Sommer net

Sommer net

Ek verlang na my blog. Nie dat iemand my keer om hier te kom skryf nie, dis net – op die oomblik het ek so baie ysters in die vuur, dit voel of ek binnekort my hande gaan verbrand. Maar nou ja, ek is al daarvan beskuldig dat ek die duiwel se dogter is – ja, daai is ‘n lekker, lang, skandalige storie wat ek julle dalk tog eendag moet vertel, as ek my moer goed genoeg gestrip het, maar vir nou sal ek dit maar laat verbygaan. Mens kry die armes van gees en dan kry jy die armsaliges. Armsalig is die een wat altyd sy eie tekortkominge en fokops wat hy (sy) aangejaag het, wil vergoeilik deur Rooikappie in die drie Varkies se storie te wil sit.

Maar wag, laat ek julle nie verveel met antieke geskiedenis wat elke kort-kort sy kop by die agterdeur inwurm nie. Ek wou sê ek is regtig besig. Die November storie-uitdaging gaan ek nie maak nie, dis nou om 50 000 woorde voor 30 November te skryf. Die gaan sit en begin skryf het my egter laat besef dat ek werklik WIL en KAN. Die “plot” is daar, die karakters is daar, ek het al ongeveer twaalf duisend woorde geskryf en ek weet in my binnekant van my binneste kant:

Dat ek hierdie storie gaan skryf, al vat dit my ‘n paar maande.

Dat dit vir my lekker is om te skryf, maar ook dat ek vrek LUI is.

Dat ek myself elke keer moet aanpraat om te gaan sit en nog ‘n hoofstuk te begin, maar dat ek dan soos ‘n ou Ford kar is – damn hard to start, but then damn hard to stop🙂

Dat ek alreeds ‘n volgende storie se buitelyne in my kop het.

Dat ek ook nog ‘n hygroman wil skryf, sommer net omdat ek wil😈

Verder werk ek my in ‘n flat spin by die werk, want die mense by wie ons verslae moet indien, wil niks meer verslae hersien na 1 Desember nie, en nou het almal skielik wakker geskrik. What else is new?

Wat nog?

Ek begin die 1ste Desember met Pilates klasse, dalk help dit vir die knaende seer skouers.

Ek samel klere, skryfbehoeftes en alles wat ‘n kind kan nodig hê in vir Die Herberg kinderhuis in Robertson. Dis ‘n saak wat my verskriklik na aan die hart lê. Toe ek ‘n klein kind was, het my ma en pa altyd kinders van daar gaan haal vir naweke en vakansies. Tot vandag het ek daardie kinders nie vergeet nie en wonder baie keer wat van hulle geword het.

Ek is ook highly befok oor die ouers van die seuntjie wat hulle mishandel het en wat dood is, en nou, NA AGT JAAR, word die saak eers afgehandel en hullle kom so te sê NIKS oor nie. Fokkin goed moet gehang word. Ek kan nie hulle name onthou nie, dalk ook maar beter so, maar dit was gisteraand op die nuus. Hulle is nou 26 en was 18 toe hulle die klein seuntjie so mishandel het – hulle eie kind. Maar mag God nie slaap nie.

Ek wens ek kan op die mooi aande langs die see gaan loop, maar dit sal maar moet wag tot ek vakansie het. Ek wens dit was al vakansie, maar dit sal ook maar eers moet wag. Ek wens ek kan vir ‘n week iewers in ‘n berghut gaan bly en net skryf, maar ek sal maar ‘n paar dae in die Karoo daarvoor moet gebruik. Ek wens ek het tyd om Jacobsbaai toe te gaan sodat my siel bietjie kan opvang met my lyf, maar dit sal ook eers moet wag tot later – of vroeg in die nuwe jaar.

So gaan mens se lewe verby. En helfte van die tyd kom jy nie uit by dit wat jy wens nie. Ek maak ook al lankal nie meer nuwejaarsvoornemens nie, dis te depressing as ek niks daarvan uitgevoer kry nie. Soos die spreekwoord sê: “Life is what happens while we are making other plans.”

Laat ek ophou bubbles blaas en aangaan. Eintlik wou ek net kom sê ek mis die blog(gers).

Ciao!

15 thoughts on “Sommer net

  1. Ja , ek voel soms ek is so besig ek kry niks gedoen nie!😆

    Ek het gelees van daai kind, wat ‘n hartseer wereld. Elke dag as ek na News24 kyk dan lyk dit my is daar iewers in ons land ten minste een kind wat of deur hulle mense mishandel was of doodgemaak is.

    Dit suck!

  2. Julle is sommer net diep-duidelik-cool, weet julle dit? Ek wens ons kan eendag almal met sonsak op die strand by ‘n lekker vuur sit en sommer net gesels oor enige iets wat op kom. Of iewers in die Bosveld. Of dalk moet ek julle almal Karoo toe nooi vir ‘n naweek – sal DIT nou nie ROCK nie!!!😆

  3. LAPA uitgewers nooi mense om ‘n hygroman vir die nie-wit mark te skryf, soos mills&boons van ouds (in my ou skrywe ‘warm soos die steppewind’ het ek nie verder as giggel gekom nie), maar ek glo daar is ‘n ongelooflike mark in SA vir die dokter/verpleegster stories, net nie seker of ‘n mens enige romanse in Bara se gange kan vind nie… aai. Maar terwyl ek jou skrywe gister lees (vir die eerste keer in die gange op my blackberry) toe besef ek ek verlang na jou ook, en ek ken jou nie eens nie Son – helaas, nog ‘n cliche in my lewe word waar: verlang na mense wat jy nie ken nie… ek freakin’ vrek oor die lewe🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s