Gedagtes

Die kinders is honger en die president koop ‘n boeing

Daar MOET iets verkeerd wees met hierdie prentjie. Ons president koop ‘n boeing (vir homself, met ons belastinggeld) van TWEE MILJARD RAND. Ek kan nie eers my kop kry om hoeveel geld dit is nie, maar dis donners baie. Dit weet ek. Dis nie asof hy NIE ‘nboeing het nie. Nee, hy wil ‘n nuwer een hê.

En intussen sterf ons kinders van die honger of van dwelms, omdat hulle in haglike omstandighede grootword. Want mense is werkloos. Kinders word mishandel, maar daar is nie regtig veilige hawens vir hulle nie, want die staat het nie geld vir kinderhuise nie. Hulle bou eerder nog tronke sodat misdadigers gemakliker kan wees terwyl hulle hul straf uitdien. En koop onnodige vliegtuie.

Hoeveel kinders kan elke dag ‘n bord kos kry en vir hoe lank, van twee miljard rand?

Hoe ver sal twee miljard gaan om ons onderwys te verbeter? Soos boeke verskaf EN actually aflewer?!

Hoeveel slaggate kan in die paaie herstel word vir twee miljard rand?

Hoe ver kan twee miljard gaan om ons gesondheidsdienste, soos staatshospitale, reg te ruk?

Ag, seker nie ver nie, kan die antwoord dalk wees. Maar beslis verder as NUL rand, want die president koop eerder ‘n boeing daarmee.

En dan belowe die regering in dieselfde asem dat hulle nie ons belastinggeld sal mors nie, so ons moet asseblief gou-gou ons opgawes indien. Is dit nie ironies nie?

Ja, ek weet ek blaas teen die donderweer in, maar wragtig, ek moes dit net iewers sê!

Posted from WordPress for Android

24 thoughts on “Die kinders is honger en die president koop ‘n boeing

  1. Sê hulle Son😀
    Ek sien ook jou ou dorpie daar in die Suide se naam gaan nou verander na “//Hui !Gaeb”. Hoe de hel mens dit uitspreek weet nugter, en die enigste ouens wat ons sou kon sê is almal dood😯
    Gaan luister maar na Piet van Wyk de V se konsert die 13de daar by jou en ontspan.
    Ons kan niks aan gekheid doen nie.

      1. Tot my skande moet ek sê ek was nie. Ek het wel ‘n kaartjie gehad, maar kon weens omstandighede dit nie maak nie😦

  2. VOOR die boeing gekoop was, was hier nie geld vir al die ander goed wat jy noem nie. Ons was dus op NUL. NOU is ons op MINUS 2 MILJARD.
    Ja Son, jy het beslis n punt beet. Wens regtig iemand daar in die hoë gestoeltes lees hierdie blog raak.

  3. Een van die dae sal hulle nie meer an doen wat hulle wil nie – of eerder, so hoop ons maar!
    Anders gaan ons maar sukkel oor ‘n paar jaar.

  4. ek lees nou eers vandag jou blog entry – en het darem vanoggend gesien dit is afgekeur. maar oh my hat ja- dit maak my ook die moer in. en dan lees ek heeltyd oor hoe sars mense gaan vasvat en ons moet asb seker maak ons betaal alles … grrrr

  5. My bloeddruk klim te hoog…. dus speel ek volstruis, en onthou dat ek iewers gehoor het die magtige Romeinse Ryk het ook tot ‘n val gekom.

  6. Stem saam met Newsferret…. die ouers wat weereens vir die ANC stem na alles wat hulle hoor en sien en beleef !! Grootste onreg aan eie mense !

  7. Die ANC se tyd loop uit, en ons sal sal nog self die voorreg smaak om dit te sien – dit glo ek dit vas. Dinge verander vinniger in die moderne wereld as in vroer tye, en boonop is het hulle verskeie onoorkomelike struikelblokke om iets aan hulle probleme te doen:
    Faksierusies
    Korrupsie
    Selftevredenheid

  8. Maybe the reason the children are not getting food or books is so that they will be too hungry and too stupid to know any better…cant read the papers, cant complain via FB, Twitter, email – keep them dumb. And then one day a pied piper will come and take them all away. And the Emperor will be left admiring his new clothes, and new leader will come, to take back the land…or something like that. Yes, this falls on deaf ears, but we all feel the same way. Mad. Bef*K, en Gatvol…

  9. Ek stem, dis ‘n skreiende skande! Dis ‘n vliegtuig wat 300 mense kan dra.

    Weet julle hoeveel is 2 miljard rand? Twee duisend miljoen rand. Vat bietjie jou calculator, slaan ‘n 2 en 9 nulle. Sê nou maar R400 kan darem iets doen vir ‘n kind in ‘n maand. Deel deur 400. Die antwoord is nog steeds 5 miljoen kinder-maande. Oftewel jy kan 1 kind help vir 5 miljoen maande, of 5 miljoen kinders vir een maand. Of as jy mik vir so 3 jaar, wanneer die president seker weer ‘n nuwe Boeing sal wil hê, deel die 5 miljoen deur 36 en jy kan 138 888 kinders help vir 3 jaar, met R400 elk.

    En nou hoor ek ‘n opvoedkundige sê vanmôre oor die boekeskandaal so iets moet net nooit weer gebeur nie. Dan moet hulle asseblief net help sorg dat so ‘n regering nooit weer gebeur nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s