Gedagtes

God is nie ‘n pleister nie.

Ek gaan seker nou ‘n kat in die duiwehok ingooi, maar frankly my dears, I don’t give a damn!

Soms, net soms, kan ek verstaan hoekom ateïste nie van gelowiges hou nie. Ek het nog nooit ‘n geheim daarvan gemaak dat ek in God glo nie, maar soms kan ek party gelowiges net eenvoudig glad nie verdra nie.

God is nie ‘n pleister wat jy kan plak op jou lewe as dit skeef neuk nie! God is nie ‘n advertensiebord wat jy kan rondswaai en dan – voila! – gaan alles in jou lewe skielik regkom nie!

As jy gelowig is, dan leef jy dit elke dag uit. Jy begin nie skielik bybelversies rondgooi as jou man jou verneuk het, of jy siek geword het, of jou kind siek geword het, of jou kar gebreek het of iets iewers in jou lewe uitgehaak het nie.

As jou man jou verneuk, los die donder of verneuk  hom terug. Om op ‘n hopie te gaan sit en bid en skielik hierdie moerse gelowige vrou te word gaan jou fokkol in die sak bring nie. Frankly dink ek die Here het genoeg om homself mee besig te hou op hierdie bose aarde dat hy nie regtig nog krag het vir orige mans nie. Hy het die tien gebooie vir ons gegee, as ons dit nie nakom nie sal ons wel iewers die gevolge dra.

Deal self met jou man. Natuurlik kan jy bid vir krag, maar dalk moet jy juis nie, want krag kan dalk net maak dat jy die owerspelige wetter doodbliksem.

En natuurlik mag mens vir siekte bid, maar my pyn is met die wat elke skrikkeljaar gebid het en nou skielik, toe die teëspoed kom, kruip hulle hul knieë deur in gebed. As ek God was, sou ek net mooitjies daai tye NIKS gehoor het nie, maar gelukkig is Hy ‘n God van genade. Daar is van ons wat so bitter dankbaar daarvoor moet wees! Ek inkluis, somtyds.

Nou gaan ek ‘n wolf in die varkies se huis ingooi – moenie vir my bybelversies en lang, uitgerekte e-posse of sms’e stuur van God en gelowigheid en hoe ek in die hel gaan brand as ek dit nie ook vir 1001 mense en jouself stuur nie! Ek wil dit nie hê nie. EK WIL DIT NIE HE NIE!!! Ek gaan dit NIE aanstuur nie – nie vir jou wat dit gestuur het nie, al laat jy my (onnodig) skuldig voel. En ook nie vir eers EEN ander mens nie. Delete my van jou lyste af, moet nooit eers weer met my praat as jy te nagekom voel nie, maar weet vir seker – ek delete daai boodskappe vinniger as wat ek dit ontvang het.

Gaan kerk toe, gee geld vir die armes, gee kos vir die hongeres, lewe jou Christenskap daadwerklik uit, maar moet de fok nie dink jy is hierdie great gelowige omdat jy versies aanstuur en ander mense probeer manipuleer om dit verder te stuur nie. Jammer, maar dit maak my skuinsbefok en ver van die huis af!

Laat jou dade vertel jy is ‘n Christen, nie jou woorde nie. En veral NIE jou ketting e-posse en sms’e nie! En NEE, ek is NIKS jammer vir die vloekwoorde nie – ek sal my straf self daarvoor dra.

35 thoughts on “God is nie ‘n pleister nie.

  1. Uitstekend!!
    Dit gaan oor ‘n verhouding wat jy met God bou. Hy is nie ‘n godjie wat jy in ‘n blikkie op jou kaggel sit en wanneer jy hom nodig het, jy hom skielik kan uithaal nie!
    Dankie!

  2. Ok, dalk gooi ek nou weer ‘n ander kat in die duiwehok, maar ek dink partykeer kry mens teespoed juis om jou weer terug te bring na die Here. Want as alles so wonderlik goed met jou gaan, vergeet mens soms waar dit vandaan kom en dink dis oor jy so bleddie oulik is. 😉 So, in daai sin is dit vir my goed as mense in tyd van nood hul weer na Hom wend. (Erm…eintlik praat ek nou hier van myself…)

    Ek voel soos Plasie oor die soetsappige mails en sms’e. Ek druk gewoonlik net die delete-knoppie, maar dit pla my nie rerig as mense dit aanstuur na my nie.

    Goed wat my afsit, is mense wat die duiwel in alles wil sien: Batman, Harry Potter, Liewe Heksie, Noddy… 😯

    1. Nou dat ek daaraan dink, in my (vreeslike) eng, konserwatiewe skool was dit ‘n verskriklike ding om “bleddie” te se. Dit kom glo mos van “bloody” af wat dui op die “bloody Son of God”…of iets dergliks. DIT irriteer die wille waks uit my. 👿

  3. Reguit en op die man af. Hoera vir jou en hoe jy dit se. Jy moet altyd uit die hart uit praat. Hierdie naweek liewe Jesus mense dryf ander weg van God af. Elke dag, heeldag net wees wat jy is, is wat ons moet wees. Uit die hart uit kinders van God.

