Die Lewe · Gedagtes

Vrydag Verwondering

Ek kan nie name en plekke noem nie, want my blog word dalk net raakgelees en ek wil nie die persoon in die verleentheid stel nie. Ek is ‘n Christen, of liewers, ek glo in ‘n Opperwese. Op my eie manier. Maar somtyds maak “Christene” my tande stomp.

Iemand wat ek ken, moet gaan uithelp by ‘n plek, vir ‘n paar maande. Van later in die jaar af. Maar intussen moet sy een keer ‘n week solank gaan leer hoe alles daar werk. Soms op Donderdae en soms op Maandae, want sy werk ook elders vir ‘n deel van die week.

Nou is daar vir haar gesê sy moet Maandagoggend half agt daar wees, met haar bybel, want hulle doen eers bybelstudie tot agtuur. Elkeen kry glo ‘n beurt om iets voor te berei vir Maandae se bybelstudie. Werk begin agtuur. Sy is nie gemaklik hiermee nie, nie omdat sy nie glo nie, maar net omdat. Punt.

Nog iets waarmee sy nie gemaklik is nie, is die feit dat sy gister heeldag daar was en van 8 tot 5 is daar een gospel CD gespeel, op “repeat” – oor en oor en oor. Van ‘n vrou met blonde hare. Ek is nie seker wie die sangeres kan wees nie. Ek sou al 9 uur begin gil het as ek heeltyd na dieselfde musiek moet luister, nevermind gospel, rock OF pop!

Ek het vir haar gesê sy moet sorg dat sy eers Maandag agtuur by die werk aankom, niemand kan haar dwing om halfagt daar te wees nie, vir NIKS nie. Oor die musiek kan ek nie raad gee nie, behalwe dalk om die CD te krap, onherstelbaar. Maar sy is nie so ‘nasty’ soos ek nie, so ek weet sy gaan maar luister en stil bly.

Ek wonder egter, die baas van daardie plek, WAT DINK SY!? Ja, dis ‘n vrou – ek vermoed ‘n man sou tien teen een nie so iets van sy personeel verwag het nie. Of probeer het om die hele wêreld te bekeer deur hulle te breinspoel met een gospel CD oor en oor nie. Daar kom kliënte daar, ten minste een elke uur, en hulle moet sit en wag. So hulle moet ook hierna luister.

Dis alles goed en wel om te glo in God en om dit uit te leef. Maar ek dink nie ek is verkeerd dat mens ook ander mense se geloofsoortuigings moet respekteer nie, VERAL in ‘n werksomgewing. WTF??!!!

16 thoughts on “Vrydag Verwondering

  1. Daar kleef so ‘n stigma aan die woord Christen – ek hou nie van die woord nie. Ek is kind van God en my lewe moet daarvan getuig.

  2. Dit klink gladnie soos ‘n lekker plek om te wees nie en ek sou ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE daar bly nie ….

  3. oh my hat, yes – ek het amper van die groupie in montague gardens vergeet – ha-ha. dis omdat ek te veel van dit al teegekom het.

    lag ek nou lekker vir julle almal. veral vir rosa – jy erken ronduit dat jy ‘n christen is. ek ook, maar ek hou nie van daai flippen woord eintlik nie, want dit beteken so baie. ek is nie ‘n freak nie. sies, ek’s nou lelik.

    anyway, ek het ook lank terug vir ‘n plek gewerk waar hulle ‘n actual klok gelui het vir die bybelstudie-storie – dit was so erg contrived and fake dat ek nou wil kots as ek daaraan dink. i don’t do fake anymore … dis seker maar wat gebeur as jy naby ‘n sekere ouderdom kom …😉

  4. het ook vir ‘n ruk by plek gewerk waar daar 1X per week Bybelstudie gedoen moes word.
    die “Baas” (ook ‘n vrou) van daardie plek het ons agterna liederlik probeer bedrieg .
    Dit plaas ‘n klad op die titel van Christenskap (wat ek ronduit erken ek een is).

  5. Ek stem met jou saam Son. Geloof hoort nie by die werksplek nie (miskien as jy in die kerkkantoor werk!). Ek het saammet ‘n afvallige christen, ‘n super-in-your-face-christen, ‘n hindoe-getroud-met-‘n-moslem en ‘n uitgesproke ateïs in 1 kantoor gewerk. Raai wie’t die meeste wrywing veroorsaak?

  6. Meisie, OK jy is nie meer kind nie maar dis my spreek vorm, jy slaan die spyker op die kop, punte. Ooooo terloops oppas die herfabriseerde mannetjie Christene is die grootste pyn. Geloof van watter aard ookal is jou binnekamer nie ‘n advertensie bord nie. Warm bly die naweek, jou onbekende pagaan vriend.

  7. eek, ja – i know what you mean. was lank in hierdie dinge vasgevang. ek is nog al die pad Liewe Jesus se kindjie, maar so over these kind of things. my persoonlike mening – ek dink ook dis onvanpas – ‘n mens gaan moontlik meer mense afskrik as aantrek. want dis gewoonlik sulke mense wat “groot” foute maak en dan mense – ja, sien, hulle maak of hulle so holier than thou is. wees maar eerder normaal, nie ‘n freak nie en hou jy bek en leef dit uit, sou ek se.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s