Nuwe woord dokument
wit op die skerm
ongeskend
Tart my met die alfabet
uitgestring van a tot z
My kop is leeg
my kop is vol
my kop is toe
my kop is dol
Woorde het ek
ontelbaar veel;
tussen kop en vingers
word my sinne gesteel
Ek wil ‘n storie vertel
van ‘n vrou wat trane tel
van ‘n kind by ‘n deur
van lag sonder seer
van engele wat waak
oor als wat saak maak
Ek het my woorde verloor
voor jy die storie kon hoor
Jy vertel my ‘n storie sonder om die storie te begin. Dit is stunning!! 🙂
Dankie 🙂 Dis so lank terug, ek moes nou self weer gaan lees. Soms staan ek self verbaas oor die dinge wat ek in die hitte van emosie geskryf het
*sug* Sonnie, jy verwoord my gedagtes op so ‘n bitter mooi manier.
Dit is steeds mooi.
Dis hoe ek dikwels deesdae voel as ek moet preek maak…
Maar die lied in jou sal weer uitkom…
O koek, ek hoop nie jy’t al skrywersblok voor jy nog jou storie begin het nie! Toemaar, dit sal weer kom. Ek het maande laas geblog – vind net nie die regte woord nie.