Gedagtes

Twee jaar vir een lewe

Twintig jaar tronkstraf vir tien kinderlewens. Dis wat die taxibestuurder gekry het wat ‘n paar jaar gelede by die trein oorgang by Blackheath oorgejaag het. Was vanaand op die nuus. Een van die kinders se ouma meen dis nie genoeg jare nie, maar ten minste gaan hy nou in ‘n gat sit vir sy straf. I beg to differ.

Nie twintig jaar nie, nie dertig jaar nie, nie HONDERD jaar is genoeg om ‘n kind se lewe te regverdig nie. Dit is so, ja. Jou kind is dood. NIKS gaan jou kind terugbring nie, NIKS gaan die pyn minder of beter maak nie. Nie wraak nie, al glo baie mense wraak is soet. Wraak is eintlik galbitter, maar dit daar gelaat.

Nou gaan ‘n man wat roekeloos met kinderlewens omgegaan het, maar andersins nie ‘n misdadiger is nie, vir twintig jaar op sy gat sit en my en jou en daardie dooie kinders se ouers se belasting geld gaan daarvoor betaal.

Ons tronke is oorvol, van rehabilitasie in ons tronke is daar nie eers ‘n gerug nie. Die man word gestraf deur hom uit die samelewing weg te vat. Hy weet hy gaan heelwaarskynlik nie weer die buitekant van die tronk sien nie, so hoe lank voor hy homself so gemaklik as moontlik aangepas het daar binne?

Sou ‘n meer gepaste straf nie gewees het om hom te laat werk in ‘n plek soos ‘n hospitaal se ongevalle nie, waar hy elke dag kan sien wat roekelose dade aan mense doen? Vir die res van sy lewe, of dan ten minste ook vir twintig jaar. Al stoot hy net trollies, of was vloere, of vee bloed op! Dan beteken hy ten minste iets en word nie net NOG ‘n onrehabiliteerbare misdadiger nie. Sit hom onder huisarres en laat hom slegs toe om na so ‘n werksplek te gaan. Laat hy naweke ook  gemeenskapdiens doen in ouetehuise of by kinderhuise. Laat die bliksem WERK en betaal sommer ‘n deel van sy verdienste in ‘n trustfonds vir benadeelde kinders of so iets in.

Want ja, twintig jaar is nie genoeg nie, nie ‘n leeftyd is genoeg, om te vergoed vir ‘n kind se lewe nie. Maar om hom in die tronk te sit en dan is die saak verby, gaan vir niemand werklik iets beteken nie. Al dink daardie ouers miskien nou sy straf is genoeg. Laat hy sy skuld DAADWERKLIK aan die samelewing terugbetaal.

12 thoughts on “Twee jaar vir een lewe

  1. Ek seg mos hoeka al dat al die staat se stukke grond in die middle van nêrens in werkkampe vir gevangenis omskep moet word, sodat hul bietjie hul room and board verdien. Hulle kan groente verbou, of meubels maak, of bakstene maak…hel, die opsies is eindeloos!

  2. Ek stem. Hoeveel jare het hy weggevat van daardie kinders? – dis hoe lank hy moet boet. Om in ‘n tronk te sit en uit te kom as iemand met (waarskynlik) ‘n graad agter sy naam terwyl daardie ouers nooit die geleentheid gaan hê om dit vir hulle kinders te kan doen nie, is eenvoudig te genadig.

    Ek besef dit klink wreed, maar ek dink ook so iemand moet dalk in ‘n ambulans werk. Hy moet eerste op die toneel wees om te sien hoe dit lyk as ander doen wat hy gedoen het.

  3. Wil myself net kom voorstel. Ek het op aanbeveling en hulp van ‘n vriendin besluit om ons webwerf voortaan self te bestuur. Wat die bloggedeelte betref: Ek is nie ‘n skrywer van format, maar ek wil graag my ondervindinge van die wildplaas met almal deel. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Help gerus as jy sien ek trap klei. Ek sal soos die tyd dit toelaat by almal probeer uitkom.

  4. Ek kan nie met jou meer saamstem oor die werk nie. Eintlik behoort die hele Korrektiewe Dienste ons niks te kos nie, hulle kan ‘n fabriek by elke tronk hê waar gevangenes kan werk vir hulle kos en verblyf.

    Mense het ook snaakse redenasies hier in S.A. Ek hoor laas week, nog voor die uiteinde van hierdie saak, op die radio “die feit dat hy nie verantwoordelikheid aanvaar nie toon dat hy geen berou het nie.” Nou hoekom sou ‘n mens berou moet hê vir iets waarvoor jy onskuldig pleit? Of bestaan “innocent until proven guilty” nie meer nie?

  5. Jy’t my en die Toegewyde Een oppad skooltoe lekker laat bedink Son – ‘n mens sou graag wou dat so iets meer beskikbaar is, soos in die VSA – ek dink egter ons toesig-stelsel laat veel te wense oor.

  6. Son, vriendin. Mag ek ‘n gunsie vra? Dat jy asseblief hier onder jou skrywes by die ‘share’ opsies vir my die opsie om te email insit. Groot asseblief.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s