Gedagtes

Vreemde Vrydag gevoel

Dis Vrydag en vreemd genoeg is ek al van vanoggend af melankolies. Gewoonlik is mens mos bly as dit Vrydag is. VERAL as dit die einde van die maand is en “pay”-Vrydag is. Maar ek is nie. Nie bly nie. Ook nie hartseer nie, maar ek het net hierdie vreemde krapperige gevoel. Asof ek iets vergeet het. Asof iets my vergeet het. Asof my “je ne sais quoi” my verlaat het. Asof iets gaan gebeur.

Ek ly nie aan depressie nie, behalwe vir die gewone af-en-toe “down” gevoel wat almal maar soms kry. Maar ek kry nie uitge’figure’ wat ek vandag voel nie. behalwe dat dit my ongemaklik maak. Dis soos ‘n naam wat op die punt van mens se tong is, maar om jou lewe te red kan jy dit nie onthou nie. Dis asof ek my baba in die supermark vergeet het en nie besef het hy/sy is nie vasgemaak in die stoeltjie agter in die motor nie en as ek by die huis kom gaan ek my gat afskrik. Weird vergelyking, ja ek weet, maar dis hoe ek voel.

Somewhere, somehow, something is not right. Dis soos ‘n voorgevoel, dalk ‘n voorbode – en dit maak my bitter ongemaklik.

24 thoughts on “Vreemde Vrydag gevoel

  1. Dankie vir julle almal se kommentaar. Nee, niks het gebeur nie, maar ek kry myself ook nie dat ek beter voel nie. Ek doen nie depressie nie, maar ek begin dink daar is dalk ‘n swart gat wat vir my lê en loer. Ek kan myself net nie reggeruk kry nie en om als erger te maak, tjank ek as daar net ‘n vlieg oor my neus loop! AArrgghh!!!

  2. Ag nee wat skat! Dis maar die “herfs-blues” glo ek of dis maar die maan. Kom ons wees maar positief. Moet nou nie negatiewe dinge na jou toe aantrek nie. Ek voel baie so. Sit op die stoep en verlang huis toe..hehehe
    Lekker naweek vir jou hoor!
    *hugs*

  3. Ek het namiddag op RSG net so ‘n stukkie van Antoinette Pienaar se Kruie Kraai Koning gehoor. Sy sê toe iets soos, ons lewe te veel in ons kop, ons moet meer in ons harte lewe. En sy sê Oom Johannes sê vir mense “Jy moet net nie jou breins te veel ref nie.” En hy sê ook diere het nie ‘n ronde kop nie, maar mense het ‘n ronde kop, daarom dink ons al in die ronde. Dalk te veel van daai, hmmm?

  4. Hoop daar is nie iets regtig verkeerd nie Son.
    Dat dit dalk maar net die blues is wat vir ‘n rukkie by jou kom uithang en gou weer vergete sal wees…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s