Gedagtes

Die verjaarsdag van my terugkeer

Dis vandag die 21ste verjaarsdag van my terugkeer Kaap toe. Daar is nie klokke wat lui, of ‘n koek met kersies of enige sulke partytjie goed nie. Dis net ‘n besef toe ek vanoggend wakker word. Elke jaar op 10 Mei onthou ek my drie-dae-lange terugtog – dit op sigself is ‘n storie op sy eie – van Secunda, via Durban, via King William’s Town, via Mosselbaai tot in Gordonsbaai. Van per ongeluk oorslaap in ‘n swart buurt en hotel – dis VOOR die nuwe Suid-Afrika.

Drie dae met een kar, twee kinders en een hond. Amper ‘n ekspedisie op sy eie.

Ek herdenk elke jaar die datum, want dit laat my onthou dat geen liefde, geen geld, geen titel, geen status, geen materiële voordeel dit werd is om weg te gaan van my Hartland en my Berg nie. Vir my, natuurlik. Ander mense kan anders hieroor voel. Weg van hier is ek soos ‘n skip sonder anker, ‘n kar sonder stuurwiel.

Hierdie jaar is my terugkoms mondig. Dis dalk nou tyd om die datum – en die tyd voor die datum – te begin vergeet.

26 thoughts on “Die verjaarsdag van my terugkeer

    1. Yes. Then you look a bit lower down on their site and there you will see two places where you must select from a list from which language (Original Language) to which language (target Language) you want to translate and also enter the blog’s link (Website) (eg. https://kouevuur.wordpress.com) amd then you hit the TRANSLATE button en Voila!🙂

    1. Lyk my dis tyd om die storie te pen…maak nie saak hoe ‘arm’ jul gaan klink nie. Ek hoef jou nie te sê nie😉, skryf is terapeuties, en so kry jy dalk uiteindelik ‘closure’ ? Skryf ,sussa, skryf!

  1. Geluk met 21 jaar! Ek dink nie dit was daardie dag ‘n maklike dag nie.
    Mens mag onthou, solank dit jou nie bitter maak nie, maar beter!
    Mag die volgende 21 jaar ongelooflik fantasties, vol nuwe dinge om te beleef, wees.

    1. Bitter bestaan nie in my woordeboek nie, Toorts. Ook nie haat nie, want dit vreet net jouself op en verander niks aan wat was nie.

  2. Hoekom iemand so katools met die platklip is, weet ek nie. 😉

    In elk geval, 21 jaar nadat jy die toilet gespoel het op ‘n drol is rede om te vier. 😉 Ek het iewers tequila, kan ek vir vir jou skink?

  3. En is ons berg nie alles nie. Sit hier met elke spier in die lyf seer en styf .. die Berg het ons ‘n vier ure “hike” gegun vandag en dis die pyn werd. Moenie die terugkeer datum vergeet nie.

  4. Dit is slegs deur terug te kyk wat jy kan bepaal hoe ver jy gekom het. ‘n Mens hoef nie daar te vertoef nie, maar ek dink dit is belangrik om die mylpale op jou lewenspad te erken en selfs te vier. Dit is immers die koersveranderings wat jou gebring het waar jy vandag is

  5. Ek herdenk elke jaar die dag wat ek, heeltemal onafhanklik, in my eie huis ingetrek het. Met die kaart en transport op MY naam.
    Ek doen dit want ek vier nog ‘n jaar se veg en stoei om kop bo water te hou.
    En dit nie sommer vir die grap op te gee nie…
    Geluk met jou mondigwording Son – herdenk dit in elk geval – dis iets wat jy reggekry het…

    1. Dis die mylpale wat uitstaan as mens terugkyl oor jou lewe, né. Maak nie saak van die ander tye nie, daai kere wat jy ge’wen’ het, maak dat jy aanhou wanneer jy NIE wen nie.

  6. Ek dink nie mens vergeet regtig so ‘n pad nie. My een Joodse vriend het eenkeer gesê hulle onthou nie die Holocost omdat dit uit haat is nie, want hulle het lankal vergewe, maar sodat hulle onthou en ander kan laat onthou dat dit nie weer moet gebeur nie.

    Dit is hoe ek dit sien. En ek dink al vervaag die res, is die datum ook deel van die besef dat mens nie jou geskiedenis heeltemal kan uitwis nie.

  7. So kan ons oor baie ‘trips’ gesels. Wat van die een toe ons so lekker tussen die plante gedut het?…..maar ek stem saam: dis nou tyd om veral die tyd VOOR die datum te begin vergeet!

      1. O ja, ek lees as iets my aandag trek….ek los net nie altyd ‘comments’ nie. Ek soek daardie ‘trip’ op papier….hoe kan mens dit oorvertel?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s