande absoluut vir niks en niemand verkeerd gestaan het nie, sy was `n ma vir almal wat `n ekstra ma wou gehad het, tot my boetie se ex meisies kon nie wegbly van haar af nie, maar nee SY MOET WEGGEVAT WORD, ons lewens moet onder ons voete uitgeruk word en dan praat ek nie eers van die kak waardeur ons is na haar dood nie, hoe die hel kom mens oor al hierdie goed, hoe vergewe mens die een wat haar weggeskeur het van ons af, hoe vergewe jy die een wat die siekte aan haar gegee het, dit was nie die duiwel nie, die bybel sê hy sal jou beskerm, oor jou waak as jy sy kind is, wel hy het nie my ma beskerm nie nou vir wat moet ek dan nog sy kind bly. Hoekom moet ek glo aan iets wat toelaat dat kinders kanker kry, gemartel word, verkrag word, EK IS BESIG OM MAL TE WORD van kwaadheid, ek het `n wrok in my hart wat ek nie weet hoe om te beheer nie, gaan terug na hom toe sal my man sê HOEKOM ??????????????????????????????????? sodat ek net verder kan seerkry, nou ten minste weet ek, die lewe vat kak draaie en daar is geen stupid beloftes wat gebreek word nie, geen leë woorde, absoluut geen seerkry van onvervulde beloftes en kamtige wonderwerke. Net een ding my lewe is oor as my man en seuns iets oorkom want sonder hulle 3 sal ek nie vir `n fok aangaan nie.

    1. Hi Christel. Ek is baie jammer oor jou verlies, ek hoor jou dat jy niks van ‘n god wil weet wat sulke goed toelaat nie. Ek stel ook nie belang in so ‘n god nie. Die God waarin ek glo, hou nie daarvan as sy kinders swaarkry nie, Hy vat nie sy kinders weg nie, die dood is nie Sy wil nie. Maar omdat ek in Hom glo, weet ek dat die dood nie die finale sê het nie, die dood is deur Hom oorwin toe Hy self kom sterf het op ‘n vreeslike wyse. So ons kan met hoop treur, want ons weet ons gaan almal uit die dood opstaan wanneer Hy eendag finaal dinge op aarde kom regmaak en dan sommer die dood in die hel gaan gooi. Mag jy ook my God leerken, want Hy is regtig lief vir jou en jou ma.

  16. My ma is 3 maande gelede oorlede. Ek woon alleen in Engeland en my hele familie is in die Kaap. Ek is MOERS eensaam noudat mamma nie meer op die aarde is. NOOIT MAAR NOOIT SOU EK MYSELF KON INDINK MOEDERLOOS! NOOOOOIT!!!!! Dit IS ‘n FOKOP!!!!

    Kan iemand my assegrootblief help… Wie het hierdie blog geskryf? Ek dink ek het dalk kontak verloor op Facebook….. Dankies, Hilda Davidson

    http://i0.poll.fm/js/rating/rating.js

    1. Hi Hilda, ek het nou net jou post gelees van verlede jaar. Ek woon ook in Engeland en in dieselfde “skoene” as jy, my ma is 9 jaar terug oorlede en mens kom nooit daaroor nie jy leer om daarmee saam te lewe. Kontak my op FB as jy wil met iemand wil praat wat sal vertsaan. Sterkte Aneke Winter

  17. Ek verstaan jou gevoelens en het nog my ma, maar my Fokop is my PA. Die man was my hero en my Hercules. Wens ek kon nog net een keer vir hom se wat se fokop dit is dat ek hom nie kan bel nie maar ten minste het ek nog my MA. Gaan haar sommer nou bel voor ek haar ook nie meer kan vertel dat die lewe nie meer sal sin maak as sy ook nog moet vertrek nie. Dankie.

  18. Dankie hiervoor – jy het my gedagtes neergeskryf. My pa is al 20 jaar terug oorlede en ek weet dit was erg maar ek moes sterk staan om my ma daardeur te help so dit het my nie naastenby so hard geslaan nie. My ma is baie skielik 2 maande terug oorlede – Dis nie iets wat jy vir iemand kan verduidelik nie – dis ‘n groot globale fokop. Ek probeer om die deur toe te hou maar binne val ek uitmekaar. My anker – die een wat altyd daar was is weg

    http://i0.poll.fm/js/rating/rating.js

  19. Alles gebeur vir n rede. Wat daardie rede is weet ek nie altyd dadelik nie, maar tyd gee perspektief want dit haal die emosies uit.
    BEHALWE in die geval van my ma…Skielik sit en sonder enige sin in die lewe. Ek het tot vir ons huisinstandhoidingsdame gevra of sy my nie wil aannneem nie, want ek voel soos n f.k.n weeskind! Wat ek nie verstaan nie, my ma sou my nooit so verslae wou gesien en gehad het nie, agv dat sy in n beter plek is nie…so hoekom dan?
    Ek het toevallig op die blog afgekom vandag en kan nie self my gedagtes so ‘eloquent’ uitdruk nie, so dankie. Dit vat een traan weg.
    Musiek help my altyd,… maar die liedjie wat die meeste opsom hoe ek voel is Sonja Herholdt se weergawe van “Hoe Troos Ek Nou”. Daar is n ander weergawe ook van n ander gunsteling sangeres RH, maar SH sn deel my hartseer.
    So dankie en kyk na julleself.. het nie n ander keuse nie ne.

  20. My man is dood. Dis presies hoe ek voel. Hy was daar toe my pa en my ma dood is. Ek was halfpad okay.

    Maar nou is hy dood en my wereld tuimel …. niemand weet v wat ek nou ervaar ni.

    Danki vi die

    1. Beste Mari, ek het per abuis op die blog geland. My man sal Julie hierdie jaar 2 jaar oorlede wees. Ek voel saam met jou. Dit voel asof jou hele wêreld inmekaar tuimel! Dit is nie n grap nie. Die persoon met wie jy alles kon deel, is nou ewe skielik weg. En om vir iemand te sê ‘Sterkte’ beteken absoluut niks! Ek dink aan jou. Weet dat iemand anders vir jou in hul gebede dra. Mooi loop Hilda


      https://polldaddy.com/js/rating/rating.js

  21. It sucks for so real,nothing and nobody can replace her,so much I still want to ask her,tell her.Twelve years now!

  22. Dis nie lekker om jou ma of enige een te verloor nie.

    Maar jou hele lewe eindig as jou kind wat een saam jou was op aarde nou sterf.

  23. Yoh, fokit, ek verstaan dit baie goed. Ek was 16 en my ma 36 (jonger as wat en nou is). Ek het my eie stabiliteit gesukkel tot amper 30. Dalk oor meer as my ma se dood, maar ook agv die afwesigheid van ‘n pa. Maar ja, ek verstaan jou baie goed.
    Dankie. Ek waardeer jou stuk baie.

    1. Arnau ek is so in sinkronisasie met jou. DIesefde met my gebeur. Moes my eie battles fight en te gou hals oor kop volwasse word

  24. Hi
    En so in ons ma ook oo n vroee ouderdom oorlede 58 en toe sommer net nou d dag ook ons ouboet ….
    As jy ‘iemand’ moet gaan sien is jy welkom om my te kontak. Ek doen kinesiologie waar jou lyf sy stresse en traumas release en nee jy hoed niks te praat nie want ek hoef niks te hoor ni jou lyf weet wat nodig is om te gaan.
    Troos kan ek ni troos ni maar ek kan in stilte langs jou staan en jou n plek gee waar jou masker ni nodig is ni.
    Ons loop elkeen daai pad…

  25. Dis so waar!!!¡ Ek was 23 jaar oud en 5 maande swanger toe my ma skielik oorlede was!!! Dis n ongelooflike seer wat niemand rerig sal verstaan nie. Dis nou 6 jaar later en al is die seer bietjie minder breuk mense elke nou en dan, veral as ek in my kinders se oe kyk en besef dat hulle so baie uit mis want my ma sou n wonderlike ouma gewees het!!! Maar so ook sien ek my ma in my dogtertjie en voel dan bietjie better!!

  26. Jussie jy het my in trane hier waar ek sit en jou boodskap lees….. albei mei aangenome en biologiese moeders leef nog maar die laaste tyd soos ek ouer word dink ek baie daaraan hulle sal een van die dae nie meer hier wees nie en even nou al maak dit my so hartseer so ek kan met my trane en emosies presies verstaan hoe jy boel want my biologiese moeder het ek 9 jaar laas gesien oor sy woon in die Kaap en my aangenome moeder woon 5 minute van my af maar deur haar man kom ons nie sommer bymekaar nie….. en weet jy dit maak net so seer soos asof hulle nie meer leef nie……

  27. Hier waar ek sit breek my hart vir jou. Kan nie my lewe imagine sonder my ma nie! En wil ook nie. Weet dis n padjie wat ons almal gaan stap om afskeid te neem van ons liefste moeders as die daggie kom maar dink dis een van die seerste seer wat daar is. Soos jy se geen woorde sal daai pyn kan weg vat nie. My ma is my als. Maak nie saak wat fout is nie ek druk eerste op haar knoppie en sy is altyd daar. No matter what. Mag die Vader sy hande oor jou ontvou en vrede vir jou gee, weet net eendag sien jy haar weer sien. ❤

  28. Dis baie baie erg. Ek kan dink en ek is jammer oor jou seer, maar ek is so bitterlik bly dat jy haar liefde geken het en dit aan jou lyf gevoel het. Ek wens ek het dit geken. Daar kan nie n groter geskenk as dit wees nie, ek gun dit vir elke mens. Mag jou seer mettertyd minder raak en jy al die mooi van julle lewe saam koester.

    Want ek het ook my ma verloor sonder om haar te begrawe. Ek weet hoe dit voel om nòoit vir jou ma goed genoeg te wees nie en om uit duisend goeie goed wat jy doen gefloor te word oor een ‘verkeerd’. En erger nog as daardie verskriklike ‘verkeerd’ gister en eergister nie ‘verkeerd’ was nie omdat ma toe in n beter bui was? En toe ma se honger nie meer gestil word deurdat ek alleen aan die ontvangkant van haar narsistiese optrede is nie, begin sy dieselfde doen met my man, my kinders en sommer hulle vriende ook.

    En net daar trek ek die streep. Na 40 jaar se emosionele verniel en mishandeling trek ek n groot swart streep en besluit ‘genoeg is genoeg’. Ek sal nooit weer probeer om goed genoeg te wees vir n ma wat daarop uit is om my te laat verstaan hoe ek net nie die pyp kan rook in daardie afdeling nie. Nooit weer nie. In my jare-lange pogings het ek altyd gedink mens moet maar net sluk en aangaan – want dit bly jou ma…. Toe nie – ten spyte van alles het ek nooit gedink ek WIL sonder haar lewe nie, maar die hemel weet ek KAN, en ek sal. Toegevou in die liefde van ander mense wat my bitterlik liefhet nes ek is.

    Ek sal die hand wat ek gedeel is met dignity en trots enduit deursien, sonder negatiewe invloed. Ek verstaan hoekom jy sê dis n fokop as jou ma dood is. Ek verstaan baie baie goed.

    1. Hi Liela, wil net laat weet dat wat jy gedoen het, die regte ding was – ‘n narsisis/psigopaat/sosiopaat sal jy NOOIT kan tevrede stel nie – GEEN redenasie wat jy kan opper sal ooit enige water dra nie, ALLES is altyd JOU skuld – en die enigste ‘verweer’ wat jy ooit sal kan hê teen so ‘n persoon (ten einde te keer dat jou ‘spirit’ finaal geknak word) is om daardie persoon uit jou lewe te verwyder – sumier, volkome. Eers dan sal jy sielerus vind en besef jy IS werd om liefgehê te word, al is dit dan nie deur jou Ma nie, maar deur ander ‘normale’ mense in jou lewe. Sy is eenvoudig NIE IN STAAT om iemand onvoorwaardelik lief te hê nie a.g.v. ‘n persoonlikheids-defek – sy het doodeenvoudig NIE DIE VERMOë nie en dit is HAAR verlies. Maar vir jou eie emosionele gesondheid moet jy jouself verwyder uit haar lewe – wat jy gedoen het – dit neem ‘n baie sterk persoon om haarself los te skeur uit so ‘n persoon se greep uit. Sterkte, staan sterk teen enige emosionele ‘blackmail’ van haar kant af, en geniet jou lewe nou voluit in die kring van daardie persone wat jou liefhet nes jy is. ♥

    2. Liela, ek het weer en weer hier gelees en my hart breek hieroor. My ma en pa was en is nie perfek nie, maar ons het met liefde grootgeword. Foute het hulle ook gemaak, maar ouers doen die beste wat hulle kan. Of so het ek altyd gedink. Toe leer ek ‘n vriend ken en ek vind uit dat sommige ma’s regtig en werklik evil kan wees. In my lewe het ek nie besef daar is ma’s wat hul kinders se swak plekke sal gebruik om hul kind te verneder, te ontman en afhanklik van die ma te maak nie. Wat nooit ‘n kind sal motiveer om op sy eie voete te staan nie. Wat die kind goed sal gee, net om dit later terug te vat of daaroor te verwyt. Wat ‘n mission daarvan maak om elke verhouding te verongeluk, veral wanneer die kind begin vooruit gaan. Ek het elke keer moed ingepraat, gesê dit bly jou ma, jy moet haar respekteer. Tot ek op ‘n dag besluit het soms moet mens ‘n streep trek, selfs met jou ma. Ek het hom moed ingepraat en gehelp om weg te breek uit haar web. Dis vandag 4 jaar wat hy nie kontak met sy ma het nie. Hy floreer. Alles in sy lewe gaan goed. Dit bly vir my hartseer, maar ek het besef soms is bloed regtig nie dikker as water nie. Soms is sommige vroue nie gemaak om ooit ma’s te wees nie. En soms moet mens jou drade knip vir jou eie behoud. Ek is jammer oor jou ma. Maar jy sê jy het ander mense wat jou liefhet. Koester daardie mense en wees gekoester in hul liefde. En weet jy is dit absoluut werd. Jou ma define jou nie. Jy is jou eie mens, en jy is liefde en goeie behandeling werd. xx

      1. Hi, ek wil net dankie vir hierdie woorde se, ek het ook my ma 3 jaar terug verloor, my vriendin, my alles. Alles wat jy hier geskryf het, is presies , presies hoe ek in my binneste voel. My ma het vir 4 dae gelei en ek moes teen my sin vir haar se sy kan maar gaan ek sal okay wees. Ek is nie okay nie het dit binne in my gevoel my hart wou dit skreeu , maar my mond het my in toom gehou, ek wou vir haar se, moenie gaan nie , o hemel moet nie gaan nie ek gaan nie sonder jou kan lewe nie. Nou nog kry ek my soms waar ek net sit en huil oor haar ek mis haar so ongelooflik baie dit voel soms of ook nie asem kan haal nie. Asof ek uit my vel wil klim en my hart vat en weg gooi , dit maak so seer. Ek het altwee my ouers verloor my pa toe ek 11 jaar oud was en my ma op 32. My hele lewe val uit mekaar ek mis die woord ma, ek mis die drukkies en die lang gesprekke, ek mis dat sy my beter kon laat voel as my art in skerwe was en hoe sy my so baie moed gegee het. Nou is dit of ek soms in n dwaal is ek kan nie konsentreer nie en vang stupid goed aan. Die maak my net so moerig want dis nie ek nie. Ek was nog altyd op tyd en akuraat met alles wat ek gedoen het……. of was dit my ma. Baie dankie vir die brief. Dit beteken so baie vir my.

    3. Dit is hartseer as mens op daai punt kom wat mens daai streep trek want soos jy se dit bly jou ma. In my geval my pa. Maar toe ek daai streep getrek het het ek dit nie eens besef nie. Ek het net minder en minder kontak met hom gehad en al wat oor was was om hom op sy verjaarsdag te bel en te se: Baie geluk met Pa se verjaarsdag. Hoe gaan dit? OK bye. Dit was die hele gespek. As ek die dag goed gevoel het, het ek dalk gevra hoe oud hy was daai dag. Ek het besef die lyn is getrek toe hy die dag doodgaan. Vir my was daar geen gevoel – vir ander mense baie vreemd. Dit is vandag al meer as n jaar dat hy dood is en ek het nog nie n traan gestort nie. Wat ek wel gedoen het is vrede gemaak met die feit dat ek nooit goed genoeg was vir hom. Dat alles wat ek gedoen het nie goed genoeg was nie. Wat ek wel vandag weet is dat hy ook nie goed genoeg was om my pa te wees nie. Ek mis hom nie want ek het hom nie regtig ooit gehad nie. En ek het vrede in my hart dat ek probeer het en weer probeer het en nog baie keer probeer het. Maar op n stadium is dit klaar.

