Ongeklassifiseerd

Hierdie is nie…

… ‘n inskrywing nie (met apologie aan BiB se FB status – of NIE-status :lol:  )

Dis ‘n Sommer-Net.

Ek herstel nog na al die pret laasweek saam met twee mooie meisiekinders – een myne en een my suster s’n.

Ons het gaan ‘Cool Runnings” – wat ‘n adrenalien rush!

Akwarium toe gegaan, in die Waterfront.

Uitgegaan op ‘n boot. Gaan fliek. Gaan uiteet. En Baie BAIE BAAAAIIIEEE gelag.

En nou is alles weer vaal en vol winter.

Ek sleep myself met ‘n wil van staal soggens uit in die koue lewe in, ek dink nie meer dis winter nie, ek ploeter net voort, soos iemand wat verdwaal is in die sneeu en net een voet voor die ander sit en hoop om anderkant uit te kom. Ek trek warm aan, ek gaan werk toe, ek gaan huis toe, ek slaap, ek ignoreer die reën, ek sê dankie vir elke bietjie son. As ek in die reën moet ry, sit ek die radio kliphard aan en verbeel my die ruitveërs dans saam met die musiek.

Ek tel die dae af na September.

Ek skel nog as idiotiese bestuurders ander mense in die geel lyn indruk, of verbyjaag met net ‘n polonieskil tussen hulle en die aankomende verkeer. En dan lag ek histeries as ons almal saam by die volgende robot aankom. En ek wonder – jou onnosele twat, wat het jy nou eintlik gebaat, behalwe om jouself en ander mense se lewens in gevaar te stel?!

Ek kry nog steeds die wilde piep as ek hoor hoe iemand die winter verheerlik oor die rooi wyn en die kaggel. My flippin hel – gee my snoek en patats en Tequila, ja. Maar tot nou toe kan ek nie die lekker van rooiwyn proe nie. Ek voel elke keer of daar pels op my tande groei as ek rooiwyn gedrink het en nee, al is dit koud, wil ek nie pels op my tande hê nie. Nee dankie. Ek sal eerder net my mond toehou.

Oor die kaggel kan ek nie stry nie, dis lekker, ja. Maar ek raak gatvol van hout aandra, want my kaggel sal moet dag en nag brand. Die son is net soveel goedkoper en minder moeite. En warmer😉

Ek doen te veel “retail therapy” ook in die winter. Gee die koue die skuld. As dit warm was, sou ek buite gewees het en nie in die winkels nie. Die keer het ek uiteindelik besluit waddehel en vir my ‘n Kindle gaan koop. Dis nou na die meisiekind terug is Karoo toe – sommer so bietjie terapie vir die hartseer en verlang ook. Dis ‘n wonderlike “gadget” – ek sal nou net regtig nog ‘n lewe moet kry om al die boeke te lees.

Ek lees al die nuwe blogs. En die oues ook, natuurlik. En ek staan verwonderd oor almal se skrywery. Daar is soveel om te lees en te leer, lekker stories, mooi poësie. Rolbos! Rolbos is ‘n ‘magic’ plek. Ek wens ek het ook so baie woorde gehad. Maar my woorde het saam met die son weggeraak. Ek voel deesdae soos ‘n leeggesuigde lemoen – geen sap meer nie, geen woorde nie, geen kreatiwiteit meer nie. ‘n Dop. ‘n Koue, leë dop. Dis dié dat ek nou maar ‘n inskrywing maak wat NIE ‘n inskrywing is nie.

Adios! Tot die son weer skyn😉

36 thoughts on “Hierdie is nie…

  1. Ek dink aan jou… baie…. wanneer ek by die berg staan wat die beddegoed uitmaak en ek moet die bed netjies kry… dink ek aan Son, wat ook so voel.😦

    1. Ek het al sommige oggende gedink ek moet die bed net so los. Maar my ma het dit te diep ingedril dat mens nooit uit die huis gaan as jou bed nie opgemaak is nie😆

      1. Ek wil ook die bed net so los Son. Die dae gaan in elk geval so vinnig verby dat niemand eers gaan sien die bed is nie opgemaak nie😆 Saterdagoggend toe kuier ons een seun hier, en ek dog ek juig van blydskap toe hy aanbied om die bed vir my op te maak!!!

  2. Hierdie is nie kommentaar nie.😉 Jou laaste paar sinne som sommer my eie gevoelens ook op. Ek is bly ek is nie die enigste wat so voel nie. Die winter doen aan jou wat die bedompige hitte aan my doen – beroof my van kreatiewe denke. Sterkte en bly jy kon die kuier so geniet!

      1. Ek het so cool app op my lieflike iPhone – Starwalk – wys my hoe lank elke dag is, en hoe naby die son aan die aarde is – kan presies sien wanneer dinge begin beter raak😉

  3. Even down in Durban, it feels cold today. I agree with you that one feels like a different person in Summer. At least your teeth will be warm if they have fur on them.😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s