Die Lewe

Gooi die eerste klip

Voor ek by my punt kom, wil ek ‘n lang draai gaan maak. Gewere maak nie mense dood nie. Motors verongeluk nie mense nie. Dwelms verslaaf nie mense nie. Drank maak nie van mense alkoholiste nie. Kos, op sy eie, maak nie mense vet nie.

Vir elke handeling en aksie hier bo, was daar ‘n mens nodig. Mense gebruik wapens om ander mense dood te maak. Mense ry onverskillig met motors en verongeluk hulself en ander mense. Dwelms en drank kan nie in mens se keel afspring of in jou are inspring nie. Jy moet jou mond oopmaak en sluk, of jouself inspuit. En mense word vet van te VEEL eet.

Nou gaan jy dalk dink my eintlike punt is so ver soos die Ooste van die Weste van wat ek hierbo geskryf het, maar dit is nie. Mans kan nie hul vrouens alleen verneuk nie. Lees mooi – MANS KAN NIE HUL VROUENS ALLEEN VERNEUK NIE. Hulle het die samewerking van ‘n ander vrou nodig. Dus, ons vrouens is mekaar se grootste vyande, nie die mans wat ons verneuk nie. As elke vrou nie aan ‘n ander vrou doen wat sy nie aan haarself gedoen wil hê nie, sou daar geen rondlopermans kon wees nie.

Maar ek het al geskryf oor verneukers, so dis nie presies waaroor hierdie inskrywing gaan nie. Ek wil met hierdie inskrywing oor Steve en Janine skryf. Ek het in Januarie 2008 reeds oor die Steve-wa geskryf. Eintlik het ek so te sê alles in daardie inskrywing geskryf wat daar te sê is. Toe het ek egter nie in my wildste drome gedink Steve sal op die ou einde by Janine uitkom nie. Wel, nou het hy.

En nou gons dit al vir die laaste paar weke. Die mense gil en skree: “Janine moet haar kop laat lees. Steve sal nooit verander nie. Hoe kan mens iemand nog liefhê wat jou so sleg gesê het in die openbaar? Arme, arme Natasha!” Ensovoorts.

Wie de hel is enige een van ons om hulle te oordeel? Jy wat sonder sonde is, gooi JY die eerste klip! Hoekom Steve nie destyds vir Janine gevat en gehou het nie en eerder met Natasha gaan trou het, sal net hy weet. Ons sal dit nooit verstaan nie, maar dis nie vir ons om te verstaan nie. En ja, daar is twee seuntjies wat nou deel is van hierdie debakel, maar as hy nie met Natasha getrou het nie, dan was daardie twee seuntjies nie vandag hier nie. As dit dan al rede was dat hy eers met Natasha getroud moes wees, dan is dit tog seker ook genoeg rede, want dis twee pragtige kinders en ek glo Natasha sal hulle vir niks verruil nie, al het Steve haar hoe erg seergemaak.

‘Waarmaker’ was, vir my, nie van Steve se beste musiek nie, maar ek het onlangs van sy nuwe musiek gehoor en die ou Steve is weer terug. ‘Kol op die Maan’ is een van die mooiste songs wat ek nog ooit gehoor het. Volgens alle berigte is Steve gelukkiger as wat hy ooit was. En ja, ek weet ons vrouens behoort te redeneer Janine is die vark in hierdie verhaal, maar feit bly staan, sy het Steve eerste liefgehad. Ek keur nie goed dat sy vir jare tevrede was om die ander vrou te wees nie, maar ek gaan haar nie veroordeel nie. Ek het nog nie een meter in haar skoene geloop nie.

Ek weet egter ook hoe dit voel om verneuk te word, so moenie dink ek praat van iets wat ek niks van weet nie. Been there, got the T-shirt. Maar ek vra vandag – los vir Steve en Janine. Moenie soos ‘n aasvoël sit en wag vir die lyke nie. Ek het die wêreld se respek vir Natasha, sy het deur alles haar grasie behou. Tog hoop ek dat beide Steve en Janine nou tuisgekom het en dat veral Steve rus gevind het. En dat die storie tog ‘n gelukkige einde sal hê, ten spyte van almal wat net sit en wag vir die dag wat Steve weer gaan oortree. Ek wil amper sê ek wens Steve ‘spite’ hulle en bly vir die res van sy lewe “happily ever after” saam met Janine.

En julle vrouens daar buite – elke enkele een van julle wat enkel, eensaam en alleen is – los ander vrouens se mans uit. ‘n Rondloperman kan net rondloop as daar ‘n rondlopervrou beskikbaar is😈

25 thoughts on “Gooi die eerste klip

  1. Ai wanneer gaan ek as mens ophou oordeel. Die oordeel kom GOD toe & nie ons as mense nie. As dit so uit gesit is dat Janine & Steve weer by mekaar moet kom, dan is dit nou net so. Ek het so baie gemors van my eie daarom lus ek nie om ander se vullis aan te luister nie.Ek luister nie na gemors nie want ek is nie ‘n Vullis Lorrie…Noena

  2. Ek raak soms ook lekker moeg as mense so kla dat iemand so of so met hulle maak. As jy jou uitgee vir ‘n piesang, moenie bitch as iemand jou gebruik vir “banana split” nie.