      EK hoop jy kry ook daai vrede in jou hart want dit is bevrydend om te weet dit was nie jy nie. Want hoe is dit dat jy goed genoeg is vir ander mense maar nie vir daai ouer nie. Kry vrede – dit is wonderlik

      1. Dankie Cornè, ek het vrede met die situasie. Ek moet sê dat dit vir my so lekker is om net myself te wees deesdae. Met al my eie nukke en grille… maar ek is EK en ek hoef nie meer altyd op eiers te loop nie. Dit is fantasties.

        En die feit dat ek weet dit was nie my skuld nie maak dit nog lekkerder. Want as dit ek was sou ek permanent met almal in my lewe rusie gehad en dit is nie so nie. Ek kom goed klaar met almal om my en ek behandel mense met respek en vriendelikheid. Iemand het ‘n rukkie terug vir my gesê dat dit vir haar ‘n wonderwerk is om te sien hoe ek die lewe en mense liefhet en ‘normaal’ (by gebrek aan ‘n beter woord) kan funksioneer ten spyte van al die afknou en vernedering wat ek my hele lewe ervaar het. Dit was vir my ‘n baie groot kompliment. Ek beskou my ma en pa net soos ek enige ander vreemde oom of tannie in die straat sal sien. Geen soul ties nie. Die bande is gebreek.

        Mag jy ook vorentoe net meer en meer vrede hê en die lewe voluit geniet soos wat ons almal verdien. x

  29. Ironies dat iemand nou juis DIE skrywe van jou vandag vir my op Facebook post Son….. Ons kom ‘n lang pad… en vandag waardeer Platterfuss dat JY ook vir my die geskryf het. Het ek asb jou toestemming (met nodige krediet) om die op my ma se begrafnis te lees?)

  30. My dierbare mammie is dood toe sy 68 jaar oud was en my 2 dogters babas, genadiglik het ek nie die behoefte gehad om al hierdie woorde te gebruik om uitdrukking te gee aan my hartseer emosies nie. Ek het wel baie vrae gehad en baie geskryf en gehuil……veral met die Here gepraat wat my troos en toevlug was. Sy Woord was ook my woorde waaraan ek uitdrukking kon gee.Dis genade.

  31. Ja, liewe Die bliksem in. Ek kon sélf hierdie skrywer wees. Ek verstáán so goed. Al is ek al 60 en al was my ma 98 jaar en 4 maande toe sy op 24 Desember halfvyf in my arms ophou asemhaal en ek haar hart nog kon voel klop vir n rukkie daarna. Al was sy verswak en n skaduwee van due mooi vrou wat sy was. Handig. Intelligent. Belese. Jonk van gees ensovoorts. Ek sit en tjank juis nou in my kamer oor…. niks. My volwasse seun, dierbaar en baie goed vir my, het n bekommernis van my en raad wat ek soek, net nie ernstig genoeg hanteer nie. En nou wil ek kwaadwees. Ek soek n geveg. Ek tjank. Ek wil bid. Ek wil vloek. Niemand verstaan nie. Niemand wéét eens nie. Ek gee baie suksesvolle terapeutiese tuisonderrig. Probeer ouers se foute regdokter. Gee sielkundige berading. Is n yster. Kán alles. Dóén alles. Is al deur diep waters en klipperige paaie en het mooi heel anderkant uitgekom ander bewonder my sterkgeit. Eks sélf n tough cookie. Maar ek is n mess. Ek beleef verwerping. Godsverlate eensaamheid. So… ja, dit ís n fokop. En n vreeslike fokop ook. Hierdie gaan jou nie troos nie. Niks kan jou troos nie. Ten minste weet jy nou jy is normaal. Op veertig het ek op d vloer gelê en tjank oor ek nét veertig is en my pa is dood. Weg. Op sestig skreeu ek ek is nét 60 en my ma het doodgegaan. Ek het haar gewas en aangetrek en room gesmeer en gesoen en sélf begrawe. Dit ís vir haar beter daar waar sy nou is. Sy is veilig. Jonk. Gesond. En weet nie meer van hierdie stink lewe waarin ek nog vassit nie. Maar dit is en bly n totale fokop hier onder vir my. Mag dit beter gaan met jou. Wanneer, weet ek nie.

    1. Ma het hartprobleme en asma gehad vandat ek my verstand gehad het. Baaaaie hartoperasies, maar elke keer huistoe gekom. Tot na die laaste operasie….toe verf die eienaars die huis wat ma-hulle huur. GROOT FOUT!!! Sy sit vir dae aaneen in daardie walms. Longe is defnitief nie sterk genoeg daarvoor nie. Weer hospitaal toe – ‘n paar dae later weg…longe het platgeval……sy kom nie weer huistoe nie…..53 jaar en 7 maande oud. Sy het skaars geleef…..Ek, die jongste van 8 kinders is maar 19 jaar oud. Sy is nie op my troue nie, sy is nie daar toe my kinders gebore word nie…..sy sou hoerdie jaar (2017) 92 jaar oud geword het. Ek weet waar julle almal vandaan kom……

  32. Ai ….. my hart is in jou sak….. my.ma lewe nog maar ek dink partykeer haar dood lê voor ….. dan voel ek soos jy skryf.
    My theory is that grief “soul jealousy” that the departed one is free from the density of this world….. it doesnt make it easier I know.
    Sending you love through cyberspace.

  33. Hallo Son, baie dankie vir hierdie pragtige woorde. Dit het my so geraak dat ek net graag wil weet of ek dit mag gebruik in n boek wat ek besig is om te skryf. Ek lewer maar hier kommentaar want ek weet nie waar anders om jou in die hande te kry nie. Groetnis, Elmarie

  34. Hallo Son, ek het my mammie op die dag van liefde 14 Februarie 2016 aan kanker afgestaan. Ek gaan beslis nie derms sit en ryg met jou daaroor nie, want die pyn van n moeder verloor sal niemand verstaan as hul nog nie voorheen daar was nie. Jy was daar en verwoord dit sooooo mooi dat dit nie anders kan as om aan mens se siel vas te kleef soos kougom nie. Ek het net n vraag asb : Ek is besig om n boek te skryf en wil weet hoe ek te werk kan gaan as ek hierdie spesifieke deel in my boek wil inbring. Groetnis, Elmarie

  35. Dankie vir jou woorde…. 7 jaar na Mamma se dood en die seer bly, die verlange, die wens on net nog eenkeer met haar te praat…… Ek sal altyd onthou hoe ek haar die laaste keer gedruk en bye gese het, Lief Ma….. sien Ma more…… More toe kom die oproep……. Ma is weg…… weggeruk van ons deur Stiefpa…… doodgesteek…….. En daar is n gat, baie vrae, haat, hofskake….. happy pills ja, die vonnis maar niks maak dit beter nie. Niks bring haar terug nie……. Maaf ons moet aangaan. Dankie Mamma dat jy ons geleer het om aan God vas te hou. Anders was ons velore.
    Sterkte aan elkeen wat die verlies van n Mamma voel.

  36. My ma is net n week na haar verjaarsdag dood aan kanker di 24ste Augustus 2016. En di ergste van dit is eke was by haar toe sy haar laaste asem uitgeblaas het. My hart is stukkend wens eke kon meer vir haar gedoen het. Wees lief vir jou ma mens weet nooit wane iemand van jou weggeneem word ni.

  37. Wat jy ervaar is die normale rouproses. Ek kan nie vir jou sê ek verstaan jou pyn nie. Wat ek ervaar het was die dood van my kind. En selfs dit is anders as wat jy ervaar. Gaan lees op oor die rouproses en moet nie jouself blameer vir jou gevoelens nie. Dit is natuurlik en gesond om deur die hele proses te beweeg. Onthou ook dat die rouproses nooit ophou nie. Jy leer met tyd hoe om te cope daarmee. Dit is al wat ek kan bydra. Sterkte en weet dat ek vir jou sal bid. Dis maar net my manier om iemand te help wat ek nie fisies kan help nie.

  38. Dink jy het my storie saam net joune herskryf!! Dis n fokop!!! Kan in ny broek skuit as mense vir my se: Toemaar jy sal okay wees!! Rerig…. niks sal ooit weer okay wees nie, nie more nie, nie volgende jaar nie nooit nie!!

    Ek voel nogsteeds of my Ma op vakansie is iewers en ek wag vir haar dat sy moet terug kom huis toe en leef in die lugkasteel dat ek lag as ek by die huis verby ry want ek het vergeet sy kom eers more terug!! Klink of ek my kop verloor maar eintlik het ek my hart verloor my hele hart!!!

  39. Jip, die totale “my-kind-ek-weet-wie-jy-is-en-wat-jy-nodig-het” wat net nooit weer om jou kan vou nie. Die onmeetlike wysheid en weet-van wat nooit weer gedeel kan word nie. Die soveelste keer wat jy die foon optel om haar te bel en net gou iets te vra (wat net sy geweet het). En dan die genade van tyd wat al hierdie situasies omkeer van intense gemis na ‘n glimlag-van-onthou. Sterkte vir almal wat nog nie heeltemaal daar is nie!

  40. Ek het my 11 jarige seun 4 jaar terug verloor en wat jy hier skryf ia presies hoe ek nog steeds voel. Geen ander mens wat nie hier deur is kan die seer verstaan nie

      1. Smile ek nou vir jou Charlene. Ons dra maar elkeen ons seer op ons eie manier. So soms moet mens maar sag antwoord, want jy weet nie regtig hoe diep lê die ander persoon se antwoord nie.

    1. Nico, mens kan 100 pare balls groei en dit sal nooit genoeg wees om die hartseer van jou kind se dood te verwerk nie. Niks kan daai pyn wegvat nie. En al gee niemand eintlik om nie was dit jou kind en jy gee om. Net soos niemand omgee of jou kind n briljante mens is nie. Dit is net jou vreugde.
      Ek hoop nie jy kom ooit in die situasie waar jy daai balls moet “grow” nie want hulle help nie. Glo my ek weet.

  41. Hierdie is nou die beste geskrewe harts verskeurende waarheid wat ek al ooit gelees het. Jy beskryf presies hoe die dood mens agter laat met n gevoel wat ander nooit genoeg empatie kan voor hê nie. Jou hart is geskeur maar die woorde wat daaruit loop is waarlik volmaak.

  42. Ek sit en lees jou boodskap met trane in my oë, my ma is al 10 jaar weg en ek voel nog party dae so… dis net iets wat mens nooit regtig heeltemal kan verwerk nie…… sy was 47 nog heeltemal te jonk…..

    Dankie dat jy die guts het om dit straight forward te se wat ons ander eerder opkrop

  43. Ek voel die selfde my moeder is oorlede toe ek maar 8 jaar oud was tot vandag toe het ek nog nooit daaroor hoekom nie as kind moes ek extra hard veg om staande te Bly dit het my Baie sterker as Baie ander kinders gemaak van my ouderdom. Toe Trou ek met n Kaapenaar 1975 en ontvang die grootste gesiek as skoonmoeder sy het my moeder wat ek as kind verloor het oorgeneem 7 jaar terug sterk sy as gevolg van varkgriep toe begin alles weer van vooraf ek sukkel tot vandag toe nog om dit te vewerk ek dink mens kom nooit daar oor nie. Se soos jy se did hoe jy voel en my voorspoed of ek dink aan jou gaan nie help nie vat dit dag vir dag groete Sherril

  44. Ek het lanklaas iets gelees wat my so bitter diep raak soos jou woorde oor jou ma. Ja, dis ‘n fokkop – ‘n right royal pain in the proverbial. Iets wat ek al 8 jaar mee moet deel. Wat nie beter word nie. Die verlies aan my ma was die grootste, diepste, seerste ding wat ek nog ooit mee moes deel – dis ‘n gat in my hart wat met niks op aarde toegeweef kan word nie. Bitterder as die bitterste pil. So helaas, het ek myself nou forseer om daarmee saam te leef, maar aanvaarding – ek dink nie sommer maklik nie. Ek word soms nog wakker na ‘n droom met ‘n sopnat kussing van trane wat ek ook haar geween het in my slaap. Selfs hier waar ek nou tik dreig die knop in my keel om by my oor uit te skiet.
    Sterkte vrou – ek voel saam met jou.

  45. Ek weeet presies waardeur jy gaan glo my. Dit was elke jaar op haar sterf datum ook n fokop.. Ek het hipnotetapie gedoen en my ma weer begrawe en so beruting gekry. Glo my gaan sien maar iemand want jyt baie aggresie en ek was ook so. Hoop dit kan help. En happy pills is nie v altyd nie dis n stepping stone.

  46. Dankie dankie dankie dat jy my gevoel vir my verwoord het. Beroerte is ‘n aaklige ding. Ek het die aand na my verjaarsdag vir my ma gesê sy kan maar gaan, ek sal OK wees. Ek het gelieg. Ek is ver van OK af. Hierdie sg sterk “kyk noord en fok voort” vrou het ‘n helse gat in haar hart en lewe. Dis voorwaar ‘n fokop.

  47. Liefste Mens

    Ek ken nie jou pyn nie, want my ma is nog by my, maar jy het weereens ‘n “eye opener” vir my gemaak om haar net meer te bederf en haar net nig meer liewer te wees.

    Baie dankie en sterkte vir jou vorentoe.

  48. Liefste mens… vloek help soms om net te se wat ander woorde nie kan se nie… ek is jammer oor jou ma en ek weet jy is al gatvol om daai woorde te hoor… Ek weet presies hoe jy voel, my ma is amper 7 jaar terug dood en sy was nie eens siek nie. Ek wil net vir jou se JY IS STERK want jy praat en jy maak oop. Ek gaan nie se dit raak beter of watokal nie maar daar kom n dag wat jy besef, life has to go on…. daar gaan n dag kom wat jy gaan agteroor sit en weet EK HET DIT GEMAAK EN MY MA SOU TROTS WEES.
    Die eerste ruk is sleg en erg en almal wil help, soms kan niemand help nie veral nie met so iets nie. Niks help nie.
    Maar jy gaan sien die trane raak minder en die tantrums gaan weg. Ek het nie woorde vir die pyn wat mens ervaar nie, maar vir nou heil en heil genoeg,skree en skree hard. Al voel jy j wil nie eens asem haal nie TEL OP JOU KOP en smile.
    Besef net dit gaan beter raak nie nou nie maar dit raak beter.

    1. Dankie Elbe. Dit was hierdie Augustus al 4 jaar gelede. En dit het beter geraak. Soms is die gemis met tye nog baie erg, maar die onthou van die mooi tye help deesdae.

