Die Lewe · Gedagtes

Laat jou geluk niemand se gyselaar word nie

Sit ek vanoggend in die flou sonnetjie en uitkyk oor die wingerde en kry daardie behaaglike gevoel oor my. Dis lekker hier, ek is op ‘n plek in my lewe waar ek tevrede is. Alles is nie perfek nie, maar die lewe is nooit perfek nie. Daar is maar elke nou en dan berge en dale en so tussen-in die gelyktes, waar als mooi hardloop. Maar my glas is ver verby halfvol.

Dit was nie altyd so nie. Daar was lang jare wat ek toegelaat het dat ‘n ander mens my geluk gyselaar hou. Oggende wat ek wakker geword het en eers die temperatuur van ‘n ander se bui moes meet voor ek kon weet of die dag vir my goed of sleg gaan wees. Wat ek ‘n losprys vir vrede moes betaal deur myself te skik na ‘n ander se emosionele wipplank.

Dit was niemand se skuld nie, net my eie. Omdat ek iewers langs my lewenspad my eiewaarde verloor het. Omdat enige iets beter was as om alleen te wees. Hoe dom kan ‘n mens wees? Tot op ‘n dag.

Op ‘n dag het ek my lewe teruggevat, het ek my lag teruggevat, het ek my lewensvreugde teruggevat. Het ek weer die ek van my kinderdae geword. Vol verwondering oor die ding wat ons die lewe noem, vol lag en pret en lekkerte om net elke dag die dag te sien breek. Alleen. Dit was nie die nagmerrie wat ek gevrees het nie, inteendeel. Dit was soos bevryding uit ‘n jarelange gevangeneskap.

Natuurlik was elke dag nie sonskyn en rose nie, maar mens veg jou daaglikse demone makliker as jy nie nog ‘n ander se demone ook op jou skouers dra nie. Miskien klink dit selfsugtig, maar ek kan nie en wil nie meer ‘n ander mens se swart hond probeer voed nie. Laat elkeen sy eie duiwels besweer en hou joune van my skouers af.

Alleen is nie meer vir my ‘n vloekwoord nie. Ek is nie meer altyd alleen nie, maar ek sal nooit weer toelaat dat enigiemand my vreugde gevange hou nie. En vir elke persoon daar buite wie se geluk gyselaar gehou word deur ‘n maat se buie, vat jou lewe terug, vat jou lag terug, sonder omkoopgeld. Dis jou reg. Die ironie is dat die emosionele afperser sal ophou die oomblik as jyself die streep trek en sê; “Basta! Besweer jou eie duiwels en los my lag uit.”

Op die einde van elke dag lê elkeen se geluk in sy eie hande. Eers as mens alleen gelukkig is, kan jy saam met iemand anders gelukkig wees. Miskien “pop psychology”, maar so waar soos môre heeldag🙂

16 thoughts on “Laat jou geluk niemand se gyselaar word nie

  1. Dank voor je bezoek en reactie op mijn blog, steeds welkom =)
    Leuk dat ik jouw taal versta. Ik ben van Vlaanderen, net als raburcke.
    Keep up the good times!

    Liefs van DagEnDauw

  2. Soos jy sê: geen mens het die reg om jou geluk gevange te hou nie. Selfs in ‘n huwelik mag jy grense stel, en gelukkig wees. Eks bly jy’s gelukkig.

  3. So lekker om jou in ‘n salige space te sien, son – ek wonder soms of hierde saligheid ook met kognitiewe rypheid te doen het, hoe ouer ons word, hoe saliger word ons ( en natuurlik hoe meer sentimenteel, hardekwas, mooi en begeerlik hehehe).

  4. Dit vat ‘n rukkie voor mens die streep trek.
    Maar as hy getrek is, en jy begin die wa alleen deur die drif trek, besef jy – ek geniet myself meer.
    Verstaan presies hoe jy voel.
    En selfs al is mens partykeer eensaam, is dit verkieslik bo ‘n gedeelde ongeluk…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s