      1. Gelukkig hou ek nie van Banana Split nie. Daai piesang in lang bakkie met room en hemel weet wat alles is genoeg om my honger te laat verdwyn. Piesang “au natural” is beter!

  3. Dis vir my AMAZING dat mense so vreeslik geintereseerd is in ander mense se doen en late. Asof elkeen van ons nie genoeg probleme het om mee op te staan en te gaan slaap nie. Daar is soveel tjorts in die wêreld, in letterlik elkèèn se lewens (behalwe as jy alreeds die tydelike met die ewige verwissel het) dat ek eenvoudig nie kan glo dat een persoon nie ‘n ander ‘n bietjie geluk kan gun nie, en as dit dan ook nog teen so ‘n duur prys bekom is, wel dan kan ek net hoop en bid dat elke oomblik wat hulle saam is vir hulle ‘n stukkie hemel sal wees.

      1. 😆 Nie bedoel nie…. ek wou eintlik byvoeg, hy beter haar nie seermaak nie want ek weet van ‘n paar groot ouens wat hom sal panelbeat.

      2. Sy moet nogal iemand spesiaals wees. Ek het die afgelope ruk baie goeie dinge ook van haar gehoor. Dit wys jou net – mens moet niemand oordeel op hoorsê nie.

  4. Ek dink mans gryp te haastig na die verskoning dat die ander vrou hom verlei het. As hy nie wou verlei word nie, sou sy dit nie kon regkry nie. Na my nederige mening is altwee ewe skuldig.

    1. Jou nederige (???😉 ) mening dra wel gewig, maar daar is iets wat ons altyd in gedagte moet hou in “The Battle of the Sexes”. Mans dink NIE dieselfde oor seks as vrouens nie. Natuurlik is daar uitsonderinge en ek wil nie veralgemeen nie, maar mans dink grafies en 90% van die tyd is seks nie vir hulle verbonde aan liefde nie. Vrouens dink anders. Hulle dink hulle kan mans lief maak vir hulle deur seks. Dis hoekom so baie “ander” vrouens in die hek duik wanneer ‘n affair op die lappe kom, want dan kies die man sy eie vrou, vir wie hy LIEF is, en nie die een wat ‘n afleiding was nie. Verstaan my mooi, ek keur niks hiervan goed nie, ek is net nugter en realisties hieroor. En omdat ‘n man so aanmekaar gesit is, is dit VROUENS se plig om weg te bly van ander vrou se man af. Ek volstaan by daai punt van my. ‘n Kind het ook ‘n wil van sy eie, maar dit beteken nie ons moet die kind in alles sy sin en wil gee nie. Go figure😉

  5. Ek vrek mos al donkie-jare oor Steve – van my tuisdorp, sien. Lees hom meer as wat ek luister, Lekker skrywe, Son – hierdie dinge is soms gekompliseerd, soms plein net lekker stoutigheid : ) Elkeen van ons het ‘n verwagting van alles en almal om ons en dink ook dat ons dink ons moet voldoen aan die verwagting wat almal en alles om ons van ons het – he he he – een van die grotes draai nou in sy graf – nie seker of dit Nietzsche, Freud of Berne is nie… Walt Whitman meen: I contradict myself. I am large. I contain multitudes. Gits, ek kyk te veel by die venster uit terwyl ek tik, hierdie klink na die arme man van vele duiwels, wie was hy nou weer – Legio? Lekker dag – hier is alles so vars na storms en baie baie rëen!

    1. Lag ek nou lekker vir jou – is dit nou voorbrein wat so weghardloop met jou kop?😆 Op ‘n ernstiger noot – Gardi, ek het al geleer om niemand te oordeel voor ek nie sommer ‘n dagreis in sy/haar skoene geloop het nie.

  6. Dis nou ‘n baie geldige punt wat jy maak! Ek sou in elk geval nie vir Pastoriemoeder (ek sal ‘n ander naampie vir haar moet uitdink, sy HAAT daardie een, en eselin gaan my ook in die moeilikheid kry!) kon verneuk nie, sy kan dadelik sien op my gesig as ek net die FHM gekoop het (vir die opbouende artikels!🙂 )
    Ek sou ook nie eers weet hoe om ‘n ander vrou te verlei nie, ek het dan getrou met die tweede meisie wat ek ooit ernstig gesoen het! Bang vir die dames, ekke!

  7. Haai nee. Is daar nog steeds mense wat niks anders het om oor te praat as Steve en sy floozies nie? 😯

    Ek dog dis so 2008…of is dit nou 2007…?

    Ek onthou toe die Janine-bom gebars het. Mense het hom uitmekaar getrek op sy eie blog, so asof hul die reg gehad het om te oordeel…ai ja. Opwindende tye gewees daai. 😉

  8. Amen. Soos ek altyd vir Plasie sê: ek trust hom 100%, ek trust die vrouens daar buite fo . . . niks.

    *bleg* vir Janive/Stenine

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s