  49. Ek kan nou nie se dis goed om jul kommentaar te lees nie, maar dit help om te besef ons is meer as een wat dieselfde voel. Ek het my ma verloor op 22 Augustus 2016. Ek het gedink ek gaan dit nie maak nie sy was dan my alles my hele lewe en ek kon al my hartsgeheime met haar deel. Na die begrafnis op 26 Augustus het ek tot die besef gekom ek het nie meer n ma nie. Ek is self ‘n ma met 3 pragtige kleinkinders maar dit vul nie daai leemte nie dis ‘n gat in jou hart of erens op jou liggaam en hoe kry jy die gat weer toe. Daar is nie meer n ma wat jy kan bel as jy iets op jou hart het nie en dit maak dit ook nie makliker as mense se sy is nou op n veilige plek nie. Dis nie wat mens wil hoor nie alhoewel ek besef dis die lewe dis hoe dit is. Maar ek stem dis ‘n fokop sonder jou ma…. sterke aan elkeen van julle

    1. Sally ek sit met n ander probleem. My kinders is tussen 7 en 11. My moeder lewe nog, maar sy is nie “daar” nie. Om dit mooi duidelik te stel sy was van my tienerjare nie meer in staat daartoe om n moeder te wees nie. Ja, sy is my ma en ja ek is lief vir haar, maar sy het n siekte wat keer dat sy n moeder kan wees. Ek het persoonlik haar by die hospitaal in gedra vir n evaluasie. Ek weet nie of enige iemand die pyn kan verstaan van n lewende ma sonder dat sy een kan wees nie.
      Een van my “krisisse” as n nuwe ma myself het gegaan oor die feit dat ek haar nie kon vertrou met my kind se welstand as ek nie by was om te verseker dat sy hom nie iets gevaarlik voer nie.
      Ek kan nie my ma rou nie. Sy lewe nog. Maar na die 6 maande in die hospitaal weet ons nou dat my ma soos wat ek haar geken het (baie jare terug) nooit weer daar sou wees nie.
      Sy het empatie gehad met enige kind. Maar om die wêreld te aanvaar soos wat hy is kon sy nie doen nie.
      My grootste vrees was dat ek Schizophrenia sal kry soos wat sy het. Gelukkig het my physiatrist my laat besef dat deur al die stresse waardeur ek gegaan het dui dat ek nie in n skisofreen sal verander nie. Dit beteken nie die einde van my vrees nie. Want wat van my kinders? Sal hulle val onder daai geen?
      Maar sonder om my moeder te kan rou, moet ek aanvaar dat hoewel sy daar is, sy nie n moeder is nie. Ek is vrek gelukkig met n fantastiese skoonma wat my aanvaar het soos een van haar eie kinders. Soms stem ons saam, ander kere nie, maar die moeder wat ek op soek wanneer dinge te veel word, bly my man se ma.
      Ek weet nie hoeveel keer ek al gewens het dat sy dood was in plaas van die dop wat geen reaksie op normale omstandighede het nie. Wat is die makliker pad? Rou vir n moeder wat oorlede is of sien hoe die persoon wat jy as kind gesien het as die enigste om ten volle te vertrou skielik in n wese verander het in n vreemdeling sonder enige iets om by te dra tot jou kinders se familieverband nie.

  50. Ja, jou beskrywing is heeltemal reg. Dis hoe mens voel. My ma is al 31 jaar dood toe ek maar 16 jaar oud was. Die 1 oggend wat ek haar nie gegroet toe ek skool toe was nie omdat sy met my baklei het omdat ek nie my huiswerk gedoen het nie. Later deur die dag het die dominee myself en my tweelingbroer kom haal by die skool. “Sorry manne, julle ma is so ‘n uur terug dood”. My pa uitstedig en my susters almal getroud. Kom by die huis en ma is oral, Haar huis, haar unieke reuk, haar alles, maar sy is nie daar nie en EK het haar nooit gegroet nie. Ek voel na 31 jaar nogsteeds party dae soos die skrywer, in die geval wil ek net myself “bliksem”. Jy is heeltemal reg, ‘n mens se ma is alles.

  51. Sjoe my hart breek vir jou.
    Ek is 54 en verlang elke liewe dag na my mamma. Sy was 35 jaar oud en ek net 8 jaar oud toe sy uit ons lewe deur die dood weggeruk is. Ons was 7 kinders. 5 dogtertjies en 2 seuntjies. Ek onthou my laaste kersgeskenk van my mamma was n slap baba pop met die mooiste blou kleertjies aan.
    Toe trou my pa weer na 6 maande en ai dit was erg. Stiefma soos net n storieboek sou kon vertel.
    So was dit….. My pop was deur n stief boetie verskeur en so was my hart stukkend geskeur oor daardie enigste iets wat ek kon aan vashou wanneer ek verlang het na haar.
    Pa was nog nooit pa nie. Drank was groot deel van lewe sy baas. Het my mamma swaar gekry en gepyn onder daardie drank bedwelmde vuiste? Ja!!! Sy het gehuil en gesmeek maar nee elke aand was dieselfde storie oor en oor. Dan kom die oom oorkant die pad; my oudste boetie het oom W altyd gaan roep. Hy ruk my pa van mamma af en help haar op. Ons moes self help om die bloed van haar gesig af te vee.
    Mamma was n engel op aarde. Ons het nooit eendag honger gaan slaap en was elke aand in ons warm bedjies met gebedjies van haar af gebless. Vrydagaande was haar kleremaak tyd en baktyd. Ons het ook gekry maar dit was eintlik vir die weeskindertjies in die weeshuis. Saterdagoggende word die bakkie gelaai en daar gaan mamma en ouboet om die lekkernye en kleertjies weeshuis toe te vat.
    Ons Vader wou seker hierdie engel in die Hemel hê.
    Maar wat van ons? 7 kinders met n alkoholis pa en toe ń stiefma wat regtig stief was. 9 jaar het ek so gelewe. My ouboet het die jaar volgende jaar 16 geword (hy is nou 61) en sy tassie gepak en by n vriend se huis gaan bly. My ousus het toe nog 2 jaar saam ons gesukkel en toe n werkie gevind net na haar 16de verjaarsdag (sy is nou 59) Toe bly 5 van ons agter by n besope pa, ń stiefma met 2 stiefboeties en toe het ek op 10 ń boetie bygekry. Koshuis was ons voorland net ons 5 en langnaweke mag ons nie huis toe gaan. Vakansietye mag ons gaan maar ons moet werk om daar te bly. 5 uur in die oggend wasgoed trap in die bad en gaan ophang en soms was dit so koud dan wil my vingers nie lekker werk dan word daar inspeksie gehou en my koue seer vingers word geslaan omdat die wasgoed konsuis verkeerd opgehang was en die blokkiesvloere moes geskraap word met n minora lemmetjie en dan weer gepolitoer. By 7 uur moes dit blink en dan word daar weer inspeksie gehou en ek het nog tot op 54 jaar oud nog steeds nie mooi verstaan hoe gee Liewe Jesus weer vir ons ń ma en sy haat ons so….. koffie mag ons kry maar die melk en suiker word toegesluit. Die is eintlik n verhaal op sy eie……
    My mamma ek verlang nog tot vandag 46 jaar lank na jou arms, jou mooi stem jou klavierspel jou mamma liefde. Tot vandag toe wonder ek wat was die doel om 7 kinders by n dronk pa en eintlik aan hulle eie genade oor te los.
    Mamma ek verlang na jou. Mamma ek is lief vir jou……..

      1. Judy, jy skryf so mooi – jy het my vanoggend nou vreeslik laat huil – skryf ‘n boek, toe? (….en laat weet my dan waar ek dit kan koop). Of miskien net ‘n aanlyn-boek? Jou storie moet vertel word…

    1. O my genade, dit is aller verskriklik! Soveel vrae, soveel verwerping, soveel soveel…. Ek hoop jy het uiteindelik liefde ervaar by iemand anders.. . My hart breek vir jou en ander wat soortgelyk ervaar het….

    2. Judy ek weet presies hoe jy voel want ek was in dieselfde bootjie, is nou al 73 verby en nog ry daardie nagmerries my. Jou storie kon netsowel myne gewees het, maar daar is raad:- soms help dit, gaan na die HERE hy gee vrede en rus ongelukkig vat hy nooit daardie verlede weg nie. Kan juo n ellelange storie skryf maar wat help dit? Hou net moed daarIS n hirnamaals en dan kom vergelding vir hulle.

  52. Ek weet presies wat jy bedoel. My ma is al 5 jaar terug oorlede en ek voel nog net so leeg en stukkend as die dag wat sy dood is!! En ja dit is n moerse fokop!!!

  53. Dis ‘n groot fokop! Ek mis my ma….sy was 43….beroerte…skielik.
    My dogtertjie is die dag na my ma se dood gebore. Bittersweet.
    Ek voel soos jy….ek het ook vir mense trooswoorde gegee. Maar ek weet dat niks wat ons sê help nie. Mis my ma steeds ek huil steeds asof iemand my hart uitgeruk het…..soms gaan dit goed, maar as dit jou tref weën jy van voor af. 9 jaar sonder my ma, die een mens wat altyd eerlik was met my.
    Mag God jou help met hierdie pyn in jou en mag Hy vertroosting bring.

  54. Nee gaan op jou kniee en se dankie en onthou wat jou ma jou geleer het alle genade en hulp kom van die Here.Hy alleen is die antwoord en Hy wil jou ook gelukkig sien. Gun jou ma rus. Sy het jou geleer waar hulp vandaan kom. Om haar met n blye hart te onthou en te Glo in God se goedheid Sal jou lewe weer n plesier word.

  55. Ek het ook my ma verloor. Sy was nog bloedjonk – maar 44 jaar. Na 28 jaar dink ek nog elke dag aan haar en mis haar ontsettend

  56. Dis die beste manier om die gevoel te verduidelik.My ma is die 5de Mei 2015 oorlede op 64 jarige ouderdom en sy was my ALLES en my steunpilaar…Sy het kanker gehad en dit het versprei na haar brein..20 gewasse…Ek mis haar elke liewe dag van elke sekond en wens ek kan haar sien,hoor,voel,met haar praat en har soen en drukkies gee….MAR sy is veraltyd weg!!!!Mis mamma baie…

  57. Hi daar. Toe ek hier lees is dit asof die woorde uit my eie kop kom, asof ek dit self geskryf het. Mense sê “Jammer” en gaan aan maar jy sit met daai gat en hulle wil nie daarvan weet nie.

  58. Ek sit hier en lees met die gedagte van my vierjarige dogtertjie wat gisteraand weer gehuil het dat ek nie moet doodgaan nie. Of ‘n ouma moet word nie, want dan gaan ek baie oud word en dan gaan ek dood. Dat almal doodgaan is seker die enigste ding waarvan ons almal seker is, maar hoe berei jy voor vir so iets – as dit ooit moontlik is? En wat sê ek vir my vierjarige…

    1. Dis ‘n moeilike vraag. Mens moenie ‘n kind te veel verduidelikings gee nie, antwoord net hul vrae so eerlik en kort as moontlik. Dalk kan jy vir haar verduidelik dat nie net ou mense doodgaan nie. Dalk kan iemand anders hier vir jou beter raad gee 🙂

  59. Dit is n fokop!!! My Mams was 54, bloedjonk…..Kanker dit het haar ligaam afgetakel. Dit is drie jaar terug, ons rots is weg ons hele familie het soos n sak marbles wat geval het uitmekaar gespat, niemand weet hoekom nie of hoe om dit reg te maak nie sy sou weet maar nou is dit n fokop want sy is weg…….

  60. Ons is almal in dieselfde bootjie, ken mekaar nie, maar ken dieselfde pyn!

    My Ma was 93 ‘n diabeet, bedleênd maar brein nog skerp.(Sy was eintlik nog so gesond, kon net nie loop nie en sy WOU so graag, kon die siekte verwerk maar nie die bene wat nie kon loop nie). Ek was met verlof vir ‘n week en by die huis.

    Vroeg oggend 7 Oktober 2015 hoor ek haar kreun en sy kla van die pyn in haar maag, later opgetrek na die bors. Ek was soos ‘n vasgekeerde dier, vat hier dan in die kombuis dan weer terug by haar, want ek kon sien iets is nie reg nie. Kry ‘n dokers afspraak, vir 10H45,pak haar tassie, want ek glo sy gaan hospitaal toe! Ek en bediende trek haar aan, sien sy sweet , en is moeg. Laai haar in die kar, 2 km na spreekkamer, by die robot vra ek ”ouma is die pyn nog daar? “Ja ” antwoord sy. Nog n paar meter tot by die spreekkamer. Stop daar, wil haar in die rolstoel laai, sien toe hier is groot fout. Hardloop in en skreeu “Kom help my”. Ma is weg! so langs my in die kar, die laaste word was by die robot.

    Ek huil soos ‘n kind, ek is so hartseer, want ek besef, nou is ek alleen! Pa, Ma en broer almal al by Liewe Jesus, net ek en my gesin bly oor. Ek voel skuldig,kon ek nie meer doen nie! hoe seer moes die pyn gewees het nie! maar sy kan my nie meer antwoord nie, ek voel aaklig! Ma is al 7 maande weg, en dit voel nogsteeds sy is net met verlof, sy gaan teugkom, dit was te skielik en dan kom die trane!

    Tokka

  61. Ek WIL my nie eers indink oor “eendag” wat enige oomblik kan wees nie..maar die is SO hoe ek dit sal opsom…”eendag” hopelik nog baie ver van nou af!!

  62. So raak gevat soos mens kan kry.

    Jy’t my vanoggend tussen die oë kom bliksem met die feit, dat sy nooit weer sal terugkom nie, dat sy nie in n ander dorp is nie, maar weg, glad nie meer daar nie.
    Dis al 31 jaar….. en dit word nie beter nie.

    Dankie vir jou uit die hart gedagte

  63. Ja daar was tye wat ek in my kop gehad het dat ek moet my ma dit vertel en dan tref die werklikheid sy is nie meer daar nie. Jy moet dit vir jouself hou.

  64. Sjoe hierdie is so realisties geskryf.
    My lewe (ons hele gesin en familie) het 10 jaar terug drasties verander toe my pa vermoor is.
    Nee nie omdat hy vermoor is nie… Omdat hy dood is. Weg soos weg weg, soos kan nie meer met hom praat nie weg.
    Daardie weg wat niemand kan verstaan as dit nog nie met jou in jou gesin gebeur het nie.
    Alles skeur uit mekaar. My ma is deur al die trauma, maar die alleen wat daarna gevolg het was erger. Al die besluite wat hulle saam geneem het moes sy nou alleen doen.
    Ek kan hom nie bel vir raad, ondersteuning of net liefde nie. Hy kan my nie weer teen sy groot bors vasdruk nie.
    My pa is weg. Hys dood weg… Ek was altyd bang ek gaan dit ook eendag moet sê. Nooit gedink dit gaan gebeur as hy 59 is nie.

    My lewe is in twee gedeel. My lewe voor en my lewe na sy dood… Ek is twee mense.
    Ek is dankbaar vir my ma, man, kinders en broers wat nog hier is, en ons herinner mekaar gereeld aan ons held wat ons vooruit gegaan het.

    Dankie vir die deel. So realisties…

    1. Ek het nou soveel keer begin tik om iets vir jou te sê, maar elke keer besef ek net my woorde is geweeg en te lig bevind. So ek wil net hê jy moet weet – ek dink aan jou.

      1. ESt weet hoe voel dit as n mens se ma weg is want ek het my moedertjie ook aan die dood afgestaan die 6de Julie Sal dit al 5 jaar wees. Ek was fine en my moeder was so trots op my dat ek die depressie oorwin het of so het ek gedink . My moedertjie was baie siek maar ons het nie gewees hoe siek regtig nie. Op daardie staduim het my moedertjie my bygestaan toe ek deur n baie swaar tyd in my lewe gegaan het met die verkragting was my moedertjie en my man en kinders daar maar my moedertjie was die meeste van die tyd daar vir my . Dit het goed gegaan ek was 4 jaar van alle medikasie af en ek was gesond . My moedertjie is opgeneem in die hospitaal in Bloemfontein en ek het nog die Woensdag met haar gepraat en gese moedertjie ek is oppad. Ek kon eers Saterdag plek kry op die bus en het haar laat weet. Ek was so opgewonde ek gaan my l iewe moedertjie weer sien maar ek was te laat. Vrydag nag bel my sussa my om te se maar met omdraaie : my weet hoe gaan dit en enige nuus van my Dad af . Sy se toe mammie is dood weg ,ek kan dit nie glo nie ek gaan haar nou nou sien se ek toe. Ek het aan die gil en huil gegaan ,en my Dad het my daarna gebel en gese dit is so .. Hulle verstaan nie my Moedertjie was nie net my moeder nie , sy was my maatjie my sussa my vriendin my vertroueling my lewe, en nou is sy weg weg vir ewig ek sou nooit weer my ou moedertjie se stem of laggie hoor nie .Ek het my ou Moedertjie gaan aantrek en gekis en dit was baie swaar maar ek wou dit doen vir haar my laaste eer betoon . Ek is toe weer in die depressie gat gegooi van die begrafnis onthou ek nie veel nie want toe die kis sak toe weet ek niks meer .Dis swaar baie swaar en daardie gat wat my Moedertjie in my hart belos het is te groot om te vul of toe te maak.Sy is weg vir altyd en ons moes toe hoor my ou moedertjie het nier en lewerkanker gehad. Hoekom het hulle dit nie opgetel met al die toetse nie . Ek is terug op die depresie pille die Dr se ek Sal nie weer kan at gaan nie .
        So ja dit is n fokop as mens se Moedertjie dood gaan want sy is die kettang wat die families bymekaar hou. Ek mis haar vreeslik baie .
        DANKIE baie dat jy dit geskryf het .
        Groete
        Adele

  65. Ek sit hier in Ethiopië vir ‘n konferensie en die lees van jou teks laat warm trane oor my wange loop ..sommer so …. oor my ma wat ek nie meer kan gaan kuier en en wat haar bêre koppies spesiaal uit die “sideboard” haal om vir my tee te maak nie Sy is weg so ook als wat ek met haar geassosieer het… Niks is weer en kan weer ooit dieselfde wees nie . Ek vereenselwig my 100% met hou jy voel. Dankie vir die deel

  66. Ek voel so oor my Pa wat oorlede is! So nice om nou te weet daars nog mense wat presies soos ek voel en verstaan! Die dood is n fokop!

