Gedagtes

Jy kan beter doen

So paar naweke gelede braai ek by my tweede jongste suster. Eintlik half suster. Ons het een pa, verskillende ma’s. Die ouderdomsverskil tussen my en haar is 20 jaar.

Noudat sy groot is, getroud en met twee seuntjies, het ons mekaar ingegroei, by gebrek aan ‘n beter beskrywing. Dis die eerste keer in byna 5 jaar wat ons weer saam kuier. Soos die aand loop kom ek tot die besef dat ek regtig van my sus hou. Dat sy baie soos ek dink, dat sy ‘witty’ en intelligent is en dat ek uitgemis het deur die jare wat ek nooit moeite gedoen het om meer tyd met haar te spandeer nie.

Later in die aand, elkeen met ‘n doppie en tjoppie in die hand, begin ons oor ons onderskeie kinderdae praat. En deel ons herinneringe oor Pa. Ons goeie, maar helse streng pa. Ons pa wat geglo het jy bly slegs uit die skool as jy in die hospitaal opgeneem is. Wat ons gatvelle sou aftrek as ons sou bank. Ons pa wat een van die slimste mense is wat ons ken, maar nooit die geleentheid gehad het om verder te gaan studeer nie.

Toe se my sus: “Weet jy, Pa vertel nou nog vir my ek kon soveel meer in die lewe bereik het.” (Sy het ‘n gewone kantoor werk, maar is ook bitter intelligent.) “Maar ek vee my gat aan hom af” praat sy verder. “Ek het hom net een keer vertel ek is gelukkig met wie en wat ek is, ek het geen ambisie om soos Alida (ons jongste sussie wat ‘n high flyer is) te wees nie.”

Ek kyk vir haar en ek besef sy is eerlik, sy bedoel dit regtig. Sy is gelukkig om net te wees wie en wat sy is. Al het sy nie ‘n graad of ‘n hoe pos nie. Die gesprek bly my vir dae by. En ek onthou te veel. As ek huis toe gekom het met 85 persent, dan wou pa weet hoekom is dit nie 90 persent nie. As ek 5 boekpryse aan die einde van die jaar gewen het, dan wou pa weet hoekom was dit nie die ander 3 ook nie. Al het ek hoe goed gedoen, ek kon altyd beter gedoen het. Volgens pa.

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek het een van die beste pa’s, maar my sus het my ‘n newsflash gegee. Oor hoekom ek soms as ek iets regtig complicated reggekry het in my werk, soos ‘n ‘imposter’ gevoel het. Asof dit nie regtig ek is nie, want ek kan mos nie so goed wees nie. Oor hoekom ek so min geloof in my eie vermoens het, al het ek myself al in verskeie velde bewys.

Want my beste was nog nooit goed genoeg nie. Al was my beste beter as baie ander s’n. So, EK was nooit goed genoeg nie. Dit het oorgespoel in soveel afdelings van my lewe. Ek is bly my sus het vroeg in haar lewe haar eiewaarde besef. Ek het nog nodig om myself elke dag ‘n ‘prep talk’ te gee om myne te besef.

Hoe fok ons ouers ons nie soms op met die beste bedoelings in die wereld nie. Ek is nie kwaad vir my pa nie, nee, ek weet hy wou vir ons net meer in die lewe laat bereik as wat hy kon. Maar ek hoop ‘n ander pa (of ma) van jong kinders lees hier en catch a wake-up. Moedig jou kind aan, maar moenie dink hy of sy moet jou drome verwesenlik nie en moenie dat jou kind se beste nooit goed genoeg vir jou is nie.

11 thoughts on “Jy kan beter doen

  1. Son…. ek ken jou pyn. My ma het my nooit vergelyk nie, of verwag ek moet beter doen nie, want wie sou nou in elk geval iets van MY verwag! “Madelé is soos skilpadjie, niemand verwag iets van haar nie, maar as jy by die wenpaal kom is sy ook daar.” FOK!! (Ek vloek regtig nooit!!, maar dis as ‘n kompliment beskou!) Demit

  2. Jou pa klink baie soos my pa. Eenkeer het ek 97% vir ‘n toets gekry wat meeste van my klasmaats gepluk het…en hy wou weet hoekom dit nie 100% was nie. Daarna het ek my eie toetse begin teken.😉

    Een middag na skool het ek saam met my pa werk toe gegaan vir die res van die dag, maar hy was in vergaderings so ek het eintlik met sy sekretaresse gesit en klets. Op een of ander manier het dit opgekom, sy kon dit nie glo nie want blykbaar al wat my pa oor kon praat was oor hoe trots hy op ons was. Wens hy het nou en dan gebother om dit vir my of my broer ook te vertel.

