Raak gelees · Sommer net

Blog-ontploffing

In die laaste maand of wat, het WordPress skielik ontplof met nuwe bloggers. Ek voel partykeer soos ‘n afkophoender soos ek probeer bybly by alles wat ek wil lees, al die nuwe blogs, al my ou gunstelinge, al die interessante mense, al die wyse woorde, al die strooipratery. Dis soos ‘n Italiaanse familie met broers en susters, ooms en tantes, kinders en kleinkinders, neefs en niggies. En hier en daar ‘n Mafia Don😉

So elke jaar of wat sit ek ‘links’ hier by my op na nuwe blogs en na ouer blogs van wie die nuwe mense dalk nog nie weet nie. Vandag is dit weer sulke tyd. Ek wil vir elkeen van julle dankie sê vir al die lees vermaak en as ek nie altyd kommentaar lewer nie, is dit bloot omdat ek soms van my foon af lees en sukkel om kommentaar te lewer. Of omdat kommentaar oorbodig was, maar dan probeer ek ten minste die ‘like’ knoppie druk om te wys ek was daar.

Dankie vir elkeen van julle, my tegnologiese vriende en familie! En wat volg is beslis nie in volgorde van belangrikheid nie, eerder net soos waar ek laas gelees het!

A blog dedicated to kindness, generosity, compassion and empathy – a blog full of positive and kind words. I absolutely love to read her posts and I found so much wisdom in them.

Murphy – waar alles regloop, amper soos Toyota😆

Mnr Nel skryf oor alledaagse waarnemings, spiritualiteit, mense, lewenskuns en opvoeding.

Bileam se donkie – ons aanlyn dominee, een met ‘n warm hart, wat bike ry en ken van rally’s, wat eers mens is en dan dominee, maar altyd man van God.

Doulien – wat speel met woorde

Sidey – a woman as old as the hills and still a kid.

Butternut – ranting, raving, cooking, eating, swearing, laughing, crying, reading, cooking.

Nuusvoëltjie – news, views, photos and musings

Rolbos – een van my lekkerste nuwe leesplekke – eendag, wanneer ek groot is, gaan ek op Rolbos bly.

Nadia se blog – oor skryf – as jy self wil skryf en wenke soek, kom lees hier

Ghia’tjie – het ‘n opinie en is nie bang om dit te lug nie!

Hope – mould maker, mould making instructor, potter and doll maker and BIG hugger *hugs*

Loli – ‘n Skrywer… ’n Mamma… ’n Taxi drywer… met ‘n paar geheime.

Flintie – wat met woorde kan toor as hy die dag lus het

Louisa – en die fraaiste klein Nicola

Wosonki’s – mense wat my na aan die hart lê, op blogland en in die werklike lewe

Boer in Ballingskap – ‘n boer wat homself verban het na Korea, nie omdat hy wou nie, maar omdat Suid-Afrika sy eie profete nie meer eer nie

Nie sommer net nog ‘n Jane nie – ons blog prok

Turksvy’tjie – my ander hartsuster, wat swaar dra aan haar Afrikanerskap, met ‘n hart van goud. Wat lank, lank gelede vir my skulpe gestuur het, sommer net, al het sy my nie geken nie.

Liezel – wat lekker oor die nuutste gadgets skryf

Kop op ‘n blok – wat my altyd laat boekwinkel toe hardloop

Freddie – wat al 9 jaar in Alaska woon en skryf sonder bybedoelings

Kaalvoet in die reën – wat nie meer wil skryf nie, maar darem nog sing

Olga – wat skryf wat sy wil en bogger die res

Alleman – wat net praat as hy werklik iets te sê het

George – met sy 4 x 4 bakkie, Sylvia

Rondomtaliedraai – wat die mooiste foto’s neem

Sonel se hoekie – met net sulke mooi foto’s

Die Merrie – waar mens altyd iets aktueels kan raaklees

Maankind – wat by die see sit en vir die mis en die wolke kyk – in hierdie lewe van haar😉

Louwie & Joh – ‘n Veelgesprek met mededele

Die Liggie – saam met die Kameel en die Vygie

Perspektiewe – Soms is ’n ander perspektief nodig om die skildery te vervolmaak of dit wat fout is reg te stel.

Annemari – waar Annemari Coetser, die skrywer, die groot trom slaan

Mevrou – wat besig is om haar lewe weer heel te maak

‘n Mooi blog van ‘n mooier vriendin – waar die mooiste woorde gebêre word

Groenwyn – want selfs wyn moet deesdae omgewingsbewus wees

Biscuits – wat die lekkerste en vreemdste stories uitdink

Uit hart op ink – word die mooiste gedigte neergepen

Demoerin – wat eintlik ‘n de-lief-in outjie is

Hannahbi – haar ma se naam was Hannah, Sy’t ‘n bietjie van haar ma se siel in hare gevleg – dus Hannahbi!

