Die Lewe

Ruan word 2

Ek is die oudste van my pa se vyf kinders. Mooi netjies in die middel is my broer – die enigste haan tussen vier henne. Sestien jaar jonger as ek. Vir hom is ek dalk net een van vier, maar vir my is hy my enigste broer en ek lief hom stukkend, al sal ek dit nie aldag sê nie. Maar ek lief sy twee mooi seuntjies nog meer.

Verlede week het sy oudste twee geword, en Saterdag toe hou ons kinderpartytjie. Nou vat dit op gesag – kinderpartytjies is erger as Afrika… NIE VIR SISSIES NIE!

So lyk ‘n paar van daardie gesiggies:

 

Ruan - die birthday boy
Ruan – die birthday boy
Is ek regtig lus vir hierdie storie?
Is ek regtig lus vir hierdie storie?
Jy het my!
Jy het my!
Tjoklit was nog NOOIT so lekker nie!
Tjoklit was nog NOOIT so lekker nie!
Moenie kyk nie! Ek wil kwaad doen!
Moenie kyk nie! Ek wil kwaad doen!
Ek's nou klaar met die soet, nou is dit tyd vir iets sout!
Ek’s nou klaar met die soet, nou is dit tyd vir iets sout!
Tyd vir presente oopmaak
Tyd vir presente oopmaak
Dis nie jou verjaarsdag nie!!! Los my goed!
Dis nie jou verjaarsdag nie!!! Los my goed!
Aaa, nou is die lastige meisiekind weg en ons manne kan in vrede kyk!
Aaa, nou is die lastige meisiekind weg en ons manne kan in vrede kyk!

Ek herstel nog van die partytjie – dit was erger as “a night out on the town”!😆 Ek het nie eers gedrink nie, maar het Sondag iets ergers as ‘n ‘hangover’ gehad. Natuurlik het ek ook geleer om nie sommer weer ‘n 2-jarige seuntjie rond te stoot in sy nuwe speelgoed kruiwa en te maak asof ons op Kyalami is nie. Oud word is ‘n bliksem!😈

11 thoughts on “Ruan word 2

  1. Dit was van my lekkerste fotografie wanneer (ryk) ouers my ingekry om die kinderpartytjies af te neem. Ek het gehardloop tussen clowns, ‘n treintjie wat ry, ponies, springkastele en tot ‘n man wat slange kom wys. Deur die lens van my kamera het ek daardie gesiggies dopgehou… op die grond tussen kindertjies met monde vol koek gaan sit, en gekliek, en gekliek. Daardie doodse moegheid na ‘n kinderpartytjie is nie vir sissies nie😆 Maar dit is alles die moeite werd… of hoe?

  2. Cute klein mannetjie daai😉
    Moet erken, dis lekker om saam met hulle te kuier en te speel, maar ek is regtig dankbaar wanneer ek kan huis toe gaan en hulle by ma en pa los!!
    Geluk met die klein meneer se b day😉

  3. Ahhh I remember those days with a fond smile :-)…My two are teenagers already…now its just airtime, x-box, party party…enjoy them, even if they are not yours…(your boet wont mind🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s