  3. Plumpie vir jou sus Kouevuur!

    Ek wonder hoeveel van ons voel nie dieselfde as jy nie. Die “jy kan altyd beter doen” sindroom is gewoonlik die tweeling van die “as ek maar net almal tevrede kan stel” sindroom en die twee saam is ‘n fatale kombinasie. Behalwe vir skool/werk prestasies dink ek dat ander fasette van ons lewe ook daaronder ly bv lywe, verhoudings ens. Die vraag van “hoe gaan dit” word omgeskakel in hoe lyk die lyf, die hare, is jou man nog gelukkig ens.

    Dalk kan ons almal leer om meer die eiewaarde sindroom in te nooi en die ander sindrome summier by die agterdeur uit te gooi.

  4. Ek dink ons generasie het maar almal so klap weg. Jy moes eenvoudig die beste wees sodat ma/pa/ouma/oupa met jou kon spog op familiebyeenkomste – ai maar sussie is so slim! Gelukkig het ek hierdie siening nie oorgedra oor die volgende generasie nie want ek het besef dat almal nie A+ studente is nie.

  5. Het ook maar so grootgeword, Onthou, ons ouers het niks geweet van sielkunde en lae selfbeeld en goeters nie. Hulle het gedog hulle moedig ons aan. En hier sit ons almal vandag met gevoelens van ontoereikendheid ens. Lees ook my blog oor positiewe dissipline.

  6. Great blog – het ook so pa (dink egter nie hy’s die beste nie, anyway) – maar die woord EIEWAARDE het vir my hier uitgestaan. En ek het dit gebruik net na middagete. Ons het ‘n mondelingse toets oor die senuwees in die arm (voorbeen) gehad. En ek het geleer, maar was so op my senuwees en gedink ek sal NIKS onthou nie. Toe lees ek jou blog, en besluit net daar dis sommer nonsense. Ek KAN. Ek het al, en ek sal weer. Die toets het goed gegaan! Dankie!

  7. Jy sal verstaan as jy jy McClelland se teorie verstaan. Mense het drie motiverings:
    Sosiaal, prestasie en mag. Party mense is gelukkig as hulle net klomp mense om hulle het. Party mense wil die beste wees. Party mense soek mag. Hulle sal alles forsake om by daai doelwitte te kom.

    “Jannie is SO slim maar ‘n party die hele dag.”. Want Jannie se motivering is sosiaal.
    “My baas is so ‘n drol” want hy wil jou domineer en mag uitoefen.
    “Ek moet die naweek / laat werk / swot / oefen” want hy het ‘n behoefte aan prestasie.
    Jou suster soek sosiale vrede. Prestasie pla haar minder as wat die ‘samelewing’ wil he. Herschelle Gibbs is die klassieke voorbeeld. Jacques Kallis het baie minder talent maar soek prestasie, Herschelle soek social.

  8. Verstaan so goed, Son – ek weer, weet ‘deep down’ dat ek kan beter doen maar ek is ongelooflik lui… en bang dat my beste nie goed genoeg vir die hele res van die wêreld sal wees nie – dis ‘n Calvyn ding, is dit nie? Het boeke en boeke oor die onderwerp, ‘who’s pulling your strings’ ‘what motivates you’ ‘ locus of control’ – you name it, I ignore it he-he-he. Lekker skryf en wonderlik wees – dat ‘n mens se hare krul is al klaar wonderlik genoeg : )

  9. Ek wou al hierdie blog skryf – woordeliks so -, maar my susters lees my blog, en hulle onthou hulle kinderdae as totaal anders as wat ek myne onthou.

    Miskien was die Jy-kan-beter-doen ‘n generasieding, en het hulle op ‘n weird manier gedink dit mortiveer ons? So is ek toe matriek deur met 4 C’s en 2 E’s. Want waarvoor sal ek tog leer?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s