Gedagtes

WEW op ‘n koue, nat Vrydag

Dis Vrydag. Ook net betyds. En die stortvlaag reën wat nou net hier verby my venster gewals het, het nou ook gaan naweek hou. Hoop ek. Oor ‘n uur en ‘n half moet ek ry, en ek ry nie graag in die reën nie. Maar dit weet julle ook al. Dit voel my daar is deesdae niks nuuts onder die son nie en al wat ek kan doen is mor, grom en knor. Ek moet nog net byt, dan is ek nou wragtig die verpersoonliking van ‘n ondier. The Beast without the Beauty.

Die winter het vir my gister twee lieflike dae gegee en ek is dankbaar. Ek kon darem weer my interne sonpanele herlaai en ek voel so effens beter. So, hopelik gaan ek nie nou al by die byt gedeelte uitkom nie😉

O ja, net vir die rekord, ek lees steeds almal se blogs, ek het tans 193 nuwe inskrywings in my inboks. Ek vat dit so stukkie-vir-stukkie van ‘n kant af. Behoort darem voor die einde van die jaar op te vang op alles😯 I have a certain amount of things to accomplish here on earth and at the rate I am doing now, I may never die.

Demoerin (hy het vir ons wintersiele ‘n gedig geskryf – dankie DMI!) het altyd sulke WEW inskrywings gemaak. WEW = Waaroor Ek Wonder.

WEW:

Ek wonder oor baie dinge, sommiges wat ek nie hier kan neerpen nie – my familie lees ook mos hier.

Waaroor ek wel wonder, wat skryfbaar hier is – al is dit ook net-net, is:

Hoe kan dieselfde stukkie papier, naamlik ‘n duplikaat registrasie sertifikaat vir ‘n motor, in die Wes-Kaap R165 kos en in die Oos-Kaap R642! WTF! VIERHONDERD-SEWE-EN-SEWENTIG RAND DUURDER! Nee, werklik! Is dit omdat hulle stadiger werk in die Oos-Kaap en dus vir meer ure betaal moet word om een ou armsalige stukkie papier te genereer? Of is die papier daar gemaak van bedreigde boomspesies? Of dalk goud? En dan, as mens die Departement bel om te vra hoekom, en nadat jy jou asem uitvertel het aan die storie, dan vra die Mama aan die anderkant; “Eeh, whooz goin whêr?” Red ‘n volk:mrgreen:

Hoe kan iemand wat glad nie kan sing nie, skielik die beste sangeres in die land wees? Ek gaan nou liewers nie name noem nie en sy is werklik ‘n mooie, oulike, gawe ou meisietjie. Maar werklik, SING – dit kan sy nie. Die “mense” het glo die stemwerk gedoen. Bliksem! Ek het alreeds nie ‘n groot voorliefde vir of vertroue in die mensdom nie, en in die winter is dit nog ‘n ent erger. En dan nou sulke dinge. Is die meerderheid mense dan toondoof?!

Hoe kan ‘n dik, uitgevrete vrou die drie sakke kruideniersware wat iemand op Mandela dag gebring het om uitgedeel te word iewers waar daar nood is, deurgaan en van die duur(der) goed, soos tuisgemaakte konfyt en koffie, uithaal en vir haarself hou en sê; “Aangesien ek dit gereël het, dink ek ek moet hierdie vir my vat vir ‘n ‘treat’.” Jou fokkin, vetgat, oorvrete verskoning vir ‘n mens, hoe de bliksem kan jy dit oor jou hart kry om arm, honger mense se goed te steel?! Nie dat dit saak maak nie, maar mense wat dieselfde velkleur as jy het! Jy het nie eers daardie bietjie lojaliteit teenoor jou eie mense nie!

Dis my WEW’s vir hierdie Vrydag. Ek het nog ‘n paar, maar ek spaar julle vir eers. Gaan groot hierdie naweek, of gaan huis toe! Ek het Sondag ‘n doop om by te woon. Darem een manier om my weer ‘n slag in die kerk te kry😉

11 thoughts on “WEW op ‘n koue, nat Vrydag

  1. Jy is so agter met jou blogs soos ek altyd met my “filing,” was. Wanneer ons oor ‘n jaar weer gesels…. trek sommer jou been. Moed hou Son… lente lê om die draai😉

  2. Sug… ongelukkig het ek daai ding ook gesien… die personeel by ‘n diensorganisasies gaan die geskenkde goed deur en koop dit dan teen ‘n belaglike prys. Brood wat deur bakkery geskenk word – nog warm vars – word vir R2 gekoop!!!!!! Ek moet ophou…

  3. 🙂
    Ek hoor dikwels mense wat nie kan sing nie en dan skakel ek maar af.
    Hoe hou jy van jou Kindle?
    Myne het gekrok met behulp van ‘n bietjie vloeistof😦

  4. Sekere goed gebeur heel moontlik om ons the wys hoe om NIE te wees nie. Groot madame sal wel een of ander tyd haar moses teëkom.
    Wat winter aanbetref, ek dink ons moet provinsies ruil – ek kan nie meer die vaal hier bo in die oog kyk nie!! Ten minste is dit groen daar onder😉 In die Kaap bedoel ek…

  5. hoor hier, ek het nou lekker gelag vir jou. sorry, dis seker nie snaaks nie, maar ek hou net so van jou eerlikheid. ja nee kyk, ek hoor wat jy se op al die punte – maak ook my boude erg lam!!

  6. Ja die winter het die neiging om die moer in ons wakker te maak. Geniet die naweek en die doop – volgende Sondag my beurt om kerk toe te gaan – doopsondag in Pretoria.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s