Die Lewe · Gedagtes

Om ‘n ma te wees

Dis amper die einde van hierdie Sondag, hierdie Moedersdag. Wat is ‘n ma?

Dis die persoon wat elke paar ure wakker geword het om jou te voed. Wat jou vuil doeke omgeruil het en jou babalyfie gebad en gepoeier het. Wat snags opgestaan het om te kyk of jy nog warm onder jou kombers lê of sommer net seker te maak jy haal nog asem. Wat vir jou broodjies ingepak het skool toe. Wat pleisters en soene opgeplak het as jy seergekry het. Wat later getroos het as jou hart seergekry het.

Dis die persoon wat langs jou bed gesit het met ‘n klam lappie en jou gesig afgevee het toe jy siek en koorsig was. Wat jou help boeke oortrek het elke begin van ‘n nuwe skooljaar. Wat ‘n plan gemaak het as jy op die nippertjie onthou van ‘n skooltaak of iets wat jy moes skool toe neem.

Dis die een persoon wat jou aanvaar soos wat jy is en jou ondanks alles altyd sal liefhê.

En dit is NIE noodwendig die persoon wat geboorte geskenk het aan jou nie. Om geboorte te skenk aan ‘n kind, maak jou nog lank nie geregtig op die titel MA nie.

Posted from WordPress for Android

5 thoughts on “Om ‘n ma te wees

  1. Daardie laast sin som dit so perfek op…en dan lees jy van ouers wat kinders mishandel, en hul babas doodgelsaan het – en dan sit ek met vriende wat wonderlike ouers sal maak, maar hulself doodsukkel – en dan wil ek sit en tjank in ‘n hoekie oor die onregverdigheid.

  2. Ja, dis waar. Ek glo dat ek iets vir my man se kinders beteken. Sy tiener seun van 15 het vir my ‘n Moedersdag-geskenk gegee … dit het my hartsnare geroer …

  3. Neem jy my nou terug deur die jare😉 en ek stem honderd met die einde “dit is nie noodwendig die persoon wat geboorte geskenk het aan jou nie………..!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s