Raak gelees

Vergewe gaan net SO ver

Ek lees HIERDIE IN VANDAG SE AANLYN BURGER

Ek gaan nog lank naar en kwaad wees. Wat, in hemelsnaam, word van ons wêreld?! HOE kan so iemand OOIT weer losgelaat word, nevermind of sy in ‘n klooster gaan bly. En ja, sy is glo nou bekeer, maar die fok weet, as een van daai dogters my kind was, sou ek haar loop soek het in daai klooster en haar stadig doodgemartel het. En ja, ek weet die wraak kom my nie toe nie, maar watter soort monster laat kinders doodgaan van die honger, nevermind nog die res van haar walglike dade!!! Vergewe kan ook wragtig net so ver gaan en nie verder nie.

Hier is die berig, soos verskyn in Die Burger:

DEN HAAG. – België word opnuut verskeur deur ’n gruwelike pedofielsaak uit die jare negentig, soortgelyk aan die geval van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff in Suid-Afrika. Dié twee het in Januarie 1990 in Pretoria selfmoord gepleeg nadat hulle ses meisies jonger as 12 jaar ontvoer, verkrag en vermoor het.

Die Belgiese ekwivalent is Marc Dutroux en sy vrou, Michelle Martin, wat in die jare tagtig en negentig eweneens minstens ses meisies van jonger as 12 jaar ontvoer, verkrag en vermoor het. Dutroux is tot lewenslange tronkstraf gevonnis en sal nooit weer die buitekant van die tronk sien nie, maar Martin het 30 jaar gekry.

’n Regter het nou bepaal sy mag ná 16 jaar in die gevangenis vrygelaat word, mits sy onder toesig in ’n klooster gaan bly. ’n Nonneklooster in die Ardenne het ingewillig om haar in te neem.

Wat Martin se rol buitengewoon maak, is dat daar twee meisies in haar kelder toegesluit was toe sy en Dutroux aangehou is. Sy het die polisie nie daaroor ingelig nie, met die gevolg dat hulle daar van honger en dors gesterf het. Hul lyke is eers later ontdek.

Die families van die vermoorde meisies het geskok op die uitspraak gereageer. Paul Marchal, pa van een van die kinders, het gesê as Martin vrygelaat word, wie kan dan nog in die tronk bly? “Wie gaan dan nog sy volledige straf uitdien? Daar is iets met die stelsel verkeerd.”

’n Ander pa, Jean Lambrecks, het gesê die feit dat Martin twee kinders laat verhonger het terwyl sy hulle kón gered het, wys dat sy net so ’n wrede moordenaar soos Dutroux is.

Martin se advokaat, Thierry Moreau, het teenoor verskeie Belgiese media aangevoer sy kliënt is ’n ander mens. Sy het ’n diep gelowige Christen geword, het hy gesê.

Dit word deur die vermoordes se families betwis, wat daarop wys dat sy aanvanklik Rooms-Katoliek was, toe Protestant, daarna Boeddhisties, en nou ewe skielik weer Katoliek. Hulle meen sy is ’n opportunistiese Christen.

Een van die twee slagoffers wat oorleef het, Sabine Dardenne, het op Facebook geskryf ander mense is meer geskok as sy. “Ek is met vakansie, en sy sal my lewe nie nóg ’n keer verpes nie.”

Dardenne, wat intussen in ’n beeldskone blonde vrou ontwikkel het, het ’n paar jaar gelede ’n aangrypende boek, Ek Kies om te Lewe, geskryf oor die drama waartydens sy 80 dae lank deur Dutroux in ’n ysterhok aangehou en herhaaldelik verkrag en mishandel is.

Die ander oorlewende, Laetitia Delhez, het luidens berigte in duie gestort toe sy die nuus verneem.

7 thoughts on “Vergewe gaan net SO ver

  1. Realitiet en Kuns – watter een is werklik?
    Hierdie klink meer uit ‘n Hollywood draaiboek as van die regsbanke van ‘n redelike “konserwatiewe hofbank”. Ek lees ook maar net die feite soos hierbo, maar dit laat mens twyfel aan die regverdigheid van menslike stelsels.

  2. As daar waaragtige wedergeboorte plaasgevind het,staan sy as ‘n “new creation,” en “just as if she has never sinned,” voor God. Dit is die prys wat Jesus betaal het, en die wonder van sy kruisdood. Indien nie, sal sy wel eendag voor die Regterstoel van God verantwoording moet doen.
    Maar tog stem ek saam met Toortsie….. oor die gevolge dra van keuses.

  3. Wat my ook verbaas, is die feit dat die polisie destyds nie in haar kelder gaan soek het terwyl hulle haar in aanhouding gehad het nie. Ek weet nie die feite nie, miskien was die deur nie sigbaar nie, maar regtig, ek kan dit nie verstaan nie.

    Sal gaan oplees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s