Sommer net

Sewe Skandes, Sondes of Sommernet

As ek ‘n slagspreuk vir my lewe op hierdie oomblik moes kies, sou dit loshande wees: “God put me on Earth to accomplish a certain number of things. At this point in time I am so far behind, I might never die!”

Almal is besig hierdie tyd van die jaar, so ek wil nie soos ‘n kermgat klink nie. Ek gaan volstaan deur net te sê ek kom nie by alles uit wat ek graag wil doen / skryf nie, maar daar is lig voor in die tonnel. Lig in die vorm van ‘n vakansie.

Verder skuld ek verskeie mense huiswerk en vir Theo van Kanada ‘n laaaaang brief, so laat ek maar by ‘n punt begin. Louisa het my iewers in November al ge”tag” om 7 goed oor myself te vertel wat niemand nog weet nie. Dis nogal ‘n “tall order”, want hier is al soveel keer op die blogs 7/10/15 goed van mens self vertel wat ander mense nie weet nie dat ek beswaarlik kan dink aan iets wat nog ‘n geheim is. Merrieperd – ek skuld haar ook nog huiswerk – iets van water met ‘n vurk drink😉 – stel toe voor ek vertel eerder sewe sondes. Mmmm…

In elk geval, die ding werk so:

Ek kry hierdie toekenning:

En dan moet ek:

  1. 7 goed van myself vertel
  2. Die toekenning aangee na 15 ander b(l)oggers

Netnou lees niemand verder as die sewe skandes / sondes / sommernet nie van skok, so ek gaan EERSTE die toekenning aangee na die 15 ander, genaamd:

Ligtorinkie

Kaalvoet – dis hoog tyd dat jy weer ietsie skryf😉

Seegogga

Merrieperd

Elfie – groot ‘seblief🙂

My Alter Ego

Maryke

Jane  – toe, jy kan nie net huisvrou wees nie😉

Charms

Murphy

Dominee & Donkie – hopelik lees die kerkraad nie my blog ook nie😆

Jo-Ann van Namibië – Lucky Fish!

De-Lief-In

Vlam-Vy

Gardiol

Dankie – moet my asseblief nie teleurstel nie, ek soek juicy details😈

Okay – so, hier is my SEWE watookals:

1. Ek was altyd ‘n gehoorsame kind, het my huiswerk gedoen en hard geleer (sien vorige inskrywing). Maar toe ek in Standerd 9 was, het ek weggeloop van die huis af. Omdat ek nie meer wou skool gaan nie. Ek het geryloop tot in Mosselbaai, ‘n nag by ‘n vulstasie in die toilette geslaap en toe besluit ek is mal en terug geryloop. My arme ma was amper van haar kop af, maar ek is steeds nie toegelaat om die skool te verlaat nie. Vandag is ek natuurlik ewig dankbaar daaroor.

2. Ek hou nie van potplante nie en die kere wat iemand so gaaf was om vir my een te gee, het dit gewoonlik binne die eerste maand gevrek. Ek het glad nie groen vingers nie. Ek sal vir my vars blomme koop en oral in my huis sit en dit gereeld vervang met ander vars blomme. Maar ek en ‘n potplant kom nie oor die weg nie.

3. Ek het vir 10 jaar nie my voete in enige kerk gesit nie. Omdat ek kwaad was vir ‘n dominee. Ek het darem uiteindelik tot die insig gekom dat die dominee nie die kerk is nie en na baie rondswerf om ‘n kerk te soek waar ek gemaklik voel en na vele avonture in allerhande kerke, gaan ek nou Strooidakkerk toe in die Paarl.

4. Ek het my eerste man (die een wat my gereeld so mooi blou ingekleur het) een keer verneuk met sy beste vriend. Dit was verkeerd, ja, maar tot vandag voel ek nie skuldig of spyt daaroor nie. Al waaroor ek dalk spyt is, is dat ek nie sy beste vriend gevat het nie.

5. Ek hou nie van die sport boks nie en het altyd gedink die mense wat so tekere gaan langs die kryt, is regtig ernstig af. Toe gaan kyk ek een keer, baie jare gelede, na ‘n boksgeveg (ek het so ‘n rukkie met die bokser self uitgegaan) en toe ek weer sien, raas ek net so hard, indien nie harder nie, as die ander mense. Hooligan was ‘n mooi een. Daar het ek besef wat die mag van ‘n massa mense is en hoe mens opgesweep kan raak en meegevoer kan raak oor iets waarteenoor jy eintlik koud staan. Daar is ‘n bloeddorstige kant aan my, waarvoor ek self soms bang is.

6. Ek is bly my kinders is groot en uit die huis uit. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is baie lief vir hulle, maar ek is ook in ‘n groot mate selfsugtig en hou van my eie spasie en my eie tyd. Iemand het een keer vir my gesê ek is eers vrou en dan ma en dit is okay. Ek hoop nie ek trap op iemand se tone hier nie, maar ek kon nog nooit verstaan hoe party ma’s se hele lewe net om hulle kinders draai nie, asof hulle op sigself nie meer ‘n individu is nie. Ek wil hê my kinders moet versorg en gelukkig wees en hulle eie lewe lei, sodat ek my eie lewe met ‘n geruste hart kan lei.

