Gedagtes · Sommer net

I did it again!

Why, Oh Why!!! Hoekom laat ek my ompraat? En ek leer nie my les nie. Nie eers een keer nie. Uit vrye wil stel ek myself elke keer bloot en wil dan my polse afkou en buite in die parkeer area gaan lê en doodbloei. Of sommer net daar gaan lê en wag dat een van die windgat 4 x 4’s oor my ry. Enigiets sal beter wees. Nou sit ek in ‘n stil (lerige) hoekie en skryf hierdie. En bid dat dit die tyd vinniger sal laat verbygaan. Want als is klaar vir my gespoil.

Kyk, dis nie dat ek nie van rugby hou nie. Ek doen. Ek is gek daaroor om Nuweland toe te gaan. Was selfs al op Lôôftus, al is ek met ‘n nartjie gegooi. Dis lekker om rugby saam met goeie vriende te kyk. Dis selfs lekker om rugby by my huis te kyk. Wat NIE lekker is nie, is om rugby in ‘n kuier /drinkplek te gaan kyk.

Want ek kon nog nooit die sin insien van een glas drank na die ander deur my keelgat te gooi nie. Ek kon nog nooit slim genoeg wees om te weet hoekom drink LEKKER is nie, hoekom dit mens mooier, slimmer en sterker maak nie. Hoekom mens dit nodig het om aanvaarbaar sosiaal te verkeer nie. En nou waai een dronkgat vir my en ek wonder of ek moet glimlag of skewebek trek! Red ‘n volk!

Natuurlik maak dit my soms ‘n sosiale ‘outcast’. Ek pas nie in nie, want ek konformeer nie. See the worry in my eye. Al wat ek nou wil doen, is huis toe gaan, maar ek kan nie, want ek is hier saam met ander mense. So, nou wens ek die tyd om en ek wil nie eers die rugby kyk nie. Ek wens sommer die Bokke verloor. Ja, ek is so mislik soos dit. Dis wat drank aan my doen, in ander mense se bloedstroom.

Laat dit my finale kop stamp wees, selfs ‘n donkie is slimmer as ek.

Posted from WordPress for Android

29 thoughts on “I did it again!

    1. Ek voel net baie beter om te dink ek is nie die enigste wat so voel nie. Mens voel nogal alleen as almal rondom jou klaarblyklik hulself geniet en jy wil eintlik net weghardloop!

      1. yebo gogo. ek is eintlik ‘n introvert, alhoewel mense hulle doodlag as ek dit se, want ek kan baie praat, ek is nie skaam nie, ek is selfversekerd en al daai goed. maar o wee – ek het defintief meer introvert eienskappe. mense maak my vinnig moeg. 🙂

    1. Dis wat ek gewoonlik doen, maar die keer was ek die “designated driver”. En ek is (nog nie) ongeskik genoeg om mense sommer net gestrand te los nie😉

    1. AD, you must click on the translation bar – where the little flags is – it will then tak you to this site
      http://free-website-translation.com/

      There you look for:
      Translate your website – free and automatic
      Original Language (here you select Afrikaans from the drop down list)
      Target Language (here you select English – or any other language)
      Website – here you enter http:kouevuur.wordpress.com

      And then you hit Translate!

      Let me know if it worked🙂

  1. Rugby? Is that the game with the funny shaped non round ball? With 33 grown men running around in kort broekies on grass? Combine that with other grown men cheering on after umpteen Lion Laager (or whatever) then I understand your predicament. Have you downloaded the Kindle app to your Android Smartphone yet? No? Then better do it quickly – there are loads of awesome books waiting to be read – pointless wasting 3 hours in a drinking hole without a reading thing…

    1. It is quite ridiculous if you think of it like that – 30 grown men chasing a ball😆 Yes, I have 4 different reader applications on my Tab, so I did kept myself busy, between the ball chasing and all😉

  2. Daar verskil ek seker maar van die meeste mense. Ek het altyd ‘n plan B as ek iewers saam met mense gaan. My verskoning is ek kom nou terug…….. of gaan net gou toilet toe. Meeste is so in diep gesprek met hulle drank dat hulle eers dae later agter kom jy het verdwyn.

    1. Ai BiB – ek het al so baie gewens ek kan ook saam drink, dit sal baie dinge net soveel makliker maak. Maar ek vorder nooit verder as twee doppe nie, tensy ek natuurlik heeltyd Tequila SKOON drink😆

    1. Ek is bly om te weet dis nie regtig net ek wat so voel nie. Ja, ek kom gewoonlik veilig tuis, want ek is gewoonlik die designated driver!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s