Die Lewe · Gedagtes · Sommer net

My ‘je ne sais quoi’ is weg

Ek het so ‘n verlate gevoel hier op die Vrydag. So asof ek my je ne sais quoi iewers verloor het. En daar is geen aardse rede hoekom ek so moet voel nie.

Daar lê ‘n lekker naweek voor, met verskeie kuier planne. My hart se een punt kuier in die Kaap. My ryding is weer reg en het genoeg petrol in. Ek het vandag gehoor ek het ‘n redelike goeie verhoging gekry. Ek is gesond. Ek het twee pare nuwe skoene persent gekry. Ek pas weer in my favourite langbroek.

Ek het ‘n slag vir my ma gaan kuier en sy is gesond en het my lekker laat lag. My Blackberry werk. My hare gedra hulle vir ‘n verandering en lê soos wat ek wil hê hulle moet lê. My parfuum ruik nie vandag soos katpie aan my nie. My naels groei mooi en het lanklaas gebreek of geskeur. Dit reën nie buite nie.

Ek het nie enige onmiddelike bekommernisse nie. Ek het genoeg boeke om te lees en genoeg flieks om te kyk. Wat nog? Alles is net cool bananas.

En tog, en tog…

Ek verlang na mense wat ek nie ken nie, na plekke wat ek nog nooit gesien het nie. Na lekkergoed wat ek nog nooit gehad het nie. Na verre, vreemde dinge.

Dalk is die jaar net te lank.

10 thoughts on “My ‘je ne sais quoi’ is weg

  1. Liewe vriendin, ek hoop deur die nag het die donker emosies weggewaai, en die koivissie weer teruggeswem om groot vreugde te bring…
    Ek wens ook vandag is een van daardie pragtige dae in die Kaap, waar jy vir onse berg kan gaan kyk, en sommer net weer voel die lewe is baie lekker…

    Ek vang myself op die Internet besig om Kulula se spesiale aanbiedinge te kyk… ek verlang ook na onse berg…

  2. klink soos my Sondagmiddag blues- en dis nou Vrydag. As mens regtig diep dink, weet mens gewoonlik hoekom mens so voel, en gewoonlik het dit iets te doen met mense ( of een ander mens)….. maar nouja, sterkte, hoop dit word gou berter.

  3. Ek wil ook saamkom vir die Camino… as dit ‘n mens eers gebyt het los dit nie weer nie. Ek voel vandag soos ‘n elektriese toestel sonder ‘n elektriese prop. Alles behoort heel goed te wees, maar die swart hond byt my,,, dis seker hoekom ek maar stillerig vandeesweek is op alle fronte…

    Ek hoop daardie gevoel gaan gou weg, en jy kry iets lekkers gedoen, soos- daardie pad oor Rooi-Els tot by Maankind, lekker wyn en gesels….
    Sterkte vir jou, vriendin…

  4. Ons almal bereik so punt. Ongelukkig duur myne nou al amper meer as ‘n jaar. Het regtig niks om oor te kla nie. Gesond, werk ensovoorts, tog voel dit asof daar iets skort. Soos my ouma altyd gesê het; “more is nog ‘n dag”.

    Lekker naweek!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s