Ongeklassifiseerd

Die anonieme ek sê

MaanKind has no mercy, MaanKind takes no prisoners. Wat sou ek vandag anoniem wou sê. Eintlik het ek al vele male oorweeg om ‘n ander blog te begin, in Engels, waar niemand wat my ken, soos in die regte lewe ken, weet dis ek wat daar skryf nie. Sodat ek daar kan bitch oor die dinge wat my gereeld de wetter in maak. Maar ek kom nie sover nie. Ek kom nie eers aldag by Kouevuur uit nie, wat nog te sê by Bitchbites – sou daar nou ‘n Bitchbites blog gewees het😉

Die anonieme ek sê:

Elke keer as jy of jy of jy ‘n motor verbygaan en die aankomende verkeer oor die geel lyn druk, wens ek jy jaag jou kar in die naaste, diepste sloot in!

~

Al is jy ‘n vrou, moenie so verdomp bang wees vir alles nie. ”Ek wil nie alleen ry nie, ek wil nie alleen bly nie. Dis gevaarlik vir ‘n vrou om so ver alleen te ry. Moenie vergeet om jou deure te sluit nie. Is jy mal om daar in te gaan?!” Watdehel! Mens leef net een keer en as jy meer as een keer lewe, dan weet jy in elk geval meestal nie van die vorige kere nie. So, DOEN dinge. Moenie dink elke vreemde plek waar jy gaan, gaan iemand jou besteel, verkrag of vermoor nie. Have some faith! LEWE! Jy mag dalk net verras word met mense se goedheid, eerder as hul boosheid!

~

Ek stel regtig nie belang in jou bediende wat laat was, jou kind wat verkoue is, jou buurman se hond wat op jou gras poef nie. Nee, ek is nie ongevoelig nie, maar regtig – kry ‘n lewe. Ons het almal een of ander tyd in ons lewens bediendes gehad wat laat was, kinders gehad wat siek is, bure gehad wat ons hare grys gemaak het. En hier is ons steeds. Soos Steve sê; “Ons sal oorleef.” Jy sal ook. Dit oorleef.

~

Laastens, ma’s wat sit terwyl julle kinders afbreek – ek sal jou graag ‘n ordentlike snotklap wil gee omdat jy nie jou kinders maniere leer nie. Die lewe is tough en eendag gaan jou kinders onder jou laksheid ly. En hier wil ek vandag my hoed afhaal vir my susters en broer – ek het hulle almal en hulle kinders Sondag by my huis gehad en nie EEN kind het hom/haarself selfs een oomblik nie goed gedra nie! Tien uit tien vir daardie tipe opvoeding.

~

Dis seker genoeg vir een dag?😉

Geseënde Paastyd – een en elkeen wat hier lees. Ry veilig en kom veilig terug, al gaan jy net kafee toe om die hoek. Ek… ekke gaan Bos toe – iewers tussen Vleesbaai en Gourits – tot Sondag. En daarna Karoo toe tot volgende Vrydag. Sal foto’s terugbring.

Hasta mañana!

12 thoughts on “Die anonieme ek sê

  1. Son, oor die karre en die geel lyne…. BRAVO!!
    Oor bangeit…. uhm…. ek is bangerig, maar ook soms waaghalsig!
    oor die kinders……….. jy kon dit nie beter gestel het nie!
    En ja, daar is beslis ‘n lewe anderkant bottels, nappies en jou buurman wat jou irriteer.

  2. Goed gesê! Ek beaam alles met my hele hart. Miskien kan ek ook net byvoeg: ek stel regtig nie belang in watter kosssoorte jou kinders/man/troeteldiere van hou en wat hulle verafsku nie.

  3. So waar!!
    Ek bly al jarre alleen, ry waar ek moet wees, doen wat ek moet – gaan nie op ‘n hopie sit net oor ek nie ‘n man het nie!
    Geniet die rus en kom veilig terug…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s