  67. Jy is reg. Dis ‘n amper fatale fokop. En dis ok dat Jy voel soos Jy voel, eendag op ‘n slag. Jy het nie happy pills nodig of’n kop dokter nie, Jy nodig OM net te rou! Laat gaan met daai trane! Maar Onthou dat Jy nog lewe en dag daar dalk ander van jou afhanklik is. Sterkte!

  68. from another blog an incredible gem of a story. One user wrote the following heartfelt plea online:

    “My friend just died. I don’t know what to do.”

    The rest of the post has been deleted, only the title remains. However, the helpful responses live on, and one of them was absolutely incredible. The reply by this self-titled “old guy” might just change the way you approach life and death.

    I’m old. What that means is that I’ve survived (so far) and a lot of people I’ve known and loved did not.

    I’ve lost friends, best friends, acquaintances, co-workers, grandparents, mom, relatives, teachers, mentors, students, neighbors, and a host of other folks. I have no children, and I can’t imagine the pain it must be to lose a child. But here’s my two cents…

    I wish I could say you get used to people dying. But I never did. I don’t want to. It tears a hole through me whenever somebody I love dies, no matter the circumstances. But I don’t want it to “not matter”. I don’t want it to be something that just passes. My scars are a testament to the love and the relationship that I had for and with that person. And if the scar is deep, so was the love. So be it.

    Scars are a testament to life. Scars are a testament that I can love deeply and live deeply and be cut, or even gouged, and that I can heal and continue to live and continue to love. And the scar tissue is stronger than the original flesh ever was. Scars are a testament to life. Scars are only ugly to people who can’t see.

    As for grief, you’ll find it comes in waves. When the ship is first wrecked, you’re drowning, with wreckage all around you. Everything floating around you reminds you of the beauty and the magnificence of the ship that was, and is no more. And all you can do is float. You find some piece of the wreckage and you hang on for a while. Maybe it’s some physical thing. Maybe it’s a happy memory or a photograph. Maybe it’s a person who is also floating. For a while, all you can do is float. Stay alive.

    In the beginning, the waves are 100 feet tall and crash over you without mercy. They come 10 seconds apart and don’t even give you time to catch your breath. All you can do is hang on and float. After a while, maybe weeks, maybe months, you’ll find the waves are still 100 feet tall, but they come further apart. When they come, they still crash all over you and wipe you out. But in between, you can breathe, you can function. You never know what’s going to trigger the grief. It might be a song, a picture, a street intersection, the smell of a cup of coffee. It can be just about anything…and the wave comes crashing. But in between waves, there is life.

    Somewhere down the line, and it’s different for everybody, you find that the waves are only 80 feet tall. Or 50 feet tall. And while they still come, they come further apart. You can see them coming. An anniversary, a birthday, or Christmas, or landing at O’Hare. You can see it coming, for the most part, and prepare yourself. And when it washes over you, you know that somehow you will, again, come out the other side. Soaking wet, sputtering, still hanging on to some tiny piece of the wreckage, but you’ll come out.

    Take it from an old guy. The waves never stop coming, and somehow you don’t really want them to. But you learn that you’ll survive them. And other waves will come. And you’ll survive them too.

    If you’re lucky, you’ll have lots of scars from lots of loves. And lots of shipwrecks.

  69. Ek weet hoe jy voel het ook my ma en beste vriendin verloor in 1989 aan kolon kanker sy was maar net 55 jaar oud en ek net 24jaar oud. Dit het vir my gevoel asof die lewe my n wille klap gegee het, hoekom my dierbare en wonderlike ma? Mens voel alleen en verlore, want n dogter het haar ma nog so bitter nodig, en nou is ek sonder n mamma. Ek was ook deurmekaar en het vir Jesus gevra hoekom my ma sy was n wonderlike ma en vrou vir mypa tot hy het baie swaar gekry met haar dood. Soos die jare aangestap het die seer minder geword, maar die verlange het gebly. Tot vandag dink ek nog baie aan my ma en ek verlang vreeslik nog na haar. Aanvaarding kom later.

  70. Dankie. Ek probeer van Sondag af om in woorde te sê hoe ek voel. Dankie hiervoor. Ek sit ook die wêreld en bekyk omdat my arms te swaar is.

  71. Ek is van Holland my Afrikaans is niet so baie goed nie.
    Maar respekt vir jou, dit het my geraak!

    Chantal 🍀

  72. Dis so waar. Ek verstaan elke woord. My huwelik was verwoestend en het soms my ma vanuit my gees begin roep. Ek werk in hospitaal en hoeveel oumense wat nie meer so helder is roep hul ma. Sterwendes…… mens se ma bly vir ewig jou ma. Die seer en verlange sal altyd daar wees. Sterkte e vrede vir jou. Xx

  73. Ek her not nooit jets gelees wat dit so raak verwoird get nice! Ja dit is n Groot fokop en n men’s is nooit regtig weer dieselfde nie. En dan gaan jou pa wat by held en anker dood end dit is were n moerse fokop al is jy al n geskeide ouma. Dankie dat by vir vir die gat woorde gegee het. Sterkte. Sy sal of dy is trots op joy xxxxx

  74. Ek as nuutgebore christen salueer die skryfster/wer. Dis pyn wat so praat. Ek kyk bo oor jou pynwoorde want God ken elkeen se hart. Hy sien jou mooi hart. Dis 4 jaar later, sy het haar 80 jaar geword en ek wou haar vir EWIG hĕ. Sy is verewig by ons pappa Jesus maar die mens in ons voel daair “KOUE VUUR”. Ek kan God dankie se dat Hy dit heelmaak in ons. Toevallig terwyl ek my hare doen sien ek ‘n 93 jarige verimpelde tannie in rostock, en piepie my oe vol, sommer net daar in haarkpper, voel ‘n veer, want ek mis my ma😢😢😢😢. Ek weet eending sy sou trots gewees het op my want ek laat hasr “legacy” aangaan. Sy het haar hare elke week gedoen. Dankie Here vir my moeder.

  75. Ek onthou toe my ouma 18 jaar gelede oorlede is, en my pa verwese aan tafel gesit het en gesê het : “nou is ek n weeskind” Ek het op di stadium gedink dis darem bietjie oordrewe. Hy IS darem al amper 60… vandag verstaan ek beter. Jou ma bly altyd jou MA, gee nie om hoe oud jy is ni! By haar kan jy altyd nog kind wees…

  76. Ek lees hierdie seker al vir die 5 de keer!Dit beskryf presies hoe mens voel.Ek sou dit nie beter kon skryf nie!My ma is Desember 2014 oorlede aan kanker.Wanneer skryf jy ‘n opvolg op hierdie?

    1. Hello Madelein. Ek het daarna weer geskryf. Daardie het ek in 2012 geskryf – September – my ma is 13 Augustus 2012 oorlede. As jy deur my posts kyk, sal jy sien ek het baie keer weer oor haar geskryf 🙂

    2. My ma is nou 2 weke terug oorlede, rou waar. Eerlik. Albei ouers verloor voor jy nou eendag trou. Dis n foko0

  77. My suster stuur die berig vir my, ek lees en ek lees….. en so wragtig, dit klink presies soos EK ! Regtig dink ek, is daar nog mense wat so voel soos ek…nog hulle gevoelens uitspreek soos ek ? Ja, dit is realiteit, dit is seer en dan glo en hoop ek elke dag dat ek maar net kan probeer om so ‘n MA vir my dogter te kan wees. Dit is al vertroosting wat ek nou aan kan dink…

  78. My ma is nou die 29ste Februarie oorlede oor haar organe ingegee het nadat sy chemo gekry het. Ek mis haar baie en huil nog baie daaroor. Ek het Donderdag die 10de Maart verjaar en dit was my eerste verjaarsdag wat sy my nie gebel het nie. Daars so baie wat ek haar graag nog wou vertel maar ons vat dit vanself sprekend en dink weet ek sal dit vir haar se as ek haar weer sien. En daai sien gebeur net nie.

    1. Ai Leonie! Ek kan net sê jy is in my gedagtes. Jou seer is nog rou. Sterkte. Gee jouself tyd om oor haar te treur. Dis al 4 jaar en mens mis ALTYD jou ma. Hugs.

    2. Sterkte leonie die seer bly maar tyd se die slimmes ek weet nie want dis nou 2 jaar en as ek by daai kamer verbystap kan ek nie daar in nie als is nog net soos wat dit was die dag toe die ambulans haar kom haal het.n Ek ruik my mamma nog die kanker hang nog swaer in haar kamer, almal wil he jy moet uitpak en skoonmaak raak ontslae want dan sal die geneesing kom. Hoekom moet ek dit was my ma en ek wil haar by my he hkm moet ek onslae raak en vergeet sy het aan my lewe geskenk en sy was my lewe my beste vriendin my lewe voel leeg sonder haar al is daar ‘n man het sy my lewe ‘n doel gegee.Koester elke oomblik elke heriinering want geen mens of dief kan dit van jou vat nie

    1. is so…wil die kak uit hulle bliksem want hulle weet nie…niks van ander se seer en verlies nie. ek het haar soooo nodig.en sy is weg. wat maak n mens? dit is sowaar n fokop.

  79. Ja, dit is gewis ‘n fok op as mens se ma dood is… Niks, absoluut NIKS is óóit weer dieselfde nie! Dis soos wanneer mens jou tande verloor en tevrede moet wees met ‘n kunsgebit… NIKS is óóit weer dieselfde nie… Ps ek het ookal net gesit en niks gedoen nie… Dis ‘n gevoel wat ‘n mens vir niemand kan beskryf nie.. Soms is dit ‘n gevoel wat jou lam laat en jou doelloos laat rond dobber op die wye oseaan… Ander kere weer word ek kwaad vir niks en vloek en skel soos ‘n matroos! Dan weer, kry ek dae wat ek bitterlik ween en ween soos ‘n stortvloed reen… Ander dae baklei ek met God… Dis dan wat ek die seerste seer beleef soos ‘n groot kneusplek in my…

  80. Ja, ek voel hoe jy voel. Dis maar kak…
    ‘n Mens vergeet maar nie eintlik nie. Jy leer maar net hoe om jou hartseer te dra. En elke nou en dan loop die trane onbeheerlik en ‘tjank’ ekke soos ‘n baby. Selfs 24 jaar nadat ek my eerste close familie lid verlore het. Die pyn is maar altyd daar, net ‘n bietjie ligter om te dra.

  81. My Ma is verlede jaar die 22ste Augustus 2015 oorlede. Ek kom nog net nie oor haar dood. Soms voel ek die Here het my baie hard geslaan, hy kon haar tog net nog paar jaar gespaar het vir my. n Maand nadat sy gesterf het vind ek uit ek is swanger, dis my eerste kind en dit maak nog die seer groter. Daars sommige dae wat ek sit en dink ek wil nou vir mammie bel en vra ek voel so wat kan ek drink of watse raad het mammie, dan besef ek sy is nie meer daar. EK vra my elke dag hoe sal ek reg kom met my baba alleen sonder ‘n moeder. Soms wens ek sy kan net vir my kom se Nannie alles sal reg wees jy hoef nie bekommerd te wees. Maar ek bly vas aan die voete van die Here. Sterkte aan almal dit laat voel my so goed as ek lees wat julle te se het. Die Here gaan ons harte eendag vertroos.

  82. My moeks was baie lank siek, my paps was ñ yster, al die jare haar versorg. Verlede jaar is hy oorlede, ses maande later my moeks. Daar is nie woorde nie…..niks kan beskryf wat met jou innerlike gebeur met so iets nie. NIKS kan jou voorberei nie. Elke woord wat jy skryf is presies waardeur ek gaan. Ons was voorwaar geseënd om sulke ouers te hê. Sterkte vir almal wat so voel.

  83. Sussa wil net sê jy is gebless as j n ma gehad het, wat vir jou so n blessing was as j haar so mis, maar wat as j ouers gehad wat nooit daar is en was vir jou. My pa het selfmoord gepleeg toe ek 12, was en my ma het ek lewendig verloor. Ek beny die vrouens wat ma’s het wat omgee. My ma bly in dieselfde dorp as ek , sy was nie by een v my kinders se geboortes, sy nie verjaarsdag of keesfeespersente vir hulle, nie na hulle gekyk in nood of as ek in die knyp is. Hulle het haar jare laas gesien, sy was nog nooit daar vir my in honger en in seer, en j net goed genoeg as jy geld gee en iets vir haar doen. Ek al vir 10 jaar n enkel, enkel ouer, en ek beny julle wat ondersteunende ma het of gehad het. YOU ARE TRULY BLESSED TO MISS SOMEONE SO AMAZING THAT WAS PART OF YOUR LIFE.

    1. Wees jy dan die tipe ma vir jou kinders sodat hulle jou eendag net so baie sal mis. En wees lief vir jou ma, ongeag. Sy fight dalk ‘n battle wat heeltemal te groot is vir haar.

    2. En ek voel om te huil as ek DIT lees…Ai, SO jammer vir jou…dis nie hoe dit veronderstel is om te wees nie…..wees die ma vir jou kind wat jy SO graag wou hê…

  84. My ma is in November vermoor.
    Ek verstaan presies hoe jy voel en nie op die wyse wat mense sommer sê “ek weet hoe jy voel nie”. Want hulle weet nie. Hulle sal nooit weet nie. Tot jy dit die dag self aanvaar en selfs dan is dit ‘n anderste ervaring, want elkeen ervaar trauma op sy manier.

    Ek kry tans hulp en “happy pills” soos jy dit noem, maar die pille maak nie dat jy ewe skielik gelukkig voel nie. Jy stry nogsteeds jou strye en jy huil nogsteeds jou oë uit. Ek het ook so dood gevoel binne-in my gehad en dit is een van die eerste simptome van depressie. Doen jouself ‘n guns en gaan soek hulp. Dit sal die beste ding wees wat jy vir jouself kan doen.

    Die pad van rou is ‘n lang, eensame en hartseer pad. Sielkundiges sê ‘n mens kan tot 2 jaar rou en selfs langer. Gee jouself tyd om te huil, om niks te doen nie en luister na jou liggaam. Baie keer sê mens se lyf eers vir jou hoe jy eintlik bimne voel.

    1. Fianca, jou trauma moet erg wees. My Ma is ook dood, maar joune is vermoor. Ek kan nooit weet hoe dit moet wees nie……………kan net se ek is so jammer. Joan

  85. My ma, broer en sy vroutjie wat 26 weke swanger was is sommer almal saam Hemel toe. Soos n vrou eens gese het met haar dogter se dood…dit voel of jy n handgrenaat ingesluk het en al jou stukke le hier buite jou en jy weet nie hoe om dit terug te sit op plek nie.
    .al die vrae maal oor en oor in jou kop….. ek was alryd n jam dougnut….toe kom die dood en suig n gat in my bineste … al die lekker jam uit…..hoe sal ek dan nou weer n jam doughnut wees…..nou los ek maar die gat in die middel en bid en glo en vertrou dat dir liewe Here my n ring doughnut sal maak… met lekker sprinkels op…..ek sal net nooit weer n jam doughnut kan wees nie……jys reg dit is inderdaat n groot vrekspul…..maar elke dag is een dag verder en gelukig tog een dag nader..
    Sterkte jys nie alleen nie…..

