Gedagtes

Hoekom ek die winter verpes

Omdat ek gedurig koud kry.

Omdat ek so baie klere moet aantrek. Dan trek ek nie warm genoeg aan nie, want ek verpes lae en lae klere oor mekaar en dan kry ek gedurig koud.

Omdat ek heeltyd DIK voel, want ek moet so baie klere aantrek en ek sweer soos ek die klere aantrek, tel my lyf kilogramme op!

Omdat ek mal is oor water, maar NIE as dit van bo af op my val nie, en nou lê my huis en my hart in ‘n winter reënval streek! 😈

Omdat ek heeltyd honger is as dit koud is, en dan peusel ek en dan voel ek (en is ook seker) nog dikker agterna.

Omdat ek nog nooit ‘n oggendmens was nie en dus nog moeiliker opstaan as dit nog donker is.

Omdat ek hou van oefening, maar te lui is in die winter en dan raak ek nog meer mislik.

Omdat ek dit haat om in die reën te bestuur. Iemand het eendag ‘n grap gemaak en gevra of my kar dan nie ‘n dak het nie. Dis nie waaroor dit gaan nie. Van altyd af hou ek nie van ry in die reën nie, gee my dan wragtig eerder digte mis. Ek weet. Weird. Dis net hoe dit is.

Omdat hot chocolate so lekker is, maar ook nog vetter maak. Ek kry nie lus vir hot chocolate as die son skyn nie.

Omdat my hare onbeheerbaar is op koue, nat wintersdae. Dis reeds net-net beheerbaar in die somer, die winter haal die slegste uit my kop uit!

Omdat my siel donker word as die son vir TE lank nie op my skyn nie.

Ja, ja, ek weet ek het net nou die dag geskryf oor dankbaarheid en kla oor nonsens. Maar nou weet dié wat gewonder het. . .  Dis hoekom ek die winter verpes. Onder andere 😉

Posted from WordPress for Android

36 thoughts on “Hoekom ek die winter verpes

  1. Geen muskiete, mooi klere en Tour de France!
    Dis nou die positiewe kant van winter!
    Maar vandag is dit hier amper soos ‘n lentedag
    Too good to last
    🙂

  2. Ek stem so met jou saam. Ek haat winter. Gelukkig skyn die son in die dag en ons kry nie sommer reen in die winter nie. Dis net die kort dae en koue nagte wat ‘n pes is. Ek wil baie geld he dat ek agter die son kan aantrek.

  3. Ek sou julle graag wil jaloers maak en sê : “Hier in België skyn die son van vyf in die oggend tot tien in die aand”……maar die blerrie son skuil nou al ‘n week agter donker reën wolke en dit reën aanmekaar …dit voel nes winter in Jo-Burg.Jammer

  4. ja nee… Ek het nou ook genoeg can winter gehad!!! Genoeg is genoeg…. Ek haat dit om in die aande, saam met my kinders aan te kom en dit is al klaar donker?! Veral as dit nie eers 6nm is nie 😦
    Bly warm!
    Come we hold thumbs that winter passes by in the blink of an eye!!

    1. ja nee… Ek het nou ook genoeg van winter gehad!!! Genoeg is genoeg…. Ek haat dit om in die aande, saam met my kinders, by die huis aan te kom en dit is al klaar donker?! Veral as dit nie eers 6nm is nie
      Bly warm!
      Come we hold thumbs that winter passes by in the blink of an eye!!

  5. Ek is tog lief vir die winter. Baie lief. Want ek hou van die reën en die dinge. Maar daar is ‘n hele paar van jou “hou nie’s” waarvan ek ook nie hou nie, soos….
    dat Hot Chocklate vet maak
    om in die reën te ry is NIE lekker nie, veral nie in verkeer nie.
    En ja, dis lekker as die son som ook skyn so tussen die reën deur…

    1. I did Hope. I did indeed. Yesterday I carried my chair out into the sun and sat there for more than an hour. Was like charging my internal battery 🙂

  6. Winter self is nie te bad nie, maar as die windjie so deur murg en been sny, wil ek terugklim in die bed.Ek kon gistermiddag tydens my gebruiklike Sondag-middagslapie nie genoeg ontdooi onder 1 kombers en 2 comforters om te slaap nie. Winter 1, ButterNut 0.

    1. Ek dink die winter het al 10 jaar van my lewe afgevat – Winter 10 Son 0 😆 Toe koop ek nog die verkeerde hot chocolate ook gister 👿

  7. Soos ek hier lees met ‘n beker “hot chocolate,” onder my neus, kon ek hierdie stuk geskryf het; behalwe dat ek van “boots,” en ‘n baadjie hou. Wat ek nog sou byvoeg is “omdat dit so moeilik is om die bed op te maak met al die komberse, duvet en “bedspread.” 😦

  8. Amen!

    Ek laaik dit niks. Solank die son in die dag skyn kan ek dit hanteer, dan val die temperatuur in die huis darem ook nie so erg nie. Met die voorspelde dagtemperatuur 11 of 12 grade vir vandag in Johannesburg, en ‘n motreëntjie en digte wolke gister laat het ek sleg moed gehad en eintlik beplan om soos ou Gawie dit vanmôre weer op RSG gestel het, hinderlaag te lê – lê laag en hinder niemand nie. Maar die sonnetjie het toe uitgekom, daar was pragtige wolkies wat rondgedryf het en partykeer voor die son gekom het, maar net die feit dat die son meer as die helfte van die tyd geskyn het, het dit vir my ‘n mooi dag gemaak en ek het nogal baie gedoen gekry.

    1. Ek het al baie gewonder – hoekom kan dit nie NET in die nag reën nie, so tussen 12 en 4, terwyl ek slaap. Dan is alles oor as ek moet opstaan en die son skyn weer, al is dit dan koud 🙂

Lewer kommentaar op Son Kanselleer antwoord