Musiek

Soms wil ek my hart iewers los

Soms wil ek my hart iewers los

iewers ver van mense weg

soos iewers in die diepsee of die Knysnabos

net die verste weg van die naaste aan my

net die mees onbekende plek verby

wens ek soms ek kan daar my hart los

êrens met winterreën en ‘n lente met eindeloos kleur

somer met skaduwee

en ‘n herfs wat gestroop aanhou gee

dan daar sal ek my hart ‘n wyle los

of in die diepsee, dalk die Knysnabos

 

Soms wil ek my hart iewers los

van als gestroop sal ek ligter loop

soos iewers aan die sonkant van ‘n verre land

nog onverniel, sonder letsels getrap

sonder genadelose voeteval

wens ek soms ek kan daar my hart los

êrens met winterreën en ‘n lente met eindeloos kleur

somer met skaduwee

en ‘n herfs wat gestroop aanhou gee

dan daar sal ek my hart ‘n wyle los

of in die diepsee, dalk die Knysnabos

11 thoughts on “Soms wil ek my hart iewers los

  1. Ek dink dit was ook die versugting toe Jesus die kindertjies na hom toe nooi – hulle harte is nog so onverniel – my wens vir jou Son, is ‘n veilige plek vir jou mooi hart.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s