  86. Dit raak later beter. ‘n Mens leer om met die verlies saam te leef.Ek het my ouers in ‘n motorongeluk verloor toe ek 19 was.Na ongeveer 7 jaar het ek begin voel ek is okay.Dis nou 11 jaar later en dis steeds nie maklik nie,maar dit is beter.

  87. Ja ek dink dis veral so as n mens jou hele lewe saam met jou moeder gewoon en uit haar hand geeet het. Dit sal met my so wees as my liewe vrou voor my moet gaan. Dis met my 74jarige oom dieselfde f…op omdat sy vrou voor hom oorlede is en hy nooit in sy lewe self n koppie tee hoef te gemaak het nie. Die lewe gaan net aan en elkeen moet maar veg en probeer oorleef. Mens het baie GENADE en wysheid nodig (wil ek glo ) as jy skielik alleen moet aangaan. Ek sal bitter gou vir my moet n mens aankeer om die lewe mee te deel as my darling sou wegval. Solank ek nie alleen hoef te sukkel nie. Dit moet erg wees. Kan my nie indink nie.
    Het n voorsmaak gekry toe ek birthday n jaar lank my vrou net eenkeer in 2 weke gesien het. Dit was soos tronkstraf seker moet wees.

  88. 24 jaar later besef jy die gat is nog steeds daar en soms gebeur iets wat die gras wat effe wou oor groei heeltemal afruk soos vandag en dan is dit weer seer – sy was maar 56 jaar gewees

  89. En so het ek gedink dis net ek wat so voel! Ek tjank sommer van voor af, want ek wil ook my ma hê!!! 😦 Al ‘n hele paar jaar gelede oorlede, ek weier om te probeer tel hoe lank terug, wil nie daaraan dink nie, maar dit was ook so kort voor my verjaarsdag. Ek HAAT verjaarsdae, Moedersdae, Kersfees, Nuwe jaar, sommer ALLES sonder my liefste Mams!

  90. 1 September 1963 . Ons Tokkie is gebore in die Kalaharie. 6 jaar oud toe ons uit die Kalaharie trek is haar wonderlike mama dood. 51 jaar later is my liewe Tokkie ook dood.
    Dis n groot ” genade” dat kind van die Here, oor sulke dinge kan skryf…..praat ….dink…en Bid.

    En uiteindelik stil en rustig voor die Here, vergenoegd kan wees met die wonderlike Lewe wat jy het in Hom. Die Lewe wat aanhou en aanhou en aanhou.

    1. Son, ek is so bly my hartvriendin in SA het vandag jou blog vir my gestuur…..my oe is rooinat want jou woorde beskryf presies my gevoel, want die leemte en gemis word nooit beter nie. Die jaar is dit al 7 jr wat ek nie meer haar stem kan hoor nie, maar ek het die stukkie op die internet raakgeloop n paar weke nadat sy oorlede is en dit het net soos jou “dis n fokop as jou ma dood is” vir my baie beteken.

      “You can never lose your mother! She may die, and her body may be buried out of your sight, and laid away in God’s acre. You will see her face and hear her voice no more; no more will her hand scatter the good seeds of truth and love, upon your life’s garden. But you have not lost her! Your mind and heart are full of the seeds which fell from her hand along the years. These you never can lose. No hand of death can root them out of your life. They have grown into the very fibers of your character. They reappear in your habits, your dispositions, your feelings and opinions, your modes of thought, your very phrases and forms of speech! You can never lose your mother; the threads of her life are woven inextricably into your life!

      1. Ek lees nou al die kommentare oor as n mens se ma dood is, ja dit is n fokop!!!! n reuse ene!!!! My ma is 5 jaar gelede op my verjaarsdag dood! Waar ons die aand sou koek en tee geniet het, en saam met vriende kuier, is dit toe n snot en trane dag. Nooit regtig weer my dag gevier nie. Ek pleit by al die kinders daarbuite, wees lief vir jou ma, ek kan my hare uit my kop uit trek oor my ongeduldigheid!!! Ek huil lang trane as ek haar *Favourite liedjies* oor die radio hoor. Spanish eyes, Somewhere my love, I cant sto loving you, So baie kere my gesmeek, kom sit net 5 minute en gesels, maar daar was mos altyd ander dinge om te doen.
        Ek huil vir my ma, sommer baie, so baie kere het ek raad nodig, of nou, nou wil ek ietsie met haar deel, maar kan nie meer nie. Ek onthou hoe lekker sy altyd geruik het, haar laggie. Haar alles!!!! Dit is n reuse fokop as jou ma die dag nie meer daar is nie.

  91. ek het my ma nou 7 jaar terug verloor en ja dit was die ergste tyd in my lewe.daai gat en daai dooie gevoel is nou nog nie weg.al wat ek kan se dit word draagliker.ek kan nou al praat oor haar sonder om te huil.sterkte dit is n lang pad wat voorle.

  92. Hi Son,
    Jy beskryf wat ek al vir 22 jaar voel en steeds deur gaan so goed…..my ma is in my arms dood toe ek 11 was deur haar eie lewe te neem. ‘n Mens kom nooit oor dit nie, jy leer net om saam met dit lewe en aan te gaan maar dit verander jou en leer jou om alles, almal na aan jou en elke dag te waardeer….geld en besittings maak nie meer saak nie maar die verhoudings in jou lewe tel alles.

    Jy en almal wat al n ma verloor het is in my gedagtes!

    Xoxoxo

  93. Presies hoe ek voel, en ja, jy kan dit nie vir iemand sê wanneer hulle uit ordentlikheid vra hoe dit gaan nie!!! Dis net goeie maniere, hulle wil nie rêrig van jou seer hoor nie!! My Ma is nou al amper 2 jaar dood, en daai ‘gat’ is nog net so groot soos die eerste dag na………na my ma dood is, en dis nogsteeds n fokop!!
    Dankie vir jou eerlikheid waarmee ek Absoluut kon vereenselwig!

  94. Ai Son, ek lees die weer raak op n post wat n vriendin op haar faceboek gemaak het deur hierdie te share en ek dink by myself…… Dit kon net sowel ek gewees het wat hier geskryf het. Ek mis my mams so baie dit is net soos jy sê…..

    1. Ai Zee’tjie. Ek kyk jou facebook so baie dae en ek weet so goed hoe dit is. Maar woorde is so te min, dan bly ek maar stil. Maar jy is in my hart. Vorentoe, eendag, gaan dit weer beter. Ek belowe xx

  95. My liewe dierbare mammie is in 2002 oorlede en dit voel nogsteeds so, my Boelakind (34) is op 1 Februarie oorlede. Hie hanteer mens al hierdie gate? Hoe leef mens saam met ‘n siel en hart wat voel soos ‘n teesif! Hel, dis seer!

  96. Jy het nou als gese wat ek hier diep in my hart gebere het vir so lank!!! Maar dit is n opregte fokop!!!! Ek mis haar soooo !!!! My Ma, My Maaitji!!!

  97. My ma lewe nog. Maar my pa is in 2013 oorlede en hy was my alles. Gewys hoe n man n vrou moet behandel en steun pilaar in als. My pa was n man duisend en nog meer. Maar my ma is my vriendin en ons doen als saam en deel als. Ek vertel haar van al my donker geheime na begeertes en nog meer. Dis n swart gat wanne jy n ouer verloor wat als vi jo beteken. Maar om my ma te sien rou is net so erg. Sy is besig om haar dood te treur oor my pa en ek kan dit nie stop nie. Wat ek sonder haar gaan doen eendag weet ek nie. Maar wat ek wel weet en wat ek graag wil deel is dat n mens die ander ouer wat nog leef na plekke toe moet neem waar die geliefde persoon laaste was. En onthou dan net die beste memories en lag daaroor want die pyn sal nooit weg gaan nie. Jy leer net om met die leemte saam te leef. Sterkte aan almal wat n geliefde verloor het. En staan die ander ouer by en maak soveel memories as wat jy kan saam met daai persoon want dit kan dalk net more wees wanneer daai persoon nie meer daar is nie.

  98. Hoe wonderlik druk jy nie elke woord uit nie, dit voel of ek dit self geskryf het. Dit is n fokop. Als is n fokop van my Ma n jaar terug oorlede is, dit voel of niks regtig meer is wat dit was nie!!!

  99. FANTASTIES!!! MAL OOR JOU SKRYWES EN DEEL DIT GRAAG !!! Hoop nie jy gee om nie!!!

    Hou aan skrywe asseblief…jy verwoord als wat in my kop maal presies!!!

    Jou grooootse fan!!!

  100. Terug pieng: Love Life
  101. Dankie vir almal wat onlangs hier kommentaar gelos het. Dis nou oppad na 4 jaar toe wat ek hierdie geskryf het. Elke jaar as die herdenkingsdag, ons verjaarsdae, haar verjaarsdag en Kersfees kom, dan trek ek en my sus ‘n bietjie swaarder, maar die seer is nie meer so heeltemal rou nie. Ons onthou haar en lag oor so baie mooi herinneringe saam met haar. Laasjaar November is my dogter getroud, sy en haar ouma was baie na aan mekaar. Dit was regtig moeilik. Sou so graag wou hê dat sy haar kleinkind kon sien trou. Sterkte vir elkeen van julle. Dit word beter, maar dit gaan nooit weg nie. ‘n Ma is onvervangbaar.

  102. Ken hierdie persoon se gevoel. Na n paar sessies by n sielkundige en 16 jaar later is die pyn nie meer so erg nie. Dit voel nog steeds asof daar n ledemaat van my kort. Dit gaan nooit weer reg wees nie. Ek is ook n sterk persoon,maar my ma se dood het die mat onder my voete geruk. Ek wens ek kan alles hier skryf,maar dit is te veel. Ek leef van dag tot dag met die wete…ek het haar my alles gegee,haar nooit n skewe woord gegee nie. Haar net altyd met die grootste liefde en respek hanteer

  103. Goed gese -my Ma is al amper 8 jaar terug dood aand kanker- jonk 67- en .. Ja wat “en”. Partykeer as ek loop in ons park naby die huis met ons “honde kinners”, verbeel elk my my Ma sal nou hier op hierdie bankie gesit het of hoe baie sy van New Zealand Sou gehou het.( ons aan genome land- amper soos n sterfte self on SA Te los, maar dis n stories vir n ander tyd)
    Feit bly mens treur altyd, partykeer baie en partykeer met net heimwee..

  104. Jy mag maar so voel, na 8 jaar voel ek nog presies soos jy dit hier beskryf, dit is n fokop. Dit raak beter maar daai pyn en gat gaan nooit weg nie, daar sal altyd iets of iemand wees wat jou aan haar herinner of laat dink. Al wat ek vir jou kan se is sterkte vrou, en vat dit dag vir dag, en bly glo en vertrou dat ons Pappa daarbo jou elke dag styf vas sal hou.

  105. Ek het my ma verloor 14 jaar terug en sy was maar net 42. Ek was nog bloed jonk en het ‘n pasgebore baba gehad. Dit was ongelooflik moeilik omdat my pa reeds twintig jaar voor my ma gesterf het. Ek het geen ouers. Ja, dit is nie maklik nie en ek dink nog daagliks aan haar, maar na 14 jaar raak die seer beter en die lewe gebeur. My ma het gesterf van kanker en daarom maak ek punt daarvan om aan elke kanker byeenkoms deel te neem. Ek hoop dit maak dalk een dag ‘n verskil in iemand anders se lewe. Ek kan nie vir jou iets se wat dit dadelik gaan beter maak nie, maar ek kan vir jou een ding se wat verseker is, ek was al waar jy nou is en ek weet presies hoe jy voel, maar tyd maak dit regtig beter. Daar is niks anders wat ek kan se nie. Ek wil haar nie onthou soos sy was haar laaste paar dae van haar lewe nie, want elke kanker leier wat ek sien bring weer daai aangesig terug na my gehee asof dit gister was, dis so helder, ek kan elke dingetjie onthou. Ek troos myself daaraan dat ek haar eendag weer sal sien in haar verheerlikde liggaam, weer mooi, voller liggaam en kleur in haar gesig. Dit dra my deur…sterkte, mag jy vrede vind en vreugte beleef vinniger as wat jy verwag.

  106. Jy vat raak wat ek ook beleef het en nie kon bewoord nie (maal 3).
    Dis amper 16 jaar van my Ma dood is, 3 jaar van my Pa dood is en ‘n jaar terug is my sielsgenoot voor my dood.
    Ons kan nie anders as om te ‘cope’ nie, maar dit is vir die toughste cookie nie maklik nie.
    Tyd help. Dis al wat ons het. Dit en goeie herinneringe en hoop.

  107. Baie goed gestel. Ek was 37 en my ma 59 toe sy oorlede is. Ek wou nog soveel goed saam met haar doen. Soveel goed wat ek wou vra. Ek dink nog elke liewe dag aan haar.

  108. My ma is einde Oktober 2015 baie skielik oorlede. En hierdie is ‘n perfekte beskrywing van hoe ek voel. Geen trooswoorde help nie. Niks gaan haar terugbring of dit beter maak nie. Tyd genees is ook strooi. Ek voel jy leer om met die pyn saam te leef, want dit word deel van jou. Sterkte vir julle almal wat die paadjie loop. Dit is nie maklik nie.

  109. Hoe dankbaar is ek nou dis nie net ek wat voel of ek mal word nie! Glo my as ek sê dis nog ‘n groter fokop as jou man doodgaan!!! Ewe skielik dink almal ek is onbevoeg, dit wat ek al 20 jaar doen kan ek nou ni alleen doen nie, kinders rondry, my werk, finansies! Ewe skielik is my beste vriende net weg!! Julle ek kanni ophou huil ni!!! Wat de hel?? Wat de fok nou??

    1. Karo-Mien, ek ken jou .. ons kom van dieselfde dorp af ….. ek het jou hartseer gevolg … ek dink gereeld aan jou .. Sterkte nog steeds,..

  110. Ja… voel jammer vir almal van julle, maar my hele lewe wonder ek hoe dit voel om n ma te he?? My ma was baie sieklik, ook met kanker en toe ek so 5 jaar oud is, en my ma in en uit die hospitaal, was ons in n weeshuis gesit. Ek het so vaag weg n prentjie van haar in my kop en n foto waar sy baie jonk was. Ek het n mooi ma gehad. Maar kyk na die foto en voel nie ‘sad’ of enige iets nie, want sy is oorlede toe ek 8 was. Ek en my sussie was in geroep en gese julle ma is dood en julle moet begrafnis toe gaan. Dit was dit ………? Ek kan nie eers onthou of ek gehuil het nie? Wat ek onthou het van die begrafnis is dat ek in die kis gekyk het en al wat ek kon sien is dat daar n swart stekie oor haar lippe was. Hulle se dis wat hulle gedoen het om die mond toe te hou, maar sy was wit met die donker donker swart hare en nog mooi gelyk.
    So…..ek voel jammer vir julle almal maar deur my lewe het ek nog altyd gewonder hoe dit sou wees om n ma te he? Het n ou tannie leer ken toe ek so 32 was en gedink as my ma gelewe het, sou ek wou he sy moes soos sy wees. Ek een keer n week by haar in geloer en gaan tee drink, of haar vir tee gevat iewers. Haar gunsteling was ‘Chicken Pie”. Sy was sal ek se, die naaste wat ek aan n ma gekom het en was bie lief vir haar en ek dink sy het dieselfde gevoel. Al hoe well sy haar 3 kinders gehad het, het ons ons ‘special moments’ gehad. Sy is nou so 4 jaar oorlede ook aan kanker en ek mis haar verskriklik baie want sy was n dierbare ou mensie. Ek kyk party keer hoe kinders met hulle ouers praat en so aan, dan dink ek maar net ek wonder hoe sou jy voel as sy nie meer daar is nie? Of as jy haar nie kon ken nie? Ek mis my ma nie, want sy was net n vrou maar ek het nog altyd N ma gemis en deur my lewe as ek n probleem gehad het, het ek altyd gese EK WENS EK HET N MA GEHAD WAT HIER KOM WEES, want ek het nou n ma nodig.
    Al wat ek vir julle kan se is………wees bly en voel geeerd dat julle julle ma’s vir so lank gehad het en dat julle julle ma’s geken het. Ek se altyd – die Here nes almal van ons pluk maar altyd die mooiste blomme in die tuin, so wees bly dat julle altyd die herhineringe van n ma het.
    Hartseer vir almal van julle
    God Bless

  111. In my lewe deur baie seer en hartseer gegaan….. Maar hierdie pyn en seer oor my Ma wat Okt 2015 oorlede is weet ek nie hoe om oor te kom nie. Ek weet ek kan en mag nie breek nie want my Pa wat agtergebly het, hys 80 en lei aan Alzheimers moet versorg word Ek en my 2de oudste suster versorg hom. Hoe kom mens ooit oor dit ? Ja ek raak ook kwaad en wil tale gebruik en baklei met almal wat voorkom….. Dit gaan haar nie terug bring nie! Om berusting te vind is baie moeilik ! Om als te kroon verloor ons vir skoonma in Des 2015 ! Dubbele verlies om te vewerk ! Hoe ? Kan mens ? Vrae kom onophoudelik op … geen antwoorde. Dit was seer, dit is seer…. onbeskryflik seer . So baie wat ek nog wou vra en uitvind en leer…. Weg….. vir altyd

  112. Wow! Besef jy hoeveel beteken hierdie skryfstuk van jou? Ek het my ma verloor aan kanker toe ek 15 was, oor ‘n maand is ek 23 en dit voel vir my dit word net erger met elke dag wat verby gaan en baie min mense verstaan dit. Baie min verstaan die moods waardeur ek daagliks gaan, maklik om ‘n masker op te sit en te maak of als oky is, meer as helfte van die tyd voel dit vir my daar word van my “verwag” om oky te wees, so asof die wêreld gaan, gaan staan as ek sê ek is nie oky nie maar eerlikwaar wil ek skree “EK IS NIE OKY NIE!” en aan die ander kant dink ek, wie gaan enigsins omgee as ek dit wel doen? Hul sal dink dis net weer een van my moods…dankie vir jou brief en vir die kans vir my om af te blaas!