As ek iemand gemis het, vergewe my, want die vet weet, julle is deesdae so baie ek vergeet soms waar my eie blog is😈

NS: Laaste maar by verre nie die minste nie – Ek het mense vergeet, mense wat my regtig ook na aan die hart lê. Ek het nie ‘n verskoning nie, net dat ek op my reader-lys afgegaan het so ver ek blogs volg en iewers tussen-in moes julle verlore geraak het. Daar is net so vrek baie! Groot ASKIES! Hier is dan die skakels na hulle blogs toe: (en as ek nou nog steeds iemand vergeet het, sal ek vir daardie persoon die beste bottel wyn uit die Kaapse Wynland present gee! Of tjoklits.)

Slakkelak – wat met haar hande skep en op ‘n plaas woon

Antjie Patat – sy loop met haar kop hoog bo in die wolke

Seegogga – met woorde in die wind, wat iewers aanklank sal vind

Jagter – wat so ‘bietjie’ politiek skryf

Kyker – nog ‘n man wat mooi foto’s neem en van verre plekke vertel

Onrus – Rustige Onrustig😉

Skoor – ons skoorsoeker met die klein (groot) hart!

Gardiol – wat haar aan alles verwonder, terwyl ek my aan haar verwonder

Charms – ‘n gekompliseerde girl

Roer – ons blogfietser

Karen – diereliefhebber en vegetarier

Kaalvoetklonkie – ‘n idealis wat steeds realiteit in die oog hou

Maryke – met haar pienk pantoffels en silwer bikinis

51 thoughts on “Blog-ontploffing

  1. Dankie Son. Soos jy, lees ek alles, om die waarheid te sê, ek lees vir ‘n lewe, maar dit laat ongelukkig nie veel tyd om te blog nie. Ek gaan definitief van jou aanbevelings ook volg.

  2. Alla-la, maar dit lyk mooi hierso! Ek sien jy’t bietjie ou meubels uitgegooi en nuwe gordyne gehang, netjies!

    Dankie vir jou lysie, ek gaan self bietjie daardeur lees.

    Ek was maar erg skrikkerig vir hierdie blog-ding en destyds toe ek my eerste volwaardige inskrywing plaas, het ek eers vir niemand vertel nie sodat ek nog bietjie kon “tweak” en oor my eie skrikkerigheid kom. So tussendeur die tweaking pop daar ‘n boodskap van jou uit Son! Klaar gelees! Ek weet nie hoe jy dit doen nie, maar dit was balsem vir my siel en het my sommer dadelik meer laat ontspan oor hierdie blog-ding.

    Jy’s soos ons blog-moeder!

  3. Stront. Jy drink nie wyn nie. So waar gaan jy wyn steel om weg te gee? Nie by my nie, o nee LOL

    En dubbel stront oor my hart se size. Skoor HET NIE ‘n hart nie. Skoor loop op solar power.

    Fanks vidi moeite gister. Kry solank ys in jou vrieskas…

  4. Geen verskoning nodig! Ek is die een wat weggeraak het in warwoel van die lewe en nou is ek weer terug, sukkel nog om nes te skop! Dankie in elk geval. Sal moet tee drink as ek weer in die omgewing is!😉

  5. ek is ook vergeet, maar toemaar, ek is steeds mal or jou blog! en nou gaan ek bietjie oplees by mense wat ek nie eers geweet het bestaan nie. Dankie sonnetjie!

  6. Ek het gevorder van vrekbang vir jou tot lekker tuis hier op jou werf! 😆

    (Drukkie vir Karen…ek dink Son het jou net bietjie vergeet…jy het my met nuwe ogies na my biltong laat kyk…) 😉

  7. ek weet hoekom ek nie op daai lys is nie – mense wil nie hoor hoe sleg dit soms met diere gaan nie😉 maar ek stem saam met Francois – jy rock!

    1. O hel😳 Ek het geweet ek gaan mense vergeet!!! Ek het van my reader lys af gewerk en so ver moontlik probeer teruggaan. Ai, skuus baie😦

  8. Baie baie dankie! Jy was van die eerstes wat my welkom laat voel het en gehelp het. Dit beteken meer as wat jy ooit sou kon besef.

    Nou het ek ‘n appeltjie te skille. Met al die duisende interessante name op jou blog, hoe dink jy moet hierdie ou tannie nou byhou om alles te lees? My kop duisel nou al met al die blogs wat ek volg!

  9. En jy is die dierbaarheid vanself Son. Dankie vir die noem. Dis onmoontlik om onsigbaar te bly né? LOL!
    Heerlike naweek vir jou hoor!
    *drukkies*

  10. This is so sweet of you. I must say that I like reading your blog too, it takes me a little longer because its in Afrikaans (good practice for me),
    but its most definitely worth it🙂
    *hugs*

  11. Thanks vir die mention Son😉
    Baie van ons is hier want Letterdash gaan ten gronde – en as mens eers begin blog het, hou jy nie sommer op nie!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s