Gedagtes

Dis Winter… tot vervelens toe

O koud is die windjie
en skraal
En blink in die dof-lig
en kaal

Van my vriende (blog en elders) het navraag gedoen oor hoekom ek so stil is. Wel, daar is ‘n paar redes.

Ek is stil…

… want ek kry koud en ek pes die winter.

… want ek het ‘n vieslike bronchitis en sukkel nog om dit afgeskud te kry. Ek probeer net byhou met my eie werk, en met leeswerk op die blogs so tussen-in.

… want ek kry koud en ek pes die winter.

… want my Muse het seker gef&*%-of na iewers waar dit warmer en droër is en my hier vergeet.

… want ek kry koud en ek pes die winter.

… want ek is besig om die oulikste reeks boeke te lees van Aprilynne Pike – ek is nou by boek twee en daar is vier van hulle.

… want ek kry koud en ek pes die winter.

… want ek is besig om te leer vir my leerling-motorfietslisensie.

… want ek kry koud en ek pes die winter.

Ja ja ja – ek weet dis seker nie regtig SO koud nie, maar ek doen regtig nie goed met winter nie. Ek kry nie genoeg oefening nie en dit maak my nog meer geïrriteerd. Dis ‘n genade dat ek wel ‘n werk het waarvoor ek soggens moet opstaan, anders sal ek wragtig seker nie eers bedags uit my bed opgestaan het nie. So min soos wat ek soms depressie verstaan, so maklik dink ek dat ek in die winter sonder moeite in die diepste depressie sal kan verval. So ‘n donker, nat, swart gat!

Ek weet wat daarvoor help. Ek moet my ysterklere aantrek en gaan stap, in die koue. Al pyn my ore en brand my neus. Ek WEET dit laat my gewoonlik sommer weer lewendig voel. Dis net – dis so verdomp koud. As ek net eers by die deur kan uitkom. Dan is ek gewoonlik okay, soos ‘n ou Ford kar wat moeilik start, maar as hy eers aan die gang is laat waai hy😆

Sal maar kyk hoe ek vanaand voel. Of dalk die naweek. Of dalk volgende week…….

… want dis koud!

 

30 thoughts on “Dis Winter… tot vervelens toe

  1. Son, as ‘n mens met die N2 Kaap se kant toe ry en dan daar by die Mall op die brug regs draai vir Stellenbosch… daar het ek nou die dag ‘n man gesien met sulke pienk goed op sy ore om sy ore warm te hou…. hy het dalk ‘n ekstra paar!!

  2. Ek stem met jou saam oor die koue. V-E-R-P-E-S dit om koud te kry. En nou sous dit boonop buite seisoen…alleraaklig! 😯

  3. Ek stem saam Son. Die winter is nie my maaikie nie. Shit, dis koud hier in Gauteng!
    Ek oorweeg dit om vir my `n Kawasaki te koop. Is `n groot 11,00cc meneer. Die ou wil net R30,000 hê en dit het skaars 3,000km op. Man, dit sal pret wees!

  4. o jinnetjie ja – ek weet wat jy bedoel. ek oefen glad nie en eet heeltyd comfort food – kan nie my kop regkry nie!! en ja – i’m with you met ‘n goldwing eendag!! hoop jy word gou gesond.

    1. … ek gaan nou dadelik vir my geliefde daardie stukkie lees van “En blink in die dof-lig
      en kaal…” daar moet ‘n praktiese toepassing op daardie woorde wees wat die wintersnag meer draaglik gaan maak…

    1. I am going for the bike licence, but will only first buy my own scooter. Then, one day, when I’m all grown-up😉 maybe a nice Gold Wing!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s