  113. Ek praat uit my eie ondervinding. Dit raak nooit beter nie. My ma is oorlede toe ek 16 was, my sussie was maar 5 jaar oud. Daai gat gaan nie weg nie. 10 Jaar later en ek kry nogsteeds oomblikke waar als jou weer tref asof dit gister gebeur het. So dat jy voel jy kry nie asem nie. Dit raak nie beter nie. Die seer bly. Jy leer wel om met jou seer saam te leef. Dit word deel van jou. Ek kan soms oor haar praat, ander kere glad nie. Almal verwerk dit en deal met dit in hul eie manier. Maar daarvoor moet jy kans gee. As jy wil vloek, vloek! As jy wil huil, huil! Moet niks terug hou nie.

  114. Ek was 2 toe my ma oorlede is…die jr sal dit al 30 jr terug wees…en juis vandag wat ek hierdie lees dink ek al heeldag aan haar…mens hou NOOIT op verlang nie…en ja NIKS gaan haar terug bring nie… Xx

  115. WOW!!!!! my liefste moeder is hierdie jaar al 17jaar weg en nog elke dag wil ek “tantrum” want ek soek haar. mense sê”die tyd maak heel”. Wel, ek het slegte nuus vir hulle WANT DIT DOEN NIE!! Jy leer om met die seer saam te lewe, dis al!

    Ek het die post vreeslik wardeur want dag na dag soek ek haar. Die vertroosting is net tydelik en dit pis my af. Baie mense het ma’s en wat doen hulle? Praat met haar asof sy die hond is, druk haar in n oue tehuis en vergeet van haar vir gerieflikheids onthalwe.

    Elke dag wonder ek hoe anders my lewe sou gewees het as my ma nog hier was

  116. dis nou al amper 15 jaar. as mens gewoond geraak het aan die seer beteken dit nie dis nie meer daar nie. is dit grootword ? ‘n proses van seer versamel ? ma, pa – ek is lief vir julle. ek mis julle

  117. Ek weet hoe jy voel. Ek het my ma verloor 24 Junie 2014 en wag ook nog dat dit beter gaan. Ek het juis sommer vandag by Google ingetik: Ek mis my ma, en die eerste link was na jou post hierbo. Dit is presies hoe ek ook voel. Daardie eerste paar weke was nag gewees. Ek het wou hardloop, maar waarheen? Dit is of mens ‘n tweede naelstring het wat gesny word as jou Ma gaan. Ek sit en tjank op kantoor nadat ek jou post gelees het. Ek begryp skielik die verskil tussen simpatie en empatie. As jy dit nog nooit oorgekom het nie, is simpatie: Jammer oor jou verlies….As jy reeds daardeur is, is empatie: Ek weet waardeur jy gaan…en ek het empatie met almal wat hierbo gereageer het. Ek deel julle pyn.

    1. Ek is jammer Wessel. Ek en my suster het juis die naweek weer so saam oor my ma gesit en onthou. Dit word beter, maar dis soos ‘n ledemaat wat mens verloor het – daar is altyd daardie vae knaag. Hugs vir jou

  118. O my hel, Son… My bynaampie is Sonneblom… Ek sit hier en huil en huil nadat ek per ongeluk op jou post afgekom het. Dis so asof jy in my kop was!! Kon net sowel ek gewees het wat hier geskryf het, maar ek kan nie eers meer skryf nie.. Dis leeg sonder my Ma… Ek voel jou pyn Sus… soos jy se… dis ‘n fokop… Sterkte

  119. ek droom gereeld van my moeks..soms is sy nog siek en soms nie..sy het altyd geglo dat as jy droom van iemand wat oorlede is dan is die persoon by jou in gees..sy moet baie in my onderbewussyn wees die dat ek so baie van haar droom!

  120. Daai swart gat in jou hart gaan vir altyd daar wees! My ma is nou 10 maande terug oorlede en dis super kaas sonder haar..al was ek nie naby haar nie het ek haar nog steeds elke aand gebel. Ja en almal vertel ek’s selfsugtig want sy het gelei, Fok hulle, wat weet hulle! Dis my ma, sy was my alles, ‘n stuk van my hart is saam haar begrawe!!

    Jy kon dit nie beter stel in jou brief nie! dankie ek’s nie al fool wat treur nie..Kuns en musiek laat my met tye beter voel aangesien my ma ook lief was vir musiek..maar vader alleen weet sodra ek by my werk is dan raak ek nostalgies..

      1. Was my eerste kersfees en verjaardag sonder my ma (sys September 2014 oorlede)…. mens raak lam met die chroniese hartseer, en die verlange word net erger… dalk eendag sal dit beter word..Sterkte vir julle almal wat julle ma’s verloor het (of ander geliefdes)

    1. Ek deel jou gevoel Milla, my ma was nou maandag al 4 maande oorlede, die wind is uit my seile en mens voel sommer oud en afgeleef en heelemal uit jou natuurlike orde… en die wereld en sy oppervlakkige mense stop nie vir jou seer nie, jy moet spark en smile, want hoe kan jy nog 4 maande later steeds hartseer wees, is die kommentaar wat ek daagliks moet aanhoor…. net die van ons wat deur dit gaan weet watse hel dit is. baie sterkte vir jou

  121. Ek weet nie eens of DIE kommentaar nog werk nie – dit dateer lyk my 2013? My ma is op 8 September dood. Ek is SO gefok ek het nie woorde nie +- en ek is groter as 50. Toe lees ek vanaand DIE skrywe – en dit se PRESIES hoe ek voel.. winduit, moerig, bliksemrig, woedend vir my broers en sekere aanhangsels wat nie hier ter sprake is noie maar eat ‘n bydraende faktor tot my verlies is….. en ek is so verbaars om te lees dat my gevoelens so NIE uniek is nie….. my ma was wel 80, maar ‘n JONG 80….. ag tog Son – ek hoop jy is al beter… ek konsulteer WEL maar neem OOK NIE happy pills nie – ek smart net vanself. En hoop dat EENDAG die fokop minder grotesk sal wees

  122. My pa het gegaan, ‘n paar jaar later my ma. Ek het nie ‘n traan gestort nie. Ek het dit verstaan. Dis die gang van die lewe. Ek sien hulle vir seker weer. niemand kan vir altyd hier bly nie. Wat gepla het en ontstel het, was familie en mense se onbeholpe betekenlose reaksies. Dis soos elke dag wanneer iemand jou groet en vra hoe gaan dit, maar hulle stel nie daarin belang hoe dit met jou gaan nie. Ek het ‘n antwoord vir hulle almal: Ek mag nie uitpraat nie.

  123. Ek het my ma onverwags aan hartversaking verloor, sys op 66 in haar slaap dood op 19 September 2014.. jy beskryf so goed hoe mens voel… selfs berading en anti depressante maak daai pyn en verlange nie minder nie en dis ‘n lewende hel.. ek wens mens kon dood en die afskeid net beter verstaan…as mens net verseker kon weet sys in vrede en gelukkig waar sy nou is… maar mens weet nie en jy dink net dood dood dood.

    1. My suster het vele male gesê sy wens my ma wil net een keer “laat weet” sy is okay. Maar dit werk nie so nie. Dalk is dit juis omdat daar niks is nie, wat on smoet glo sy is okay 🙂 Sterkte vir jou – dit vat nie ‘n week of ‘n maand nie. Dit bly by mens. Altyd.

      1. Dankie Son, dit help ook om met iemand te praat wat weet waardeur mens gaan, iemand wat nie ‘n ma verloor het nie, begryp nie daai verlies nie… groetnis x

  124. My ma is n dag voor my 7de verjaarsdag oorlede aan maagkanker. Dis al meer as 12 jaar terug en dis nou nog seer. Om ‘derms te ryg’ help niks. Mens raak darm die pyn gewoond. Maar elke keer wat ek die woord ‘ma’ hoor, besef ek weer dat ek nooit een sal he nie. Ek het vir lank net probeer vergeet, maar nou is ek spyt dat ek nie aan al die herinneringe vas gehou het nie. Al wat my troos is dat ek en sy eendag weer sal ontmoet wanneer die Here my ook kom haal..

  125. My Ma Oktober 2014 al 18 jaar weg, sy was maar 47 en die seer
    gaan nie weg nie ek huil nogsteeds oor haar, as ek maar net nog
    Eenkeer haar kan vashou, dis so finaal ek voel partykeer ek wil net
    Weg hardloop ek wil mal word want sy was my beste maat en haar
    Liefde vir my onkondisioneel… mis jou altyd!!!!

  126. ……..en hier sit ek my stukkie seer ook by, het my Ma die 25ste Maart 2014 verloor na n operasie wat suksesvol was, skielik, onverwags, sy was reg, ek was nie, ek sal nooit reg wees nie,ons 4 kinders en my pa is tot in ons wese geskud,, on rots en ons rigtingwyser is weg, sy wat altyd gelag het, My Ma verjaar vandag, sy sou 81jaar gewees het, …………….

    1. Dis nog vars en baie seer. Gee tyd maar ‘n kans. Dit gaan nie weg nie, dit word net draaglik. Elke 13de dink ek aan my ma. Augustus is dit 2 jaar

  127. sjoe, elke keer as ek hier kom lees wat iemand geskryf het begin ek van voor af huil, laat ek nie kan voor my sien nie, gister 13 Mei 2014 is dit al 10 maande wat my ma al weg is van ons af, en nog elke dag mis ons haar net meer en meer, Sondag met moedersdag het dit my so gevang ek en my Lieffie was begrafplaas toe na sy ma en my ma toe, en mens kan nie glo hoe baie mense daar was by grafte nie, orals het daar mense by grafte gesit op die grond en na die grafte gekyk, sommiges het gestaan langs die grafte en gehuil, dit my laat voel of ek net na hulle toe kan stap n drukkie vir hulle gee en se dit sal beter word… maar vir my self is dit nog nie beter nie.

  128. jy beskryf alles soos ek dit ook ervaar het.Niks maar niks kan daai leë gevoel of gat vervang nie en dit sal altyd daar wees tot die dag van jou dood. Die goeie nuus is, is dat jy LEER om daarmee saam te leef. Moenie dat ander mense jou iets anders vertel nie. niemand kan voel soos jy as hulle dit ook nie self beleef het nie, want altyd was dit so, dat die liefde sy eie diepte nie ken nie, tot die uur van skeiding.
    Mis my mamma en pappa elke dag. Hul is al 10 jaar gelede oorlede in n redelike jong ouderdom en ek al 55.

  129. Sjoe ek jou briefie per toe val ontdek!! Maar dis presies hoe ek voel en weet nou eks nie alleen nie. My broer en suster het my afgeskryf na ons Mammie se dood en wil niks met my te doen he nie. …..weet nie hoekom nie!! Seker omdat ek die jongste is en baie na aan Mammie was. Ek mis haar elke dag meer en meer!!

  130. Son, ek verstaan presies hoe jy voel en ek het lekker gehuil terwyl ek jou post lees. Maar dit was goed en nodig om te huil. My ma is ‘n week na haar 60ste verjaardag in Junie aan kanker dood. Party dae kan ek eerlikwaar sê ek funksioneer en dan, dan is daar die ontou-dae wat ek ook net iets wil stukkend bliksem en dan, wanneer ek dit die meeste nodig het…kan ek nie oor haar huil nie. Sterkte daardie kant en ek glo ook dit word beter, maar die gaatjie in my hart sal altyd, maar altyd daar bly.

  131. Ek weet hoe j voel…my ma ht gsterwe 2 ek 1 jaar ws….ek ws dom n ht nix gweet n vstan ni,ek wou altyd weet wa sy ws ma nimand wou my se ni n soos ek groot gnoeg gwrd ht ht hle my gse dt sy weg is…dt ht my gbreuk,i deel vn my ht dood ggn dardie dag….dt ht my amper noit gpla ni ma nu dt ek groot is n ha so baj nodg ht,dt mk my baj seer o kiners mt hul ma t sien…ek ht noit di gleentheid ghad om memories mt ha t bou ni…ma wt ht my fantasies vn ha….js reg..om jo ma t vloor is i moerse fokop…

  132. Sjoe wat om te se….dis so moeilik om te beskryf. Mens gaan deur die lewe met die gedagte dat mens lank saam al jou geliefdes gaan leef. Mens dink aan die toekoms en beplan al ewig dit saam met hulle. Min weet jy dat hulle nog een oomblik hier is en dan net iewe skielik weg is.

    Ek het op die ”post” afgekom op n baie weird manier. Glad nie eers vir dit gesoek nie. Ek het dit begin lees en alles het weer terug gekom. Ek weet ek het nog nie myself die tyd gegee om werklik vrede te maak oor my pappa se dood nie. Hoe kan ek…Ek weet ek gaan nou sekerlik n opstel skryf maar dis iets wat ek vir myself doen en as iemand dit wil lees is dit okay.

    Ek en my Dad het n anders verhouding gehad. Ons kon met mekaar praat oor enige iets. Hyt my geleer maak nie saak wie dit is nie moet ek altyd my se se as ek dink ek is reg al is dit tussen my en hom. Solank ek dit op die regte manier se en met respek. Iets wat my susters nooit kon verstaan het nie. Ek was sy baby en dis wat hy my genoem het tot die dag wat hy ons verlaat het.

    Ek en my middel suster woon in die kaap en my ouer suster en my ma hulle het terug johannesburg toe getrek. My Pa hulle het kom kuier vir ons so 2maande voordat hy oorlede is. Min weet ek dis die laaste keer wat ek hom weer gaan sien, n drukkie gee, n soentjie gee en vir hom kan vertel hoe baie ek hom lief het en dat hy so baie vir my beteken. Die oggend op pad lughawe toe het ek en my Dad bietjie vas gesit. Hy wou vir my petrol geld gegee het en ek het nee gese en ons albei was bitter kwaad. Op die lughawe het hy my n lang stywe drukkie gegee en my gesoen en gese onthou ek is lief vir jou. Ek was steeds kwaad oor die gedoente in die kar en was mislik en het dit half terug gedoen. Vandag skop ek myself en is bitter spyt daaroor.

