Sommer net

Lees-en-Waardeer

Alta het my genomineer vir ‘n blogtoekenning – die Lees-en-Waardeer-toekenning (ja, ek het dit sommer nou ver-Afrikaans, Alta). Baie dankie! Ek skryf deesdae so min, ek dink nie eintlik ek verdien enige toekennings nie. Ek het my siel iewers verloor en ek hoop om haar terug te vind as ek einde September vir ‘n ruk lank Karoo toe gaan. Dalk sal ek dan my skryf Muse ook weer vind. Wie weet.

Om die toekenning waardig te wees, moet ek 7 interessante/weird/geheime dinge van myself hier noem. Mmm. Ek wonder of daar regtig nog iets is wat die bloggers nie van my weet nie. Maar nou ja, nieteenstaande, desondanks, nietemin en overgesetsynde …

  1. Ek dra ‘n “stud” in my linkerwenkbrou – al vanaf 19 Oktober 2001. Toe Big Brother 1 op TV was. Go figure🙂
  2. Ek hou nie regtig van roomys nie en ek hou ook niks van deeg goed, soos pasteie nie.
  3. Ek kan Jan Pierewiet op Sarie Marais se wysie sing. Ek moes dit vir die sotte konsert in Standerd 6 doen en ek het dit nog nooit vergeet nie, al is dit ‘n leeftyd gelede. Ek ken ook steeds die name van die punte van die Kasteel en die kleure van die reënboog – als in Standerd 6 geleer – en glo my – dis amper 100 jaar gelede.
  4. Ek koop net mooi toiletpapier. Ek sal eerder spaar op iets anders van die kruideniersware, maar my toiletpapier moet mooi wees.
  5. Ek eet nie Smarties nie – gril my dood vir daai doppies om die sjokolade. En as ek iets soos jellieboontjies of jelly tots eet, sit ek eers die verskillende kleure bymekaar en eet dit dan. Ja, ek weet – OCD!
  6. Ek tel nog steeds trappe as ek met dit op of af klim, selfs die trappe by die werk wat ek al meer as twee jaar lank verskeie kere per dag gebruik. Ek tel dit nie elke keer nie, maar ten minste iewers een keer op ‘n dag.
  7. Ek kan nie stryk nie, wil ook nie en sal ook nie. My strykyster het op ‘n keer vir drie jaar lank nie eers ‘n plug aangehad nie. Ek koop ook nie klere wat ek moet stryk nie. Of probeer altans om dit nie te koop nie😆

Nou moet ek 5 ander blogs benoem:

Hulle is: (en as julle reeds benoem is, moenie my skiet nie – ek pleit bewusteloos)😈

Die Merrie

Ghia

Botterskorsie

My favourite dominee

De Hel In

Nou ja – daar gaan julle.

Nou moet ek gaan dink oor onsigbaar raak – my ander huiswerk… things to do, places to go…

9 thoughts on “Lees-en-Waardeer

  1. Toe laat jy my sommer weer vandag glimlag (Die onsigbaar een het my laat lag.) Dis daardie kleure bymekaar sit😉 En wie de drommel wil nou stryk??????

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s