Die Lewe

R.I.P. Oom Cassie – 5 Oktober 2011

Gisteraand het die uil gevlieg.

En vanoggend kort voor dagbreek het daar ‘n seder geval. En ‘n kaal kol in ‘n woud van harte gelaat waar niks ooit weer sal groei nie. Daar sal altyd ‘n leemte wees… by die braai, by die huis op Kleinmond, by elke familie kuier. ‘n Klein oompie met ‘n reuse hart is weg.

Dit het nog nie ingesink nie, Oom Cassie. Al sou jy volgende week 75 geword het, was jy nie oud nie. So duidelik soos jy gelewe het, so skielik en stil het jy gegaan. Wat nou van jou byeboerdery? En Vlekkie? En die Beetle?

Ons huil nie, Oom. Ons weet jy is nou by Tannie Doreen en Riaan. En Antjie het vanaand gesê julle drie hou seker nou partytjie daar bo. Ons huil nie. Nog nie. Maar ons gaan jou mis. Ons weet nog nie hoeveel nie, want ons besef nog nie regtig jy is weg nie.

Ek hoop hulle het TV’s daarbo, en ek hoop hulle weet jy gaan hulle hel gee as hulle ‘n geluid maak terwyl jy TV kyk. En jy en Riaan moenie nou weer tannie Doreen se siel staan en uittrek soos altyd nie. Oom moet oom paslik gedra daar bo. Ons het toe nooit vir oom ‘n ou girl ge-organise nie, maar ook maar goed so, want nou kan oom met ‘n skoon boekie voor tannie Doreen gaan staan😉

Ek sal nooit weer na heuning kan kyk sonder om jou te onthou nie. Ook nie cupcakes nie.

Rus in vrede, Oom Cassie. En groete vir Riaan en die Tannie.

10 thoughts on “R.I.P. Oom Cassie – 5 Oktober 2011

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s