    1. Nee, ek maak nie ‘n grap nie. Maar hoekom pla dit jou? Hy bestaan mos nie, volgens jou🙂 So hoekom aandag gee aan iets wat nie bestaan nie?😈

      1. Stuur my ‘n FB request dingeses asb, want ek kan jou nie kry in die search nie. Ek sal accept en dan kan jy die binne sirkel van ateistiese euwel betree en eerstehands sien hoe wreedaardig en bloeddorstig ons rerig is. Daars sex, geweld, baba offers en ander duiwelse rituele, maar jy sal vinnig gewoond raak daaraan.

  4. Jy verwoord nie net die kouevuur wat in jou kop brand nie, jy spel die wentelende woorde oor die einste saak wat in my hart brand ongelooflik akkuraat uit. Dankie dat jou woorde my hart laat asemhaal.

    Hierdie stuk is ongetwyfeld die volgende leesstuk wat ek in my belydenisklas gaan bespreek. Dis hoe ek van my Godsdiens ook hou. Onpretensieus, real en nie hierdie harry potter science fiction godsdiens nie.

    Dankie

  5. Se jy nou presies hoe baie mense voel. Ek lees sulke boodskappe gladnie en as ek nou moet hel toe gaan daarvoor – so be it. Ek haar dit as mense met die Bybel onder die arm rondloop en vir my versies voer. Ek het die Jehova’s hier weggehou deur te vertel dat ek ‘n satanis is – ag dit was nou vir jou ‘n Kodak moment👿

  6. Ek het ‘n absolute broertjie dood aan die mense wat geveinsd is. Dit is ‘n lewende verhouding met God wat maak dat mens goed kan verwerk en dit beteken geensins dat alles wat met jou gebeur het ewe skielik nie meer saak maak nie. Tjol. Ons is nie heilig nie, ons gaan natuurlik negatiewe implikasies op ons lewens oorhou. Vir my, om die groot seer in my lewe te kon verwerk, het beteken ek moes verstaan waarom dinge gebeur (my eie swak keuses) en om van daar af my lewenswyses te verander. Dis soos dieet ook. net omdat ek ‘n dieet lees beteken dit nie ek gaan maer word nie!! Ek vee daardie tipe van e-posse summier uit. Daar is ‘n hele paar mense wat taamlik onder my tong deurgeloop het omdat hulle sulke goody2shoes is.

    1. Daar gebruik jy nou die regte woord: geveindsheid. Son, miskien sal sommige mense aanstoot neem met ou skrywe, maar ek verstaan presies waar jy vandaan kom. Ek noem dit versiekersuiker-godsdiens.

  7. Feite hierdie!!
    Ek het doerie jare, toe ek nog Sondagskool gehou het vir my bloedjies gesê – om Christen te wees is nie iets waar oor jy praat nie. Mense moet dit aan jou lewe sien – en ook so wil wees.
    Lekker aand verder…

  8. Hoe en wat ‘n persoon glo staan hom/haar vry en het absoluut niks met my uit te waai nie. As so persoon dus wil bybelversies aanstuur, fyn. Dit staan my gelukkig vry om daarmee te maak wat ek wil.

    Wat my wel dwars in die krop steek is wanneer iemand met ‘n verstand en werkende ledemate hulle probleme op iemand anders wil afskuif, soos God byvoorbeeld. Hulp sal kom vir die wat hulleself probeer help.

  9. Jitte so bek moet sterk dop kry en weeklikse besoek van ‘n Jehova Getuie!😉 As jy gat wil krap moet jy traktaaitjies of pamfletjies in my hand stop.

    1. Rustig – jy moenie sukkel nie. Dalk moet ek eendag hier vertel van die kaal mansbeeldjie wat ek in my vensterbank gelos het om die Jehova getuies wat my byna elke dag verpes het, af te skrik👿😆

      1. Dit is nog niks, ek het een met die tuinslang nat gespuit want hy kon nie verstaan dat ek nie belangstel nie! Hy het sommer namens my besluit ek gaan hel toe!

  10. Ek kan nie die sms’e hanteer met die stroop nie. Het in huis groot geword waar daar nie gedweep is nie, Godsiens beoefening was normale deel van ons lewe soos asemhaal, die oomblik as iemand se stem skielik ‘n ander toonhoogte en sweempie ingaan van saligheid.. ag tog dan raak ek so ongemaklik .

  11. Ek het ‘n probleem daarmee as mense glo (of voorgee??) dat ALLES eenvoudig skielik REG moet wees in jou lewe as jy dit aan die Here oorgee. Ek het dit ongelukkig nie so ondervind nie en daar het ‘n groot en positiewe verandering in my lewe gekom toe ek die dag besef het EKSELF moet ook iets DOEN – dat ek per slot van rekening SELF vir my eie heil verantwoordelik is. Nee, alles het toe ook nie meteens wonderlik geword nie – maar ek het dit nie verwag nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s