7. Ek het een keer vir ses maande lank ‘n sielkundige gesien en dit was een van die beste dinge wat ek ooit vir myself kon doen.

Sjoe – dit was ‘n bek vol.

45 thoughts on “Sewe Skandes, Sondes of Sommernet

  1. Ai Son,hoe lekker was dit om weer te begin “blog-lees”, soos in die ou dae, toe Antie Koekie nog in die skadu van Tafelberg gebly het.. Lekker om bekende name hier raak te lees. Ja, daai punt van die boksgeveg kan ek verstaan, want ‘n WWE-kyksessie help my om van baie opgekropte frustrasies ontslae te raak! :lol!!

  2. My huiswerk is gedoen!

    Nr 3: Ek sukkel nogsteeds met dieselfde probleem. En dis al 12 jaar. My probleem het met ‘n dominee begin, maar nou stamp ek kop met sommige sogenaamde “gelowiges”.

  3. Sewe sondes is moeilk vir my om te vind, ek is die ‘vader’ van “wat kan ‘n kind verkeerd doen?”. As grootmens: so sue me… Jy mag nie doodslaan nie, is maar die rëel waarvolgens ek leef. Ek het dus nie sondes nie, bloot uhm, versoekings om te weerstaan? Ek eet dus te veel, lees te veel, werk te min, huil te maklik, is ongelooflik naief vir ‘n 47jarige Gautenger, meet mense steeds aan hul goeie maniere, meen dat Japanese toilette wat jou ontlasting ruik-en-bekyk die beste uitvinding is sedert Calvyn ons geleer het ‘jy mag nie van jou lyf praat nie, jy mag nie aan jou lyf dink nie, jy mag nie aan jou lyf vat nie – stop-stop-, ek kom binne 30 sekondes in my wilde-tyd, ek het al ‘n Gideonsbybel gesteel, en appels by my vriendin, ek is te sinies. Dis dit vir nou, want hier het olyflyster kom kos soek by my venster en dit reen in Gauteng, ek gaan nou eers sit en kyk…

  4. No 6 kon ook myne gewees het. Hulle staan almal op eie voete. Hulle was ook almal van kleins af stroom op want hulle kon. Hulle kom darem kuier om alles om te krap en my van my bas af te lig.

  5. George Harrison het by geleentheid gesê “the more you learn, the less you know”. Ek het vandag al ‘n hele paar van hierdie biegparades gelees en dis ongelooflik hoe universeel dieselfde ons eintlik is.
    Ek het lekker gelag oor 4. Die lekkerste deel van om geverf te word is om terug te verf… Vat so jou Uilskuiken!!!

  6. Ek deel jou potplant-pyn. Of ek laat hulle vrek met te veel water, of ek laat hulle vrek met te min water, maar aan die lewe hou is net nie moontlik nie. 😆

    Sal bietjie gaan nadink oor my sondes. You want the whole truth, and nothing but the truth? 😉

    1. Maar jy maak tog tuin? So, ek kan my hand waag aan ‘n kruietuin?

      Ek hoor eintlik hoe spin daai brein se ratte oor “the whole truth”😆

  7. Sjoe, dis ‘n tall order vir iemand wat se brein op die oomblik soos ‘n chocolate mousse voel…maar ek sal dink, watch that space. Anyway…baie interessante sewe dinge.

  8. sigggggggggggggggggggggggggggggggggg…..daar’s ‘n rede hoekom ek niks skryf nie…dis makliker om iets op youtube te soek😉 Maar ek moet seker weer iets doen vir ‘n slag voor die ou spasietjie heeltemal wegraak onder stof. Ek sal moet dink en lank dink wat om te skryf😉

  9. Die Like is vir no 6. Ek kan SO assosieer! Ek het my kinders van kleins af vreeslik onafhanklik grootgemaak, tot ontsteltenis van ander mense, maar ek pluk die vrugte daarvan.

    1. Snaaks hoe ander mense altyd omgekrap is as mens jou eie kinders onafhanklik probeer grootmaak. Ek wonder al my lewe lank wat de hel dit nou eintlik met hulle te doen het😈

  10. Uitstekend! Vol punte vir die huiswerk.😀

    Hahaha, as ek met sewer skandes moes opkom sou daar dalk ‘n paar pere gewees het, ek het nogal ‘n paar van dieselfde skandes as jy snaaks genoeg. Miskien sal ek myself ook uit-rat die volgende keer as ek getag word.😉

  11. Jong …. as ek nou al my sondes op die lappe moet bring … gaan ek al my blogvriende verloor LOL
    Ek onthou ook my rebelse stadium! Min kinders wat nie daardeur gaan nie :0

    Maar laat ek verder vertel op my blog …

  12. Eintlik is alle mense baie meer dieselfde as wat ons graag wil erken. Op ‘n manier is dit soortvan gerusstellend tot jy besef hoe dun ons lagie beskawing is, dan word dit baie baie scary.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s