Gedagtes · Sommer net

My onsigbare reis

Ek skuld vir Murphy huiswerk – oor onsigbaar wees.

Wat sal ek doen as ek myself onsigbaar kon maak? Hopelik is daar nie ‘n tydsbeperking of plek gebonde aan hierdie onsigbaarheid nie. Want dan sou ek…

Reis, reis en nogmaals reis. Na verre vreemde lande. Na plekke waar ek andersins nooit die geld voor sou gehad het nie. Op vliegtuie en op skepe.

Ek sal Jamaica toe gaan. Op die spierwit strande rondlê, myself so nou en dan sigbaar maak sodat ek darem met die mense kan meng. Kan cassava brood eet en wortel ‘punch’ drink. Myself onsigbaar maak sodat ek kan sien hoe rook die Jamaicans marijuana😆 En dalk so bietjie tweedehands gerook raak. Moet net onthou om dan nie sommer sigbaar te raak nie. Mind you, hulle sal seker dink dis die marijuana wat maak dat hulle “know you see me and know you don’t”. Dalk kan ek Usain Bolt ontmoet, terwyl ek sigbaar is.

My volgende stop is Mexico. Ek sal saam met die Muchachos sit en Tequila drink in die son en later saam met die mense dans in die strate – sigbaar of onsigbaar – soos die bui my vat.

‘n Ander plek op my reisplan is natuurlik Chile. Dan sal ek ook op ‘n ‘road trip’ gaan deur die VSA. Al 50 state. Ek sal ‘beg, steal and borrow’ om aan die lewe te bly, net sodat ek die wêreld kan sien. Ek sal myself versteek op trokke en treine, busse en bote en die wêreld deurkruis vir ‘n jaar of tien.

Ek sal Afrika deurkruis en waar ek kan sal ek kos steel by die rykes (terwyl ek onsigbaar is) en dit vir die armes gaan uitdeel. Ek sal nie geld of waardevolle besittings vat nie, slegs kos om aan die lewe te bly.

En dan, eendag, wanneer ek klaar gereis het, sal ek huis toe kom en my stories vertel en neerskryf van alles wat ek gesien en beleef het terwyl ek onsigbaar deur die wêreld gereis het. Niemand sal my glo nie, maar almal sal my boek koop van pure nuuskierigheid. Dan sal ek rustig aftree iewers by die see en elke dag my reis-herinneringe herleef.

7 thoughts on “My onsigbare reis

  1. Is goed om kos te steel vir die armes in Afrika. Sorg net dat jy ook miljoene kondome steel om uit te deel. Daar is te min kos, want daar is te veel mense.
    Wil saamry, maar nie onsigbaar nie. Mens moet die lewe aan die lyf kan voel waar jy gaan.

  2. Dankie son…. jy was my tonic vir die dag😆 Nou so lekker saam jou gereis, en hardop gelag. Wanneer jy daardie trip begin…. mag ek asseblief saamgaan😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s