    My pa was mal oor duik. Hy was saam klomp mense op n kursus rooi see toe vir 3 weke…maar voordat hy gegaan het het hy sy testament reg gekry en n lewens verskering uit gehaal. Ek was so kwaad toe ek dit hoor. Ek het hom gebel en gefreak en gese baie keer doen mense dit en dan gebeur daar iets met hulle. My pa het toe gegaan en ons het nie veel daardie 3weke gepraat nie. Hyt terug gekom en so 2weke voor sy dood was hy anders.

    Hy het die weirdste goed gedoen en gese. Hyt vir my ma gese dat hy weg gaan en syt gevra waantoe…syt gejoke en vir hom gese as jy my wil los bly alles net hier jou klere en bike alles. Jy sal kaalgat hier uit loop. Al wat hy terug gese het is jy sal sien. ek gaan weg. Sy het toe dit net gelos en niks daarvan gedink nie.

    My Dad het geweet as ek hartseer was as ek en my verloofde bietjie probleme gehad het…hy sou my net bel en se ai my kind dinge is nie leke tussen jou en …. nie praat asb met my. Hoe hy geweet het, weet ek tot vandag toe nie. Die aand voor sy dood het hy my gebel en gevra of ek en …. okay is. Dis die eerste keer wat ek vir hom ja gese het maar ons was nie. Hyt begin huil en gevra kan ek nou op die vliegtuig klim en kom kuier. EK HET NIE. Dit was 21:00 die aand.

    Die volgende oggend het my oudste suster my gebel by die werk. Ek was in sulke goeie bui. Ekt geantwoord en net gehoor sy huil en sy kan nie praat nie. Sy het net gese Pappa was in n ongeluk op sy motorfiets. Ekt dadelik gehuil en geweet. Sy het gese sy weet nie hoe ernstig nie maar sal dadelik laat weet sodra sy hoor.
    Ek het almal gebel my ma se suster het vir my n leun vertel en gese my pa was net ligies by n stop van agter af gestamp.

    Ek was so kwaad want ons wou kaartjies gekoop het dadelik om hom te gaan sien. Ons was van 11:30 af aan n lyntjie gehou tot 15:00. Dit was belaglik. Het nie geweet wat aangaan nie. Hier sit ek en my middel sus in die kaap en weet niks nie. My ma het gebel om te se sy dink ons moet maar eerder kom dinge lyk nie goed nie. Ons was skaars op die lughawe net besig om te board toe lui my telefoon….dit is my verloofde. Hy het gese ”Lief ek is so so jammer, pappa het nie dit gemaak nie”. Ekt gegil en vir hom gese hou op vir my lieg dis nie die waarheid nie, hoe kan jy dit se. My suster was langs my en het my gehoor en toe besef dis te laat. Pappa is oorlede deur n meisie wat die stop geskip het en reg voor hom in gedraai het. Hyt geen kans gehad nie. hy kon nie uitswaai nie. Die vlug was nag…was onsettend lank en wou net nie meer dink nie. Om te dink 2ure was net te lank. 2ure het gemaak dat ek nie my pappa kon sien lewendig nie, 2ure was dit en ek kon nie baai se nie.

    Mamma was saam haar suter by lughawe…syt so so erg gelyk. Syt ons nie raak ”gesien” nie. Syt net heeltyd gese ”hyt my gelos, hyt my alleen gelos”. Ons lewens het verander die 20ste Oktober 2010. Dit was n maand voordat ek 21 geword het.

    Die emosies waardeur jy gaan..dit voel nogsteeds so onwerklik. Pappa was n groot man, baie gesond en hy was die laaste 4jaar voor sy dood baie lief vfir die Here. Hy was mal oor sy bike, hy was nie ”windgat” nie. Hy was gym mal en het baie gesond geeet. Hyt ophou rook 7jaar voor sy dood en 13jaar op hou drink. Hy was n mooi man met die mooiste blou oe. Hy was n steun pilaar, my rots, beste vriend en hero. Hy het sy fout gehad ja soos enige mens maar hy het opgemaak daarvoor in soveel manier 3jaar voor sy dood.

    Ons 4 girls was sy alles. Hy en mamma se verhouding was besonders. Hy was baie lief vir haar en sy vir hom. Ek het altyd gehoop dat ek dit eendag in my en my man kan he. Dit was verskriklik mooi.

    Nou 3jaar en 10maande later is my hart nog stukkend. Ek trou Begin Oktober en my hart breek. Dis so erg, het altyd gedink my Dad sou my afstap. Die hele prentjie in my kop gehad. Mamma is in tussen verloof. Hulle is so n jaar en n half saam al en het Valentynsdag 2013 verloof geraak. Dis anders, dis on beskryflik. Dis baie seer…Nou sit ek hier 39 slaapies voor my troue met die wete dat my Hero nie my gaan afstap nie. Dat hy nie by my spesiale dagie gaan wees nie. Hoe doen ek dit? Dit tref my nou so erg en woorde kan dit nie beskryf nie. Nou moet ek ”nice” wees want die verloofde gaan by die bruids tafel moet sit saam my ma. Ek het niks teen hom nie maar dis nie sy plek nie dis my Dad sin.

    Tyd is so kosbaar en tyd kan alles verander. My hart gaan uit na elke liewe persoon wat al ooit iemand so kosbaar en naby aan hulle verloor het. Mens vat dit dag vir dag…party dae is dit erger as ander. Mens probeer die goeie goed te onthou maar onthou ook soms die slegte.

    1. Ek sit en lees jou verhaal en sien ons en veral my dogter. Trane vloei en ek dink ook aan my man en seun wat saam in motorongeluk oorlede is Jan 2008 fie dag net na my seun 23 geword het. My man het Aug 2007 sy polisse reggekry Des 2007 het vriende hul see vakansie gekanselleer om Des saam ons te spandeer. Min wetend laaste Kersfees en nuwejaar saam hulle. Die dag met hul ongeluk het ons as familie saam middagete genuttig. Na die tyd het ons gegroet my seun het heeltyd omgekyk en vir sy sus gesmile. Ek en sy het werk toe gery en sy het vir my gevra wat is dit met boetie hy tree snaaks op. Ek het nog vir haar gese hy seker net happy want hy gaan saam sy pa op besigheid (wat nie sommer gebeur nie ek is die een wat altyd saam hom ry maar die dag vra hy vir ons seun om saam te gaan) en hul gaan dan ook sommer na trou venue kyk vir sy troue Maart. Hul daai aand oppad terug in motorongeluk opslag oorlede.daar het verskeie snaakse goed gebeur in daai laaste tyd. Na die tyd dan kom al die toevallighede bymekaar en dan besef mens dit was asof hul geweet het dat dit die laaste sou wees en ons moes die omstandighede en gebeure onthou memories verewig totsiens aan ons.

  133. My se skrywe lees ook soort gelyk…net my se mamasito is 54 en 4 mnde oud vernietig deur die gif wat gebring is deur jarre se hartseer en pyn en ellene en worries…wat ‘n fuck-up…sy’s dot…ek gil en spring,gooi ‘n vloermoer maar heellaas help nada…fokile nieght…ek’s verby livid en kan absoluut NIKS doen en NIKS verander nieght….

  134. Ek et ook n ma verloor toe ek mar net. 9jaar oud was!!Ek sukkel baie om dit te verwerk!!!Ek is nou n tiener van 15 jaar oud!Ek bly by my pa en my stiefma!!Ek wil baie graag by my tannie in Welkom gaan bly,mar my pa wil my by hom he!!Ek het n halfbroer aan my pa se kant,en n halfsister an my ma se kant!!Ek het nt Een regte sister mar sy ht al kinders van haar eie!!Ek wil net baie graag vra ve raad om my ma se dood te verwerk!!dankii!!

  135. Maggies sit en huil ek dat die honde Weg hardloop. My mams is skierlik oorlede driemaande gelede, dit was die ergste seer wat ek in my lewe gevoel het. Nie eers my eerste hart breek op 22 kon daai rigterskaal so intens geruk het nie. Maar mams het altyd gese ek is Haar Sterk kind en sal nooit gaan le nie. Sy het n week voor Haar dood my gevra asb om altyd daar te wees vir die drie seuns. ( mammas boys) het ek altyd met hulle gespot Maar nooit besef dat n ma en Haar seuns enigste in hulle soort is nie. My boeties kry baie swaar want ma was altyd daar met raad vir alles. Ma was elke dag gesien en Gesels het nooit opgeraak nie !!! Ons vier was waarlik geseen met n Moeder wat niemand kan vervang nie. Ek steek my seer Weg deur altyd te lag sien ma het my dit geleer. Daarom is ek die Sterk Een en sorg dat ek daar is as die seuns as hul wil Gesels of sommer net wil huil en kwaad wees oor ma se weggaan.
    Ek bid vir julle Almal wat seer het oor n geliefde wat Weg is, Maar ek God Maak nie ons laste swaarder as wat ons kan dra nie. Dankie dat ek my seer met julle kon deel.

  136. Claudia,

    Ek weet hoe jy voel. My ma is die 3de Julie 2013 oorlede. Ons het haar die 9de begrawe. Die hospitaal het ons half een die woensdag oggend gekontak. Sy het geveg en geveg tot 1 uur die middag. Die pyn is swaar. Ek weet presies hoe jy voel. Ek het my ma baie deur die dag gebel en gehoor wat maak sy en so aan. Ons het n baie groot 6 slaapkamer huis,so ons almal bly onder een dak. Vir 33 jaar het ek saam my ma (en pa) gewoon. Nou is sy nie meer daar nie. Wanneer ek in die middae by die huis kom is dit so swaar. Al die fotos en en en maak my van vooraf weer hartseer. Die kombuis waar ons as gesin en baie keer vriende ook elke middag almal saam gesit het en gesels het is nou stil, alowel almal daar is, is dit net nie meer dieselfde nie. Die dag van die begrafnis was vir my baie swaar. Inteendeel, as ek nou daaraan sit en dink kan ek nie glo ek het daar deurgekom nie. Met krag van bo alleenlik het ek dit gemaak. Dis n baie moeilike tyd wat vir beide van ons voorle. Die traane loop nog daagliks, maar soos Son sê, dinge sal beter raak, ek weet dit sal, dis net op die oomblik nog swaar, so onwerklik……..

    Baie sterkte

  137. Baie dan,ie Son. ek sal jou mail, glo my ek wil die berge in hardloop en skree, baie dankie. ek het juis nou nou haar foon gebel ons nog nie foon af gesit nie, toe sy nie antw nie bel ek my pa en vra hom wat hy maak toe hy se hy besig met sy kamer om net van die klere weg te pak weg voor sy oe, toe val dit my by, ek haar elke dag gebel van die werk af om te se hoe my dag of as ek n leer nie kry nie ek haar gebel en gese, dan sy altyd gese ek Swaai my staffie, woop woop as jy weer sit sal jy die leer kry, en dan het ek soms eers teen die middae soms dadelik, soms in die aande as ek by die huis kom was sy nie in die sitkamer nie dan ek geweet sy kruip vir my weg iewers om my skrik te maak, ai en nou dink ek gaan nog baie deur die huis stap om te kyk waar sy wegkruip om my skrik te maak, baie dankie vir jou gesels dit help baie

  138. Niemand wat nog nie n Ma verloor het sal weet hoe dit voel nie. My Ma was slegs 56 jaar en is skielik in n koma en 4 dae later oorlede. Dis baie swaar, dis n leemte wat nooit gevul kan word nie. Geen pil geen dokter geen vriend geen geluk, geld en so aan sal of kan daai leemte vul nie. Ons was baie na aan mekaar gewees en so te sê ook als saam gedoen. Die skielike dood was n skok. Ek het nooit ooit gedink my Ma sal oorgaan so jonk. Nou die vraag is, hoe kom mens oor so iets……. Die antwoord….. Jy doen nie !!!! Ons was n close gesin. Maar wanne ek hartseer voel klim ek in die kar en gaan na haar graf toe, sit my sonbril op en huil, ja, mans mag mos huil, want jy kan huil. Dit help vir die hartseer, maar vul nie die leemte nie. So ek weet hoe jy voel, dis n fokop.

      1. Ek weet nie regtig hoe om dit te hanteer nie, my ma was n sterk mens sy het haar pyn weg gesteek, ek glo nou mens weet wanneer jou tyd is, my ma om by die huis in te gaan na werk en haar nie daar sien sit nie, om te dink jy moet huistoe en vir kos maak, ons haar donderdag 11 Julie 2013 hosp gevat, en 12Julie 2013 12 uur die nag bel die hosp ons moet kom ons haar net gemis, om my boetie en susie wat klaar uit die huis te te bel en mee te deel was die swaarste oproepe in my hele lewe, hoe vergeet mens die liggam wat daar le, ek kani slaap nie, sien haar voor my staan ek hoor haar selfs asem haal, ek kan net dink hoe my pa moet voel allie jare was sy langs hom en nou… Vrydag 19 Julie 2013 is die dag wat ons haar weg bere, hoe bly mens kalm rustig wees sterk vir almal om jou,Hoe ek wil skree skop slaan maar wat gaan dit my help, nou is daar mense wat se gaan op jou eie laat jou pa sy eie pad gaan, dit sal ek nooit doen nie ons meka nodig, ja ek weet hulle oor al n ouer verloor maar ek is anders groot gemaak, jy los nie net iemand nie, ek wens net ek het geweet wat om te doen hoe om dit te hanteer, om te dink ons moet haar in die grond in af sak grond bo-op haar gooi, ek kani, weet nie hoe nie

      2. Claudia, ek het nie woorde vir jou nie. Trooswoorde het ek, maar dit verander niks nie. Ek weet waar jy nou staan en al wat ek wel vir jou kan sê is dat dit TOG beter raak, met die tyd saam. Maar dat dit hel is voor dit beter is. Dat daar dae gaan kom wat jy outomaties ‘n foon gaan optel om jou ma te bel en dan besef jy kan nie meer nie. Dat daar dae gaan kom wat jou eerste gedagte is om jou ma jou goeie (of slegte) nuus te vertel. Net om te onthou sy is weg. Haar eerste verjaarsdag, eerste kersfees sonder haar en al die ander verjaarsdae. Al wat my en my suster en on skinders gehelp het is om oor haar te praat. En te praat en te praat. Ons het haar onthou, hoe baie sy gelag het, hoe baie sy ons laat lag het, die dinge wat sy ons geleer het, die versies en die liedjies. Dis hoe mens daardeur kom. As jy niemand het om mee te praat nie, dan email jy my en vertel my en ek sal luister. En eendag gaan jy besef jy kan aan haar dink sonder om aan di ehuil te raak. Sterkte vir Vrydag. 13 Augustus is my ma een jaar dood. Ek sal baie aan jou dink Vrydag.

    1. @ verlang, my moeder is 25 Jan 2015 ook skielik oorlede, en sy was nie net n ma nie, sy was my alles. En alles wat jy gese het is wat ek voel en deurmaak. Min het ek ooit geweet dat daar n pyn kan wees soos die. Daar is tye wat ek nie kan asemhaal nie en dat die trane net loop. Ek gaan ook na haar rusplekkie om net n bietjie alleen te wees. Aai die is n seer wat ek aan niemand wens nie… dit is n fokop

      1. @Ronel, Ek is baie jammer on van jou verlies te lees. My Moeder is al amper 3 jaar oorlede. Ek gaan lieg as ek sê ek voel al baie beter. Daar gaan nie n dag verby dat ek nie aan haar dink nie. Ek gaan besoek haar graf steeds elke week. My lewe het intussen baie verander. Ek is nie meer die gelowige wat ek was nie, ek het ook n harder mens geword (omdat ek als moet beskerm) mense dink hulle kan net besittings vat. Al wat ek nou in die lewe het is wonderlike herhinderinge en n klein groepie opregte vriende. Goeie vriende is wat my deur getrek het en steeds doen.

        Al wat ek jou kan sê, dis n jaar wat verby is vir jou. Soos ek het jy nog n lang pad om te stap, moenie alleen stap nie, ek het alleen probeer stap en amper van die pad af gestap. Baie sterkte vir jou, ek weet presies hoe jy voel….

