Gedagtes · Sommer net

Vrydag gedagtes

Dis nou die begin van die tyd wat ek elke dag dankbaar is vir elke stukkie son. Al is dit koud. Ek sal natuurlik verkies dat dit moet warm wees, maar koud en ‘n flou sonnetjie is beter as koud, nat en wolke. Dis nie ‘n geheim dat ek nie van die winter hou nie, sagkens gestel. As ek stinkryk was sou ek agter die son aangetrek het. Somer in Suid-Afrika en somer in. . . Italie, of Griekeland (al is hulle nou blykbaar bankrot).

En ja, ek weet die boere soek reen, maar dit soek nie vir my nie😈 Maar nou ja, soos die oumense altyd se – wens in die een hand en watookal in die ander en kyk waarvan het jy die meeste.

Dit voel soos Saterdag vandag. My interne horlosie gaan weer lekker opgefoes wees wanneer ek weer eendag teruggaan werk toe. En dis nog nie volgende week nie. Volgende week is “me-time” week. Ek gaan een dag Tafelberg op, ek gaan een dag Simonstad toe ry met die trein, so al langs die see langs.

Ek gaan een dag wintersklere koop – dis waarna ek die minste uitsien. Anders as seker die meeste vrouens, hou ek nie van klere koop nie. Maak nie ‘n fout nie, ek HOU van mooi klere en mooi aantrek, maar ek haat aantrekhokkies. Hoekom kan mens nie meer soos in die ou dae klere ‘op sig’ huis toe vat en dan net terugbring wat jy nie wil he nie? Seker omdat die mensdom te skelm geword het.

My ma vertel ek was kleintyd al so mislik as sy vir my moes klere koop. Dan trek ek my glo plat op die aantrekhokkie se vloer en hou my soos ‘n lappop, slap en swaar. Probeer bietjie ‘n kind aantrek wat haarself so dood hou!

Ek het vroeer vandag gaan kruideniersware koop. Nog ‘n uitstappie wat ek gewoonlik uitstel tot daar net ‘n verlepte slaaiblaar, ‘n pap tamatie, ‘n uitgeloopte aartappel, een teesakkie en ‘n halwe teelepel suiker in die huis oor is. En dalk, as ek gelukkig is, een pakkie vleis. Elk geval, ek maak altyd pligsgetrou ‘n lysie, en hou dan glad nie daarby nie. Want die nuwe koffie verlei my, en die nuwe borrelbad, en Nataniel se sosaties, en die nuwe Mr Muscle.

Ek dink in my vorige lewe was ek seker baie vuil en stink, want ek is ‘n sucker vir al wat ‘n skoonmaakmiddel is, en lekkerruik badgoed ook. Onder my kombuiswasbak is pienk en pers Handy Andy bottels. Een van my vorige huisbase was stomverbaas toe sy eendag die bottel pers Handy Andy sien. Sy het nie eers geweet mens kry die bottels in ander kleure nie. Hoe mooier die vervaardigers die houers maak, hoe makliker vang hulle my.

Maar hel, kos het duur geword! Ek kan eintlik nie glo dat daar nog so iets soos oorgewig in die land is nie, want ek sweer meeste mens kan deesdae net ‘n kwart van die kos koop wat hulle ‘n paar jaar gelede gekoop het. En beteken dit dan nie in effek dat mens minder eet en dus maerder moet wees as ‘n paar jaar gelede nie? Iewers maak twee en twee nie vier nie. En met die petrolprys sal ons nog een van die dae moet begin fietsry ook. Dink net hoe mooi gaan ons boude dan wees😉

Nou ja, dat ek my kos gaan wegpak, die sakke gaan nie hulself uitpak nie. Daarna gaan ek op my stoep sit, vir die Simonsberg kyk, dankbaar wees vir die bietjie laatmiddag son en ‘n Jack drink, stadig en sip-sip. More gaan ek Kaapstad toe, Greenmarket Square toe😛

11 thoughts on “Vrydag gedagtes

  1. 🙂 Julia hou ook nie van shopping nie – maar het wel hierdie week by Access Park in Kenilworth so ‘n paar bargains los geslaan (is dit die regte uitdruking?) Geniet jou tyd (me – time) hier innie Kaap. En ga maak ‘draai by Haas coffee shop in Rose Straat – beste koffie innie stad. Ook by Origin in Hudson Straat..oo ja en Bean There ook🙂

  2. Janee, shopping is ook nie vir my nie en ek geniet die wintersonnetjie ook baie. Lyk my ek was saam in die ry wat die vuiligheid aanbetref want my huis staan ook vol skoonmaakmiddels en lekker ruik middels. LOL! Lekker naweek en geniet hoor!🙂
    *hugs*

  3. Hier is nie eens ‘n Simonsberg nie sal sommer aan’t snik gaan. !!
    Darem nie so erg nie, wou net bietjie empatie kry.
    Jou blog sommer baie geniet …so tussen die groceries deur!!

  4. ek stem ook vir op sig. Maar skoonmaakmiddels? neewat, sunlight liquid werk vir alles – en nou en dan bietjie domestos vir die bad en toilet. ek koop liewers tjoklits as staysoft

  5. heerlike lentedag hier, wraggies 25 grade! en lafenis vir die siel na ek twee keer verkoue en eenkeer griep gehad het die winter. dan wonder ek hoekom ons nie ‘n warm land by nie. maar as ek so na die lenteblomontploffing kyk, is dit darem spesiaal en was die winter die moeite werd. mm, ok, dalk vir die plante, maar die keer nie vir my nie.
    julle beurt – bly warm en sien uit na die lekker sop wat jy kan eet😉

  6. Jy voel soos my eie bloedsuster (ek was seker ook vuil en stink in ‘n vorige lewe) want ek haat ook kruideniersware en klere koop. Maar boekwinkels en kwekerye kan my maklik verlei. Hardewarewinkels ook. Elke mens het sy prioriteite, is dit nie?

  7. Moet erken, ek het nie ‘n probleem met winter nie – geniet my leerbaadjie en boots en lekker handgebreide truie😉
    Maar geniet ook nie klere shopping nie. Hardware, nou daar’s iets wat ek geniet om te koop!!!
    Groceries – kan nie onthou wanneer laas ek kon instap en koop wat ek wou nie – dis nou ‘n rare weelde daai! Want jy’s reg – kos is belaglik duur deesdae!!
    Welkom in SA – waar on vry is. Om af te k@k. Lank en aanhoudend.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s