Gedagtes · Sommer net

WWW

Dis Facebook, en dis Twitter

Pinterest en blogs

Daar’s YouTube, Google plus

Mxit en Skype

Chat sites en BBM

Woorde in die ruimte in

Weggewaai in www

Kuberseks, ruimte soene

Niks werklik nie, niks tasbaar nie

Geen warm lippe, geen lyfkontak

Net koue, kliniese ronde gesiggies

wat soen en druk en tong uitsteek en oë rol

So word die mure om ons hoër

die kokonne dikker

die eensaamheid eensamer.

Niemand sien meer die seer in ander oë

want ons wis mekaar uit

met die druk van ‘n knoppie

tot die volgende leë, koue hello

van agter ‘n vierkantige wegkruipplek.

20 thoughts on “WWW

  1. Eish Son!. Wat ‘n hartkloppie deel ons nou…ja…in cyberspace….

    …my pastoor het eenkeer gesê…’vandag kan mens selfs kerk toe gaan sonder om jou rekenaar te verlaat!’

    Eish eish eish! Want hier sit ek al weer by die rekenaar, besig om jou te leer ken😛

  2. Son, jy raak ‘n belangrike waarheid aan in hierdie skrywe van jou. Ek dink, soos in alles in die lewe, is balans seker die antwoord. As mens nie mensself beperk en dissiplineer nie, dan sluk die Net jou heel in.

  3. Goed gesê, maar miskien net ‘n biekie eensydig. Daar is dit wat goed is aan www ook. Dit wat nie tasbaar is nie, is net so werklik soos dit wat is.

  4. Oe jaaaa!! Stem 100 % saam!
    Ek haat dit om alewig ‘beskikbaar’ te wees…hierdie nuwe fone is ‘n onding, seg ek. Skype, GTalk, WhatsAp, smse, e-mails en wat nog – alles bereik jou terwyl jy probeer om jou alledaagse lewe te lewe. Ek het die meeste goeters afgesit. Gee my die creeps. Die sad ding is, ek sou dit graag wou aanhe vir as my geliefde met my wil kontak maak, maar mense dink mos as jou liggie groen brand, is dit ‘n ope uitnodiging om te begin klets. 😯

  5. Ek het lanklaas iets so waar gelees as hierdie.
    My menslike kontak is minimaal – altyd net cyberkuiertjies.
    partykeer verkies ek dit so, ander kere voel dit leeg en koud.
    Maar ek kan dit beter hanteer as iemand in cyberspace my weggooi – ontruim hulle net uit my elektroniese lewe uit.
    Wat regte mense aanbetref – nie so maklik nie – en daai seer bly lank.

  6. Tegnologie het sy voordele en nadele. Dit is onteenseglik in ons bestaan verweef en gaan volgens alle aanduidings ‘n al groter rol speel. Like it or not, dit is wat dit is.

    Wanneer die rare geleentheid homself wel voordoen om “facetime” met iemand te kan hê en daardie persoon is die heeltyd vasgenael aan sy/haar i-whatever of e-watsenaam, dit is dan wat my sin vir humor, wet en orde baie vinnig dun raak. Uitwissing is dan definitief op die kaarte, old school.

  7. Mooi geskryf Son! Dis hoe ek voel oor Facebook. Twitter wil ek nie eers gebruik nie en nouja, Pinterest sien ek is maar net soos Facebook. Ek geniet WordPress egter vreeslik baie en die mense wat gereeld by my kuier is vriendelik, liefdevol en belangstellend en dis meer as wat ek van die mense kan sê wat hier om my bly.🙂
    Lekker daggie vir jou hoor!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s