  139. Ek en my pa het my ma vir ‘n noodoperasie na Swakopmund geneem, sy moes vir ‘n verdere operasie binne daardie week Windhoek toe. Ek moes saam op die dr se aanbeveling….Ek en hy het haar Donderdag gaan haal uit die hospitaal- die aand is hy langs haar oorlede – in sy slaap…sy moet half 6 by die hospitaal wees vir die opvolg operasie en daar sit ek, half 1 die oggend sonder ‘n pa en stukkende ma vol dreineringspype oppad teater toe…dit was die 14 September…ek het op die 27ste September 50 geword…met net my ma.My pa was die hoofdraad in my menskombersie en nou rafel my kombers, ek kry koud, my man is stukkend oor my pa want hy was sy enigste vriend en vertroueling…my ma wil nie meer lewe nie, my dogter is flenters want sy het op haar oupa se skoot groot geword. Hy is in my arms dood en ek kon hom nie help nie!!!! My eerste seuntjie verloor, ‘n seun is gebore na hom, ek verloor my derde seun op 3 en n half jaar, allergie vir medikasie op dr voorskrif…hy moes nou 21 Januarie 26 jaar oud gewees het….die dood bring groot chaos in ons lewens. Wees dankbaar vir jou mense wat oorbly, dank God vir elke kosbare oomblik met jou geliefdes…leef voluit vir God want jou DOOMSDAY kan nou wees, niemand weet wanneer ons HUISTOE moet gaan nie.

  140. Dis waaragtig ‘n fokop as mens een van die dae verjaar en jy weet dis die eerste sonder ons ma…..shit, hopelik ‘visit’ sy ons vir ‘n sekonde of twee…..al is dit net om vir ons tong uit te steek oor sy nou op ‘n baie beter plek is. Ek is die afgelope 2 dae weer behoorlik in ‘n gat oor haar wat ‘missing in action’ is. Gelukkig weet ek dat ek weer beter sal voel….dalk oor ‘n dag of twee….of ‘n week.

  141. Die aand toe my ma dood is het ek weer begin rook. En baie skerp kon ek haar stem onthou as sy koortjies sing in die kar op pad myn toe om my pa te gaan haal by die werk. Soms onthou ek nog hoe sy my gat stukkend geslaan het as my hond weer die tuinslang stukkend gevreet het. Meeste van die tyd onthou ek die mooi tye en die lekker saamsingery maar, jy is reg, dit is ‘n moerse fokop.

  142. Hallo Son, ek is diep geraak deur jou brief. As iemand wie se ma ook al dood is en omdat ek self ‘n ma is. Woorde help niks, ek weet, maar ek hoop dit het jou gehelp om jou hartseer in woorde om te sit.

    Ek is nuut hier, daarom antwoord ek nou eers.

    1. Ek IS nog hier 🙂 Ek was vir ‘n week Karoo toe. Het my siel gaan soek en het hom gekry ook. Saam met baie lag. Binnekort skryf ek weer hier 😉 Watch this space

  143. Nuut hier — En so dankbaar ek kon jou skerp beskrywing raaklees – My Man is drie maande gelede opslag gedood – seker daarom dalk dat ek nie woorde het nie behalwe wat ek gister vir iemand gesê het op die simpel-goedbedoelde ‘hoe gaan dit’ : sommige tye pure hel – maar teen slakkepas gemeet glo ek dit gaan vorentoe – en ek glo ook ek sal nooit ooit weer helemal heel wees nie, maar wel bruikbaar in my kwesbaarheid – Goddank vir kosbare herinneringe

  144. Dis seer sekerlik nie dieselfde ding nie.

    Maar toe my Oupa laasjaar oorlede is het dit my so ongelooflik hard getref. Ek het maklik ses maande lank intens getreur.

    Ons was nie besonder na aan mekaar nie, ons het ook nie moeilikheid met mekaar gehad nie.

    Maar hy was ‘n stabiele figuur in my lewe.

    Ek mis hom nog steeds.

    Niks was al ooit vir my so erg soos sy begrafnis nie.

  145. Dis ‘n fokop ja. Dis nie lekker nie, maar seer was nog nooit lekker nie. Dit is harseer, anders was jy ‘n klip. Dit vat tyd Son, ‘n gebreekte hart genees nie oornag nie. Wees geduldig…en skryf maar jou hart uit, ons sal luister.

  146. Sorry ek kom nou eers hier uit.

    Daar is niks wat ek kan sê wat nie al gesê is nie. Ek dink aan jou.

    Ek mis nou nog Plasie se ma en pa wat weg is, sy pa voor ek hom kon leer ken. En ek is kwaad oor ek nie die kans gehad het nie.

  147. Toe my pa dood is 12 jaar terug, was ek soms kwaad vir my man dat sy pa nog leef. (Nie dat ek my skoonpa doodgewens het nie, maar hoekom kon hy ‘n pa hê en myne is dood?) Daar was soveel goed wat ek hom wou vra, wou bel en dan onthou ek ek kan nie. Ek het vir lank in sy pajamas geslaap en een van sy truie gedra. En ja, treur is normaal.

  148. My pa is 11 jaar terug dood. Was ook 72. Karongeluk – ek het nog die oggend met hom gepraat, die middag was hy dood. Sy nommer is nog steeds op my foon. Ek luister – en huil – elke keer as ek Moonlight Serenade hoor. Wil hom nog steeds bel om ‘n song op classic fm te luister.
    Die gat bly altyd daar. Niks maak dit ooit vol nie. Mens kry net krag elke dag om aan te gaan, en een of ander tyd verander die kwaad in aanvaarding. die hartseer in onthou.
    En onnosel soos dit dalk klink, of cliche, of geradbraak – tyd bring wel genesing. Geen derms ryg, of happy pills nie, net tyd. As jy dit toelaat.
    Sterkte Son…

  149. Het gister gekliek op ‘like’ hier, het geen comment gelos nie, het geen woorde gehad nie. Vanoggend baie vroeg het ek wakker geword met wat jy hierbo geskryf het in my kop (dis maar hoe dinge werk drie-uur in die oggend). Daarom het ek teruggekom om te comment: Is self bekend met verlies en cope baie moeilik en soms baie ungraciously daarmee. In die plek waar hartseer en pyn woon is daar nie woorde nie, maar steeds wil ‘n mens die onmoontlike doen en iets se, enigiets, om dinge beter te maak. So: alles gaan seker maar OK wees. Eventually. (En BTW, ‘Scientific American’ het bevind mense vloek vir ‘pain relief’. Niks fout daarmee nie, volgens my.)

  150. Ek is nie iemand wat gewoonlik vashou aan mense wat gegaan het nie, maar ek weet met my Ouma se dood het die ding my rerig gery. Ons was nie eers baie close nie, en ons het eintlik meer baklei as nie baklei nie. Ek kon net nie ophou skuldig voel na haar dood nie – kon ek meer tyd saam met haar spandeer het? Kon ek bietjie meer geduldig gewees het oor al haar streke? Ensovoorts.

    Op die ou einde het my Pa my bietjie eenkant gevat en gese^ ek moet myself nou regruk want hy ken my nie so nie. Natuurlik ‘n groot snot en trane van my kant af. Hy het gese^ ek moet maar probeer om eerder die goeie goed te onthou en laat gaan die res, dis nou verby. Ek het gedink dis bietjie hard van hom af, aangesien dit nogal sy ma was en nou was hy ‘n wees-“kind”.

    Maar hy was reg. En dis eintlik presies wat ek nodig gehad het.

    Ek is baie jammer dat jou ma dood is. Jy moet soveel tyd vat as wat jy nodig het om te rou. Die hel weet as (of eerder wanneer) iets met een van my ouers gebeur dink ek hulle sal my vir so ‘n week of wat op inspuitings moet rustig hou want ek sal heeltemal uitrafel.

    Maar die son gaan weet opkom more, en jy sal weer beter voel ook. Byt net vas. xxx

  151. Aai, Sonstraal – daai gat in jou hart word ongelukkig baie stadig vol, so half teen die pas van die res van jou lewe – tyd is die enigste iets wat dit beter maak, tot tyd en wyl, is die pyn byna ondraaglik en wil mens nie wakker word in die oggend nie – trane stroom soos water uit jou oë uit – huil huil huil, ou Son, niks anders (soos mooi goed, fliek, besig, bly, boeke lees en al die dinge wat mense graag voorstel) gaan help nie… sterkte – ek dink aan jou.

  152. Dit maak nie saak hoe min “lewenskwaliteit” iemand op die end gehad het nie: Daar is ‘n verskriklike groot verskil tussen lewendig en dood. En nee, dis NIE beter so nie. Ek bid vir jou, sonder woorde want ek weet nie waarvoor ek moet vra nie, maar ek glo die Here verstaan waar my denke en begrip en selfs gevoel nie by kan kom nie.

  153. Roxy dankie vir jou eerlikheid. Jy het so pas verwoord wat ek gevoel het twee jaar terug. ek was meer my pa se kind as my ma sin maar die Here alleen weet hoe hard haar dood my geslaan het. Ek is nes jy ‘n tawwe cookie maar girl haar dood het my harder geslaan as my hardste geveg. Ek kan vir jou nou se dit word better maar die gat is altyd daar. Daar is niks om oor sleg te voel nie jy hoef niemand te sien nie wees net jou self tyd bring genesing. Sterkte

  154. Jy mag maar hartseer wees. Jy mag maar treur. Nee, jy MOET treur. Ek het lankal besluit ‘n mens raak nooit oud genoeg om jou ma te verloor nie.

  155. Die nag toe my ma oorl is, het ek my arms om haar skouers gesit en vir haar vertel ek’ s hier – sy’s nie alleen nie, al troos dit wragtag nie, nou sit ek maar my arms om jou skouers en vertel vir jou vanaand – jy’s nie alleen nie , ek’s hier. Dit vat lank om gewoond te raak aan ‘n Ma wat nie meer is nie. Daar kom ‘n dag dat jy weer lag oor snaakse dingetjies wat sy gedoen of vertel het . Dit vat net dêm lank- soms voel dit soos ‘n ewigheid. Myne het nogal so week voor haar dood so ewe my wou voorberei dat daar ‘n dag kom dat ‘n mens moet ” oorstap van lewe na dood”(Haar woorde). Ai tog die band met ‘n mens se ma is sterk, wonderlik om tog mooi dinge te kan onthou- . Al vertel ek jou ek het die pad gestap-elkeen rou op sy manier en beleef verlange op sy manier, en sterkte help boggerol, ek weet.
    Maar miskien help dit as ek vir jou vertel mens moet huil. MAAR gun jouself ook die lag so tussen-in.Dan een dag kom jy agter jy kan al oor haar dink of gesels , sonder om te huil .

    1. Liewe “Son”. Ons ma is verlede Woensdag begrawe… presies, presies soos jy dit beskryf! Jy kan nie eers naastenby glo hoe dit my broers getroos het nie…. ek dink dit is omdat mans makliker vloekwoorde kan gebruik, en dan tradisioneel ook mos nie mag huil of openlik treur nie. Moenie dink ek het nie presies ook so gevoel nie. Jou briefie is al verlede jaar geskryf, so ek glo jy is al gedeeltelik oor die pyn… dit hou glo LANK! ek weet nie HOE lank nie. LANK is ‘n relatiewe begrip, ek hoop my lank gaan gou verby, want ek sukkel om normal aan te gaan met my lewe. Stap sommer elke nou en dan telefoon toe om haar te bel! Ek meen…. Voel soms of my logiese denke my verlaat het! Sterkte aan almal wat ‘n ma verloor! Die afskeidsproses laat my dink aan my voorgeskrewe boek in matriek… daai ewige naelstring!

      1. Wens ek kan jou sommer net ‘n druk gee, of dalk ‘n koppie koffie. Woorde is te min. Ja, dis al ‘n rukkie terug, maar dit slaan mens soms nog om wanneer jy dit die minste verwag. Sterkte, dink aan jou

      2. Hi, my ma is gister begrawe!!! Dit is nog so onwerklik!!! Ek het vandag net gesit, niks gedoen nie, ek voel ek wil versmoor!!! Die knop in my keel is te seer om eers iets te eet of drink!! My ma was ook 72, sy was deurtrek van die kanker, ons 3 susters het haar vir byna 2 weke tuis versorg. Dit was amper n groter gemors as haar siekte!!! Ons is nie opgelei vir so iets nie! Daar is baie dinge wat n mens nogal kan bloots ry, soos byvoorbeeld dat sy bitter siek was onder my neus en ek het dit nie gesien nie!!!! Ek kan nie glo dat ek gebid het dat sy liewer moet sterf toe ek haar sien ly het nie, nou is sy weg en ek kan nie bid nie….. dis te flippen seer. Mense sê ek moet sterk wees, hul sê selfs die begrafnis is nou verby nou kan “alles” terugkeer na normal toe!!! Ek voel alles behalwe normaal…”sterkte” is vir my op hierdie stadium ‘n baie groot vloekwoord!!! Tyd, tyd sal seker leer. Die wat nog ‘n ma het …. pas haar op…. wees geduldig….vir dié soos ons wat “wees” is…. Ek dink ons sal nooit ooit die gat wat uit ons harte geruk is kan toewerk nie!!!

      3. Tien jaar later wil ek hulle steeds bel om oor die weer te gesels, niemand kon oor die weer gesels tot jy reg is om te sê wat pla soos my ma nie. Dit bly n fokop. Nie veel beter as jou pa dood is nie, maar n ander fokop. Laat jou weerloos en sonder beskerming. Dis darem vir korter tye en nie meer elke dag nie. Sterkte

    2. Vir my was dit ook vreeslik want ek sit in die buiteland en ek kon nie eens begrafnis hou nie. Ook ‘n eindpunt. Daar was nie meer die intense begeerte om na my vaderland terug te keer nie, want die moederskoot was nie meer daar nie. Nou glo ek maar sy het vlerke en kan my hier kom besoek. Haar uitgeteerde liggaam kon nie ‘n vlieg rit van 12 uur+ oorleef nie. En nee jy hoef nie gaan derms trek nie. En ja dit is reg om te treur, reg om net te sit, reg om kwaad te wees. ‘n Deel van jou menswees is weggeruk en dit is ‘n fokop! Erika.

    3. Jou woorde skeur deur my wese en al kan woorde dit nie beter maak nie verstaan ek hoe jy voel. Ek het my ma nooit geken nie, 32 jaar na haar dood het ek en my broer van aangesig tot aangesig gestaan vir die eerste keer en my blydskap om ‘n lewende wese wat my ma se bloed met my deel te sien, vas te hou en my broer te kan noem het getaan voor die wete dat ek haar nooit sal sien nie. Ek smal al 55 jaar om haar in my lewe te he maar al wat ek van haar het is my broers en susters wat ek deur genade uiteindelik kon ontmoet en die bloed in my are.

      Ek het ook ‘n paar jaar lank vir weke langs ‘n geliefde se bed gesit en elke dag gesien hoe hy bietjie vir bietjie verdwyn en wegraak. En toe hy sy oë vir die laaste keer toemaak was dit stil in my. NIe stil van vrede en rus nie maar stil van skok, woede, angs, ongeloog en die verskriklike pyn om te weet ons sal nie saam oud word soos ons beplan het nie. Ja, dis ‘n fokop van fenomenale proporsies.

      Ek weet nie wie jy is nie en ek weet nie of jy hierdie boodskap ooit sal sien nie. Ek hoop dit gaan beter met jou en dat jy berusting gevind het. Iemand het na my man se dood vir my gese dat die pyn vergelyk kan word met ‘n rots wat mens saam met jou dra. Aan die begin is dit amper onmoontlik om die rots op te tel maar soos die jare aangaan raak jy gewoond daaraan om dit saam te dra. Die rots raak nie ligter nie maar jy raak geoefen om dit te dra. Maar iewers moet ons die rotse neersit. Hulle wat weg is wil nie hê ons moet swaarkry en ly nie, hulle was te lief vir ons. Die probleem is dat ons gewoond raak aan die rotse en hulle mis as hulle nie in ons arms is nie, dan gaan ons terug, tel hulle op en sleep hulle weer saam.

      Wees lief vir jouself soos jou ma vir jou lief was en (ek glo) nog steeds is.

      1. Ek het jou boodskap gesien en gelees. Dit gaan beter met my. Die rots is nou al meer soos ‘n klip in my sak. Mooi loop en sterkte vir jou ook vorentoe

Lewer kommentaar op Twilight Kanselleer antwoord